|
| |
Die
Goddelike Plan van die Eeue
Studie 3

DIE BYBEL AS ‘N
GODDELIKE OPENBARING
Gesien in die Lig van
Rede
– DIE
AANSPRAKE VAN DIE BYBEL EN DIE DIREKTE BEWYS VAN SY
GELOOFWAARDIGHEID
– SY OUDHEID EN BEWARING
– SY MORELE INVLOED
– DIE SKRYWERS SE
MOTIEWE
– ALGEMENE KARAKTER VAN DIE SKRIFTE
– DIE BOEKE VAN MOSES
– DIE WET VAN MOSES
– DIE KENMERKENDE EIENSKAPPE VAN DIE
HEERSKAPPY WAT
DEUR MOSES INGESTEL IS
– DIT WAS NIE ‘N SISTEEM VAN
PRIESTERSKAP NIE
– VOORSKRIFTE AAN DIE BURGERLIKE LEIERS
– DIE
RYKES EN DIE ARMES GELYK VOOR DIE WET
– BESKERMING TEEN PEUTER AAN
DIE VOLK SE REGTE
–
DIE PRIESTERDOM NIE ‘N BEVOORREGTE KLAS NIE, HOE
HULLE ONDERSKRAAG
WORD ENS.
– DIE ONDERDRUKKING VAN BUITELANDERS, WEDUWEES,
WEESKINDERS, EN DIENAARS VERHINDER
– DIE PROFETE VAN DIE BYBEL
–
IS DAAR ‘N GEMEENSKAPLIKE VERBAND VAN VERBINTENIS
TUSSEN DIE WET,
DIE PROFETE EN DIE SKRYWERS VAN DIE
NUWE TESTAMENT?
– WONDERWERKE
NIE ONREDELIK NIE
– DIE VERSTANDIGE GEVOLGTREKKING |
|


A reasonable, thinking mind
will examine
Gods Word |
Die
bybel is die fakkel van beskawing en vryheid. Sy goeie invloed in die
gemeenskap is deur die vernaamste staatsmanne erken, al het hulle
grootliks deur die verskeie vensters van botsende geloofsbelydenisse gekyk.
Hierdie geloofsbelydenisse, terwyl hulle die Bybel hooghou, verdraai
bedenklik die leringe daarvan.
Die
verhewe ou Boek word onopsetlik maar jammerlik deur sy vriende – waarvan
baie bereid sal wees om hulle lewens daarvoor neer te lê - verdraai. Deur
te beweer dat die Bybel hulle lankvereerde dwaalbegrippe wat van die
oorleweringe van die tradisies van hulle vaders ontvang is, ondersteun,
verrig hulle meer wesenlike skade as sy vyande. Dit sou goed wees as
sulkes sou ontwaak en hulle godspraak herondersoek, en die vyande verwar
deur hulle te ontwapen.
|

Gutenberg Bible,
printed 1452-1455 in Mainz, Germany, by Johannes Gutenberg
The Bible has been miraculously
preserved

The Tyndale Bible
|
Omdat
die lig van die natuur ons lei om ‘n openbaring van God, wat voller is
as wat die natuur self voorsien, te verwag, sal die redelike denkende
verstand bereid wees om die voorstelle van enigiets wat voorgee om ‘n
Goddelike openbaring te wees, en wat ‘n redelike direkte bewys van die
waarheidsliewendheid van sulke bewerings dra, te ondersoek.
Die
Bybel verklaar dat dit juis so ‘n openbaring van God is, en dit kom na
ons met genoegsame direkte bewys aangaande die waarskynlike juistheid van
dié verklaring. Verder gee dit vir ons hoop dat nadere ondersoek meer
volledig en positiewe bewys dat dit werklik die Woord van God is, sal
oplewer.
Die
Bybel is die oudste bestaande boek. Dit het die storms van dertig eeue
oorleef. Die mensdom het elke moontlike middel probeer om dit van die aarde
te verwyder. Hulle het dit weggesteek en verbrand. Hulle het die besit
daarvan as ‘n kriminele oortreding geklassifiseer – wat met die dood
gestraf moet word.
Die
mees bitter en onversetlike vervolgings is teen diegene wat daarin geloof
gehad het, gevoer. Maar die Boek leef nog steeds.
Vandag, terwyl ‘n menigte van sy vyande al dood is, en honderde
boeke wat geskryf om dit in minagting te bring en sy invloed omver te werp,
al lankal vergete is, het die Byble sy weg in
elke volk en taal op aarde gebaan.
Die
Bybel is in meer as twee honderd tale vertaal. Die feit dat hierdie boek oor
so baie eeue oorleef het, nieteenstande sulke ongeëwenaarde pogings om dit
te verban en vernietig, is ten minste sterk aanwysende getuienis dat die Opperste Wese, op wie aanspraak
gemaak is as die Outeur, ook sy Bewaarder is.
|

