Die Bestaan van ‘n Allerhoogste Verstandige Skepper Bevestig

Studie 2

– BEWYSE  TERSYDE VAN DIE
   BYBEL, IN DIE LIG VAN REDE
   ONDERSOEK 
– ‘N ONHOUBARE TEORIE
– ‘N REDELIKE TEORIE 
– DIE KARAKTER VAN GOD
   GEDEMONSTREER 
– REDELIKE GEVOLGTREKKINGS

 

Universe1.jpg (19596 bytes)
The Orion Nebula

Galalxy7.jpg (15528 bytes)

    Selfs uit die standpunt van ‘n twyfekaar, sal ‘n redelike en vrymoedige soektog in die onbekende, in die lig an wat bekend is, die onpartydige en intelligente redenaar in die rigting van die waarheid lei. 

    Tog is dit duidelik dat, sonder ‘n direkte openbaring van die planne en doelwitte van God, kan die mensdom net naasteby aan die waarheid kom, en net tot onbepaalde gevolgtrekkings kom.  Kom ons sit die Bybel tydelik tersyde en kyk na dinge uitrsluitlik uit die standpund van rede.

    Hy wat deur ‘n teleskoop, of selfs met die blote oog, die lugruim kan besigtig, en die ontsaglikheid van die skepping kan sien – sy eweredigheid, skoonheid, orde, harmonie en diversiteit – en tog twyfel dat die Skepper van hierdie dinge by verre sy meerdere in wysheid en mag is, of wie vir ‘n oomblik kan vermoed dat sulke orde per ongeluk – sonder ‘n Skepper - ontstaan het, het sy vermoë om te redeneer so ver verloor of geïgnoreer dat hy behoorlik, volgens die Bybel, as ‘n dwaas (iemand wat rede ignoreer of te kort skiet) beskou kan word.  

“Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie“ (Psa.14:1).

Effects must be produced by competent causes

wpe5D0.jpg (5171 bytes)

Intricate in construction, exquisitely beautiful in form and texture, each speaks of a wisdom and skill above the human.

wpe5AE.jpg (4221 bytes)

    Hoe dit al gebeur het, is ten minste daardie deel van die Bybel waar, en elke redelike verstand sal moet saamstem, omrede dit selfsprekend is dat gevolge deur geskikte oorsake veroorsaak moet word. Elke plant en elke blom getuig volop teenoor hierdie onderwerp. 

    Die ingewikkelde samestelling en voortreflike skoonheid van die vorm en tekstuur verkondig ’n wysheid ver bokant dié van die mensdom.  

    Hoe kortsigtig is die dwaasheid wat oor die menslike vaardigheid en vernuf spog, en wat die reelmatigheid, eenvormigheid en harmonie van die natuur aan die loutere toeval toeken, en tersefdertyd ontken dat die natuur ‘n verstandige Wetgewer het.

Flower1A.jpg (22009 bytes)Flower3.jpg (5060 bytes)Flower19.jpg (14432 bytes)
Flower12.jpg (6348 bytes)Flower13.jpg (16464 bytes)Flower15.jpg (7608 bytes)
Flower18.jpg (18493 bytes)Flower14.jpg (14290 bytes)Flower21.jpg (37722 bytes)

    Daar is sommige van die wat die bestaan van ‘n verstandige Skepper ontken, wat beweer dat die natuur die enigste god is. Hulle glo dat alle vorms van die ontwikkeling van diere en plante sonder die leiding van verstand voortgegaan het, en gereguleer is deur “wet van die oorlewing van die sterkste”. Die hipotese word onder die naam “evolusie” bekend.

Does the evolution theory lack proof?

*For the benefit of some readers we remark that changes such as the transformation of caterpillars into butterflies are not changes of nature: the caterpillar is but the larva hatched from the butterfly's egg.

butterfly3A.jpg (2818 bytes)

    Daar bestaan geen bewys vir hierdie teorie nie, want ons sien, om ons, dat die verskillende skepsels van vasgestelde aard is. Hulle ontvou nie in ‘n hoër aard nie.  Diegene wat wel so glo het herhaaldelik probeer om verskillende spesies te vermeng, of ‘n nuwe vaste afwyking te produseer – maar tevergeefs.

    Daar is geen bekende geval van een soort wat in ‘n ander soort verander het nie.*Alhoewel daar sekere visse is wat hulle finne vir ‘n oomblik as vlerke kan gebruik, en uit die water kan vlieg, en paddas wat kan sing, nooit is dit opgeteken dat hulle in voëls verander het nie. 