Qumran Caves

Dead Sea Scrolls
Dating from
100 B.C. to 100 A.D., the Dead Sea Scrolls were preserved in clay urns in the Qumran caves
until their discovery in 1948.
Every book in the Old Testament, except Esther, is represented. |

St. Catherine's Monastery

Sinaitic Manuscript
Priceless
parchments of the Sinaitic Manuscript, 4th c. A.D., were preserved within the
walls of St. Catherines Monastery in the heart of Sinai. Discovered
in 1859 A.D. by Count Tischendorf, the Codex Sinaiticus contains the New Testament and
parts of the Old Testament.
|

The Geneva Bible
|
Dit is
ook waar dat die morele invloed van die Bybel eenvormig goed is. Diegene
wat sorgvuldige studente van sy boodskap word, word sonder uitsondering na
‘n lewe van hoër reinheid opgehef. Ander geskrif oor godsdiens en die
verskeie wetenskappe het welgedoen, en het die mensdom, tot ‘n sekere
mate, veredel en geseën.
Inteendeel,
het al die ander boeke saam gefaal om blydskap, vrede en seën – wat die
Bybel aan albei ryk en arm, geleerd en ongeleerd gebring het - aan die
kreunende skepping te bring. Die Bybel is nie ‘n boek wat net gelees
moet word nie.
Dit is
‘n boek wat met sorg en oorweging bestudeer moet word, want God se
gedagtes is hoër as ons gedagtes en Sy weë hoër as ons s’n.
As ons die plan en gedagtes van die Oneindige God wil begryp, moet
ons al ons energie aan die belangrike werk aanwend. Die rykste skatte van
die waarheid lê nie altyd op die oppervlakte nie. |
The
Bible points and refers to one prominent character:
Jesus of Nazareth.

|
Hierdie
boek wys en verwys geduring na een verhewe karakter, Jesus van Nasaret,
wie, so word dit beweer, die Seun van God was. Van die begin tot die einde
word Sy Naam, amp, en werk opmerklik gemaak.
Dat
‘n Man met die Naam Jesus van Nasaret ongeveer in die tyd wat deur die
skrywers van die Bybel aangedui is, geleef en ietwat beroemd was, is ‘n
feit van die geskiedenis buite die blaaie van die Bybel. Dit word velerlei
en ten volle bevestig.
Die
feit dat hierdie Jesus gekruisig is omdat Hy Homself aan die Jode en hulle
priesterdom ergerlik gemaak het, is nog ‘n feit wat deur die geskiedenis
buite die bewyse wat deur die skrywers van die Nuwe Testament verskaf is,
bevestig is.
Die
skrywers van die Nuwe Testament – Paulus en Lukas uitgesluit – was
persoonlik kennise en dissipels van Jesus van Nasaret, wie se doktrines
hulle skrifte verklaar.
|

Pool of Siloam
Jesus healed a blind man
at the Pool of Siloam.
John 9:11.
The pool is
one of the few undisputed localities in ancient Jerusalem. Waters from the Spring Gihon
flow into the Pool of Siloam through a tunnel which was engineered by King Hezekiah in 715
BCE. Hezekiah's 1750 foot tunnel can still be traversed by foot today. |

Golgotha
"And he bearing his cross went forth into a place called the place of a
skull, which is called in the Hebrew Golgotha."
John 19:17

Garden Tomb
"Now in the place where he was crucified there
was a garden; and in the garden
a new sepulchre..."
John 19:41
|
The
disciples
were committed
to an unpopular cause.

|
Die
bestaan van enige boek impliseer dat die skrywer daarvan gemotiveerd is.
Daarom vra ons, Watter motiewe kon hierdie manne geïnspireer het om die
saak van hierdie Persoon aan te neem?
Hy is as ‘n boosdoener deur die Jode tot die dood veroordeel en
gekruisig.
Die
mees godsdienstig onder die Jode het met Sy dood ingestem, en dit vereis
weens Sy ongeskiktheid vir die lewe.
Diegene wat Sy saak omhels het, en Sy leringe geproklameer het, het
veragting, berowing en bittere vervolging uitgetart. Hulle het die lewe
self gewaag, en soms selfs marteldood ervaar.
As ons
toegee dat Jesus, terwyl Hy geleef het, ‘n merkwaardige Persoon was, wat
albei Sy lewe en lering betref, wat sal die motivering wees vir iemand, na
Sy dood, om Sy saak aan te neem? – veral omdat Sy dood so vernederend
was?
En as
ons sou veronderstel dat hierdie skrywers hulle verhale uit die duim
gesuig het, en dat Jesus hulle denkbeeldige of ideale held was, hoe absurd
sou dit nie wees nie om te veronderstel dat nugtedenkende manne – nadat
hulle verklaar het dat Hy die Seun van God was, dat Hy op ‘n
bonatuurlike wyse verwek is, dat
Hy bonatuurlike krag gehad het waardeur Hy melaatses genees het, blindes
laat sien het, dowes laat hoor het, en selfs die dooies opgewek het –
die verhaal van so ‘n held sou afsluit
deur te vertel dat ‘n klein bende van Sy vyande Hom as ‘n skurk
tereggestel het, terwyl al Sy vriende en dissipels - onder wie die
skrywers self – in die haglike oomblik
– Hom sou begewe en vlug?
|
What
motivated
the writers of Scripture?

Jeremiah
|
Die
feit dat ongewyde geskiedenis nie in sekere opsigte met hierdie skrywers
ooreenstem nie, moet nie veroorsaak dat ons hierdie skrywers se
optekenings as onwaar beskou nie. Diegene wat wel so aanvaar dat hierdie
skrywers onwaarhede verkondig het, moet verduidelik watter motivering
hierdie skrywers moontlik kon gehad het om sulke valse verklarings te maak.
Watter
motivering kon hulle aangespoor het? Kon hulle redelik gehoop het om
daardeur rykdom, roem, mag of enige aardse voordeel te bekom?
Die
armoede van Jesus se vriende, en die ongewildheid van hulle held self
tussen die vername godsdienstiges van Judea, weerspreek so ‘n gedagte.
Die feite dat Hy as ‘n skurk en ‘n rusverstoorder gesterf het, en dat
Hy Homself ontledig het, het geen hoop op benydenswaardige roem of aardse
voordele voorgehou aan diegene wat sou poog om Sy leerstelling te
hervestig nie. Inteendeel, as
dit die doel was van diegene wat Jesus gepreek het, sou hulle dit nie
spoedig gelos het nie toe hulle agtergekom het dat dit skande, vervolging,
gevangenskap, slae en selfs die dood veroorsaak?
Die
rede leer baie duidelik dat ‘n man wat sy tuiste, reputasie, eer en lewe
opgeoffer het, wat nie vir huidige bevrediging geleef het nie, maar wie se
sentrale doel dit was om sy medemens op te hef, en wie sedes van die
hoogste standaard gehandhaaf het, nie net gemotiveer was nie, maar verder
dat hulle motivering suiwer moes gewees het, en hulle doelwit verhewig
geesverheffend.
Verder
verklaar die rede dat die getuienis van sulke manne – alleenlik deur
suiwer en goeie motiewe aangedryf – tien maal die gewig en agting van
gewone skrywers waardig is. Hierdie
manne was ook nie fanatikuste nie. Hulle was manne van gesonde en denkende
verstand, en het in alle omstandighede ‘n rede vir hulle geloof en hoop
voorsien. Boonop was hulle volhardend aan daardie redelike oortuigings
getrou.
|
The
Biblical writers were honest and faithful
to the Lord.