    Verder, alhoewel daar redelose diere is wat ‘n vaë ooreenkoms met die mensdon het, ontbreek heeltemal die bewyse dat die mens uit hierdie skepsels ontvou het.  Inteendeel, navorsing het bewys dat alhoewel verskeie afwykings van dieselfde spesie geproduseer kan word, dit onmoontlik is om verskillende spesies te vermeng, of vir een spesie in ‘n ander te ontvou. 

    Vir dieselfde rede kan ons nie beweer dat die donkie en die perd verwant is nie, alhoewel hulle na mekaar lyk. Dit is welbekend dat hulle gesamentlike (gemengde) nasaad nie vrugbaar is nie, en kan nie enigeen van die twee spesies voortplant nie.

Bird1A.jpg (2652 bytes)

"...And every winged fowl after his kind: and God saw that it was good."
Genesis 1:21

Is evolution a fact today?

SheepA.jpg (3297 bytes)

"And God made the beast of the earth after their kind, and every thing that creepeth upon the earth after his kind: and God saw that it was good."
Genesis 1:25

    Dit is vanselfsprekend dat as ‘n denkende natuur die skepper of  bewerker van evolusie was, sou sy met die proses aangagaan het, en daar sou nie iets soos vaste spesies gewees het nie, want, sonder verstand, sou niks by ‘n onveranderlike toestand arriveer nie.  

    Evolusie sou nog vandag ‘n feit wees, en ons sou visse sien wat besig was om in voëls te verander, en ape wat mens word. Ons kom tot die gevolgtrekking dat hierdie teorie net so teenstrydig teen die menslike verstand is as wat dit teen die Byble is, want dit veronderstel dat intelligente wesens deur ‘n mag geskape is wat sonder verstand is.

    Daar is een teorie oor die skepping (behalwe van die mens) deur ‘n proses van evolusie, waarteen ons geen ernstige beswaar het nie, en dit lei soos volg. Dit aanvaar dat die die huidige verskeie spesies, sover dit hulle natuur of soort aanbetref,  vas en onveranderlik is, en alhoewel die huidige nature tot ‘n baie hoër standaard ontwikkel mag word, selfs tot volmaaktheid, sal hierdie spesies of nature vir ewig dieselfde bly.  

    Hierdie teorie aanvaar verder dat geeneen van hierdie vaste spesies oorspronklik so geskape is nie, maar dat hulle, in die ver verlede, deur ‘n geleidelike proses van evolusie uit die aarde en van een vorm na ‘n ander, ontwikkel is.  Onder wette wat goddelik geïnspireer is, en waarin veranderings in kos en klimaat ‘n belangrike rol gespeel het, het hierdie evolusies gevorder totdat die huidige vaste spesies gevestig was.  

    Hierna was geen verandering moontlik nie, want, vir alle praktiese doeleindes, was die fundamentele doelwit van die Skepper hierdeur bereik. Alhoewel elkeen van die menigde families plante en diere die vermoë het om te verbeter of te degenereer, kan geeneen in ‘n ander, of van ‘n ander familie of soort, verander nie. 

     Ofskoon elkeen van hierdie tot die volmaaktheid van sy eie vaste natuur mag kom, is verdere verandering in hierdie opsig onmoontlik omdat die Skepper se ontwerp aangaande die natuur, klaar bereik is.

Back of all the intricate machinery of nature is the hand of its great Author, the intelligent, omnipotent God.

DNA.jpg (8562 bytes)

    Dit word beweer dat die oorspronklike plante en diere waarvan die huidige vaste variëteite afkomstig is, voor die skepping van die mens uitgesterf het. Geraamtes en fossiele van diere en plante wat nie nou bestaan nie, en wat diep onder die aarde se oppervlakte ontdek is, staaf hierdie teorie. 

    Die Bybelse lering dat die mens ‘n direkte en volmaakte skepping was – in die geestelike en morele beeld van sy Maker gevorm, word deur hierdie siening nog geïgnoreer, nog verwerp nie. Verder, ondersteun dit die gedagte dat die mens nie ‘n uitvloeisel is van die proses van evolusie nie, wat die res van die skepping in gemeen gehad het.  

    Die Bybel se bewering dat die natuur vir ons vandag leer dat ‘n Verstandige Wese dit gelas het, en sy eerste oorsaak was, word hoegenaamd nie deur hierdie siening verontgeldig nie. Inteendeel, dit onderskraag dit. 

    Laat die menslike redenering sy bes doen om die bekende feite na  redelike en bekwame oorsake terug te volg, en in elke geval betaamlike aanvaarding aan die natuurswette te gee, maar agter al die ingewikkelde masjinerie van die natuur is die hand van sy groot Outeur, die verstandige, Almagtige God.

Design1A.jpg (3113 bytes)

God is the Creator and Designer of nature.