|
Wat ons
hier opgelet het geld ook vir die verskeie skrywers van die Ou Testament.
Hoofsaaklik was hulle manne wat deur hulle getrouheid aan die HERE
uitgestaan het. Die geskiedenis beskryf en vermaan onpartydig hulle
swakhede en tekortkominge op dieselfde wyse as wat dit hulle
voortreflikhede en getrouheid aanbeveel.
Dit
moet ‘n skok wees vir diegene wat die Bybel beskou as ‘n kunsmatige
geskiedenis – wat ontwerp is om mense in ‘n religieuse sisteem deur
inboeseming van ontsag vas te vang. Daar is ‘n opregtheid om die Bybel
wat dit as die waarheid stempel.
As ‘n
skurk sou begeer om iemand as groot voor te stel, sou hy ongetwyfeld
die een se karakter as blaamloos en edel op die hoogste vlak
skilder. Dit sal veral gebeur as hy begerig is om die man se skrywe as
deur God geïnspireerd voor te stel. Die feit dat in die Bybel so ‘n
rigting nie ingeslaan is nie, is ‘n redelike aanduiding dat dit
nie oneerlik gekompileer is met die doel om te bedrieg nie.
|
Examine
the
character
of the writings |
Ons het
nou rede om ‘n openbaring van God se wil en plan te verwag, en
het presies so iets wat daarop aanspraak maak dat dit dié openbaring is,
in die Bybel ontdek. Dit is deur skrywers, wie se motiewe ons geen rede
het om in twyfel te trek nie, geskryf. Inteendeel, het ons rede om hulle
goed te keur.
Laat
ons nou die karakter van die geskrif, waarop aanspraak gemaak is dat dit
geïnspireer is, ondersoek, om te sien of hulle leringe met die karakter
wat ons rederlikewys aan God toereken, ooreenstem, en of hulle
innerlike bewys van hulle waarheidsliewendheid dra.
|
The
writers
were acquainted first hand
with the facts

|
Die
eerste vyf boeke van die Nuwe Testament, en sommige van die Ou Testament is
verhale of geskiedenisse van feite waarmee die skrywers bekend was. Die
karakters van die skrywers vergun die waarheid daarvan.
Dit is
aan almal baie duidelik dat dit nie ‘n spesiale openbaring vereis om
eenvoudig die waarheid aangaande sake waarmee hulle intiem en ten volle
vertroud was, te vertel nie. Maar, omdat God ‘n openbaring aan die mensdom
wou gee, die feit dat hierdie geskiedenisse van verbygaande gebeurtenisse
‘n betrekking op so ‘n openbaring sou hê, sou genoegsame beweegrede
wees om te vermoed dat dit heel redelik sou wees om te aanvaar dat God oor
alles toesig sou hou.
Hierdeur
sou Hy reël dat die eerlike skrywer wie Hy vir die werk uitgesoek het, met
die nodige feite in kontak moet kom. Die geloofwaardigheid van hierdie
geskiedsgedeeltes van die Byblel rus bykans heeltemal op die karakter en
motivering van hulle skrywers.
Goeie
manne sal nie valshede uiter nie. ‘n Suiwer fontein sal nie bitter water
voortbring nie. Daarbenewens, sal die verenigde getuienis van hierdie
geskrif, enige agterdog dat hulle skrywers boosheid sou sê of doen,
stilmaak, sodat goed mag volg.
|