Design5A.jpg (3055 bytes)

    Ons verklaar, dan, dat die bestaan van ‘n Verstandige Skepper ‘n duidelike en verklaarbare waarheid is, en die bewys daarvan is orals om ons – en ja, in ons.  Ons is Sy maaksel, waarvan elke vermoë van verstand en liggaam van ‘n wonderbaarlike vaardigheid bokant ons begrip getuig.  

    Hy is ook die Ontwerper en Skepper van wat ons die natuur noem.  Ons verklaar dat Hy die natuurwette – die skoonheid en harmonie waarvan ons sien en admireer - verorden en gevestig het.  Instinktief aanbid en vereer ons die Een wie se wysheid die heelal beplan het, en Wie se mag dit bestuur. Sy wysheid en mag oortref  ons s’n onmeetbaar.

Design3A.jpg (2835 bytes)    Design2A.jpg (3680 bytes)     Design4A.jpg (3735 bytes)

The grandest thing created is not superior to its Creator.

Universe2.jpg (12849 bytes)

    Om te besef dat hierdie magtige God werklik bestaan, sal beteken dat ons Sy Almagtige krag sal vrees, tensy ons kan sien dat Hy welwillendheid en goedheid wat daarmee ooreenstemmend is, ook besit. Dieselfde bewys wat Sy bestaan, mag en wysheid verifeer,  verseker ons ten volle van hierdie feit.   

    Ons word nie alleenlik tot die gevolgtrekking dat daar ‘n God is, en dat Sy mag en wysheid onmeetbaar ons s’n onmeetbaar oortref, gedwing nie. Ons verstand dwing ons ook tot die beslissing dat die vernaamste item van die skepping nog onderdanig aan die Skepper moet wees, en dit dwing ons tot die gevolgtrekking dat die grootste openbaring van menslike welwillendheid en geregtigheid onderdanig in bestek is teenoor dié van die Skepper – net soos die mens se wysheid en krag minderwaardig is teenoor Syne.  

    Hierdeur het ons ‘n geestelike beeld van die karakter en eienskappe van die groot Skepper.  Hy is wys, regverdig, liefdevol en magtig, en die bestek van Sy eienskappe is noodwendig onmeetbaar wyer as dié van Sy vernaamste skepping.

What should the creature expect of such a being?

 

 

Universe3.jpg (19444 bytes)

    Maar verder:  terwyl ons hierdie redelike beslissing aangaande die bestaan en karakter van ons Skepper geneem het, laat ons die vraag vra, “Wat behoort ons van so ‘n Wese te verwag?”  

    Die antwoord sal wees dat die besit van sulke eienskappe vereis redelik hulle toepassing en gebruik. God se krag moet, in harmonie met Sy eie natuur –– verstandig, regverdig en weldadig - gebruik word. Wat ook al die middele wat gebruik word om die doel te bereik, en wat ook al die bewerking van God se krag, die finale uitslag moet met Sy natuur en karakter verenigbaar wees, en elke stap moet deur Sy oneindige wysheid goedgekeur word.

    Wat kan meer verstandig wees as sulke toepassing van krag, wat ons in die skepping van ontelbare wêrelde om ons gemanifesteer sien, en in die asemrowende verskeidenheid van die aarde?  

    Wat kan meer verstandig wees as die skepping van die mens, wie met verstand en oordeel toegerus is, en wie in staat is om sy Skepper se werke te waardeer en Sy vaardigheid, Sy wysheid, Sy geregtigheid, Sy mag en Sy liefde te beoordeel. Hierdie is alles redelik, en in volmaakte akkoord met die feite waarmee ons bekend is.

The zenith of God’s earthly creation is man, to whom He will reveal His plans.

Bible10HandsA.jpg (2600 bytes)

    En nou kom ons finale stelling. Is dit nie redelik om te veronderstel dat so ‘n oneindig wyse en goeie Wese, Wie ‘n skepsel geskape het wat bekwaam is om Hom en Sy plan te waardeer, deur Sy liefde en geregtigheid ontroer sal word om, deur vir hom sekere OPENBARING te gee, die behoeftes van die skepsel se natuur te voorsien nie?  

    Sou die veronderstelling dat God inligting aangaande die doel van sy bestaan, en Sy planne vir die toekoms, aan die mens sou gee, nie redelik wees nie?  

    Daarenteen vra ons, sou dit nie onredelik wees om te veronderstel dat so ‘n Skepper ‘n skepsel soos die mens sou maak, hom met al die magte van die verstand  wat na die troekoms uitreik, toerus, en tog geen openbaring van Sy planne om hierdie verlanging te vervul nie, te maak nie?  

    So ‘n gang sou onredelik wees, omdat dit met die karakter wat ons redelik aan God toeskryf,  en met die opregte gang van ‘n Wese wat deur  geregtigheid en liefde beheer is, teenstrydig is.