|
Die
geloofwaardigheid van sekere boeke van die Bybel, soos Konings, Kronieke,
Regters ens., word hoegenaamd nie aangetas nie wanneer ons sê dat hulle
eenvoudig die getroue en sorgvuldige rekord van die geskiedenisse van prominente gebeurtenisse en mense van hul
tye is.
Ons
moet onthou dat die Hebreeuse skrifte geskiedenis sowel as die wet en die
profesies bevat. Dit is ook belangrik om te besef dat hulle geskiedenisse,
stambome ens. meer eksplisiet
was met die beskrywing van omstandighede weens die verwagting dat die
beloofde Messias ‘n nasaad van Abraham sou wees, en dat Hy deur ‘n
spesifieke geslagslyn sou kom.
Hierdeur
gewaar ons die rede vir die optekening van sekere feite van die
geskiedenis, wat in die twintigste eeu as onkies beskou word. Byvoorbeeld,
‘n duidelike optekening van die oorsprong van die nasies van die
Moabiete en Ammoniete – en hulle verwantskap met Abraham en die
Israeliete – was waarskynlik, in die verstand van die geskiedkundige,
die noodsaaklikheid vir ‘n volle beskrywing van hulle herkoms
(Gen.19:36-38).
Net so
is daar ‘n uitvoerige beskrywing van Juda se kinders gegee. Dit is
hierdeur dat Koning Dawid gekom het. Dit is ook hierdeur dat die
stamregister van Maria, die moeder van Jesus, sowel as dié van haar man
Josef (Luk. 3:23, 31, 33,34),
terug na Abraham gevolg is.
Sonder
twyfel is die belangrikheid van die sorgvuldige bevestiging van die
stamboom al hoe meer belangrik weens die feit dat uit hierdie stam sou kom
die heersende Koning van Israel sowel as die Messias. Daarom was dit nodig
om die klein besonderhede wat nie in die ander gevalle gegee is nie, hier
te gee (Gen. 38.)
|
We
find a reason
for details |
Daar
mag dergelike of verskillende redes wees vir die ander feite van die
geskiedenis wat in die Bybel opgeteken is. Ons mag later die nuttigheid
hiervan sien. As die Bybel nie die optekening van geskiedenis is nie, en
maar eenvoudig ‘n verhandeling is oor morele, dan kon van hierdie
gebeurtenisse sonder nadeel uitgelaat word.
Niemand
kan redelikerwys beweer dat die Bybel ooit onreinheid sanksioneer nie.
Dit sal verder goed wees om te onthou dat dieselfde feite in enige
taal min of meer delikaat gestel kan word, en ook dat terwyl die vertalers
van die Bybel, te reg, te pligsgetrou was om enige deel van die optekening
uit te laat, tog het hulle in ‘n tyd geleef wat minder kieskeurig was as
ons s’n, aangaande die keuse van verfynde taal of uitdrukking.
Ons mag
dieselfde vermoed aangaande die manier van uitdrukking in die vroegste
Bybelse tye. Dit is seker dat selfs die mees kieskeurige mense geen
beswaar teen enige uitdrukking in die Nuwe Testament kan hê nie.
|


Moses Leading Israel Out of Egypt
|
DIE
BOEKE VAN MOSES
EN DIE
WETTE WAT DAARIN
GEPROMULGEER IS
Die
eerste vyf boeke van die Bybel staan bekend as Die Vyf Boeke van Moses,
alhoewel hulle nêrens aanmeld dat hy die skrywer is nie. Dis is ‘n
redelike gevolgtrekking dat die boeke deur Moses, of onder sy toesig,
geskryf is. Die verslag van sy dood en begrafnis is deur sy skriba bygelas.
Die
weglating van die uitdruklike verklaring dat hierdie boeke deur Moses
geskryf is, is geen bewys teen die gedagte nie. Sou iemand anders hulle
geskryf het met die doel om te verlei en bedrog te pleeg, sou hy sekerlik -
om sy oplegging te ondersteun - voorgegee
het dat hulle deur die groot leier en staatsman van Israel geskryf is,
(Deut. 31: 9-27).
Van een
ding kan ons seker wees: Moses het die Hebreeuse volk uit Egipte uitgelei.
Hy het hulle as ‘n nasie georganiseer, onder die wette wat in hierdie
boeke uiteengesit is. Die Hebreeuse nasie het eenparig, oor ‘n tydperk van
meer as drieduisend jaar, hierdie boeke as ‘n geskenk van Moses aan hulle
aanvaar, en hulle so heilig beskou dat geen jota of tittel verander mag word
nie. Dit is ‘n versekering van die suiwerheid van die skrifte.
|