ManSonA.jpg (5256 bytes)

"What is man, that thou art mindful of him?
And the son of man, that thou visitest him?"
Psalms 8:4

    Ons mag wel oor die skepping van die mens redeneer. Sou die Goddelike Wysheid besluit het dat dit raadsaam sou wees om ‘n kennis van die skepsel se toekomstige bestemming en sy aandeel in die Skepper se planne, aan hom te vergun, dan sou daar sekerlik gevolge gewees het. 

    Goddelike Geregtigheid sowel as Goddelike Liefde sou daarop aandring dat die skepsel so beperk in sy bevoegdhede moet wees dat hy nie aanhoudend met twyfelary, vrees en onkunde gevolter moet word nie. Die gevolge sou wees dat die Goddelike Mag onder sulke beperkinge gebruik moes word. 

    Die feit dan, dat die mens die vermoë het om ‘n openbaring aangaande die Goddelike plan te waardeer, in ag geneem die aanvaarde karakter van sy Skepper, is genoegsame rede om te verwag dat God so ‘n openbaring sou gee – op so ‘n tydstip en wyse wat Sy wysheid sal goedkeur.  

    So, dan, hierdie oorwegings in ag geneem, al sou ons die Bybel nie ken nie, sou die verstand ons lei om so ‘n openbaring as waarop die Bybel aanspraak maak om te wees, te verwag. Verder, die order en harmonie van die algemene Skepping in ag geneem, soos wat die bolle en sisteme in verhewe prosessie tyd en posisie behou, kan ons nie anders nie as om tot die gevolgtrekking te kom dat die geringe ongereeldhede – soos aardbewings, siklone ens. – maar aanduidings is dat die samewerking van die verskillende aspekte van hierdie aarde op hierdie oomblik nog nie volmaak is nie. 

    Dit is nie onredelik om te verwag dat verstandige mense versekering dat alles in die hemele sowel as op aarde, uiteindelik volmaak en in harmonie sal wees, sal soek nie.  Hulle mag ook ‘n verduideliking vra van hoekom dit nie nou al so is nie, en verwag dat die Skepper – Wie se wysheid, mag en welwillendheid gedemonstreer is, sal antwoord. 

    Daarom behoort ons te verwag dat die openbaring wat ons soek so ‘n versekering en verduideliking sal insluit.

Hourglass1A.jpg (2010 bytes)

    Nou dat ons vasgestel het dat dit heel redelik is om ‘n verduideliking aangaande God se wil en plan  vir ons wedloop, sal ons, in die volgende hoofstuk, die algemene karakter van die Byble, wat op die feit dat dit presies so ‘n openbaring is, aanspraak maak, ondersoek. 

    Verder, as dit die karakter van God in volmaakte harmonie met wat hierbo bespreek is, aanbied, dan behoort ons te aanvaar dat die Byble homself as die noodsaaklike en redelik verwagte openbaring van God bewys, en ons behoort sy getuienis net so te aanvaar.

     As dit van God is, sal die leringe van die Bybel – wanneer hulle ten volle waardeer is – met Sy karakter in akkoord wees. Die verstand verseker ons dat Sy karakter in wysheid, geregtigheid, liefde en mag volmaak is.

 

DIE HEERLIKHEID VAN GOD

Psalm 19

Die hemele vertel die eer van God, 
en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.

Die een dag stort vir die ander ‘n boodskap uit, 
en die een nag kondig vir die ander kennis aan:

daar is geen spraak en daar is geen woorde nie—
onhoorbaar is hulle stem.

Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, 
en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. 
Vir die son het Hy daarin ‘n tent gemaak;

en dié is soos ‘n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; 
hy is bly soos ‘n held om die pad te loop.

Sy uitgang is van die einde van die hemel af, 
en sy omloop tot by die eindes daarvan, 
en niks is verborge vir sy hitte nie.

Die wet van die HERE is volmaak: dit verkwik die siel; 
die getuienis van die HERE is gewis: 
dit gee wysheid aan die eenvoudige.

Die bevele van die HERE is reg: hulle verbly die hart; 
die gebod van die HERE is suiwer: dit verlig die oë.

Die vrees van die HERE is rein: dit bestaan tot in ewigheid; 
die verordeninge van die HERE is waarheid—
tesame is hulle regverdig.

Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; 
en soeter as heuning en heuningstroop.

Ook word u kneg daardeur gewaarsku; 
in die onderhouding daarvan is groot loon.

Die afdwalinge—wie bemerk hulle? 
Spreek my vry van die wat verborge is.

Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; 
laat dit nie oor my heers nie. 
Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding.

Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, 
o HERE, my rots en my verlosser!

 

 

To Return to Home Page
click on Chart

HomeSymbol.jpg (6039 bytes)

Send E-Mail to 
with questions or comments.