"He stretcheth out the north
over
the empty place, and hangeth
the earth upon nothing."
Job 26:7 |
Hierdie
geskrif van Moses bevat die enigste geloofwaardige bestaande geskiedenis
van die epog wat daardeur gedek is. Chinese geskiedenis gee voor om by die
skepping te begin, en vertel hoe God in ‘n skuitjie op die water
uitgevaar het. Hy het toe ‘n kluit grond in sy hand geneem en dit in die
water gegooi.
Die
bewering is dat hierdie kluit grond ons aarde geword het, ens. Die hele
storie, egter, is so ontbloot van redelikheid dat enige ou verstandige
kind nie daardeur verlei sal word nie. Inteendeel, die verhaal wat in
Genesis vertel word, begin met die verstandige aanvaarding dat ‘n God,
‘n Skepper, ‘n verstandige Eerste Oorsaak, alreeds bestaan het.
Dit
handel nie oor God se begin nie, maar oor Sy werk en die begin daarvan, en
die sistematiese en orderlike vooruitgang daarvan - Gen 1:1
In die begin het God die hemel en die aarde geskape. Dan,
sonder om besonderhede of verduideliking oor die oorsprong van die aarde
te verskaf, gaan die verhaal van die ses dae (epogs) van voorbereiding vir
die mens voort. Hierdie verslag word wesenlik deur die toenemende bewyse
van vier duisend jare se wetenskap geondersteun.
Daarom is
dit heelwat meer redelik om te aanvaar dat sy skrywer, Moses, Goddelik geïnspireer
is, as om te aanvaar dat die verstand van een man beter was as die
gesamentlike verstand en
navorsing van die res van die
mensdom gedurende die drie duisend jare sedertdien – ondersteun deur
moderne tegnologie en amper onuitputbare geld.
|
The
Mosaic Law was unequaled.
Today we base our laws on the Law of Moses |
Volgende,
kyk ons na die
sisteem wette wat in hierdie geskrif neergelê is. Hulle is beslis sonder
weerga, óf in hulle dag óf sedertdien, tot hierdie twintigste eeu, en die
wette van hierdie eeu is gebaseer op die beginsels wat in die Mosaïese Wet neergelê is. Hulle is, grootendeels,
deur manne wat erken het dat die Mosaïese Wet van Goddelike oorsprong was,
opgestel.
|

Moses Teaching the People of Israel |
Die
Dekaloog is ‘n beknopte sinopsis van die hele wet. Daardie Tien Gebooie gelas ‘n reglament van aanbidding en
morele wat elke student as opmerklik moet tref. As hulle nooit geken is nie, en nou eers tussen die
ruines en oudhede van Griekeland, Roma of Babilon (nasies wat, lank na
hierdie wette gegee is, opgestaan het en weer gaan lê het) ontdek is, sou
hulle as wonderbaarlik of selfs wonderdading beskou word.
Maar
familiariteit met hierdie wette en hulle vereistes het na meetbare gebrek
aan belangstelling gelei, met die gevolg dat hulle werklike edelheid
ongeag word – behalwe deur die minderheid. Dit
is waar dat hierdie wette nie reguit van Christus leer nie. Dit is omdat
hulle nie aan Christene gegee is nie, maar aan die Hebreërs.
Hulle
doel was nie om geloof in ‘n losprys te leer nie, maar om mense te
oortuig van hulle sondige toestand - en hulle behoefte aan ‘n losprys en
Verlosser. Die hoofsaak van daardie gebooie is op ‘n wonderlike wyse,
deur ons deurligtige Stigter van die Christendom, met die volgende woorde,
verkort:
Mar 12:30, 31 “en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele
siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste
gebod, en die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê
soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.“
|
The
Israelites lived under the government
of God

The Levitical Priesthood
|
Die
heerskappy, wat deur Moses ingestel is, het van al die ander (outyds sowel
as modern) verskil insover dit beweer het dat dit deur die Skepper self
gegee is, en die mense aan Hom aanspreeklik was.
Hulle
wette en instellings, burgerlik en godsdienstig, is van God self afkomstig,
het hulle beweer. Soos ons binnekort sal sien, was hulle in perfekte
harmonie met God se karakter, volgens wat ons verstand vir ons leer.
Die
Tabernakel, wat in die middel van die kamp gestaan het, het in die
kompartement wat as die Allerheiligste bekend gestaan het, ‘n
manifestasie van die teenwoordigheid van Jehovah as hulle Koning gehad.
Dit was
hiervanaf, op bonatuurlike wyse, dat
hulle instruksies ontvang het vir die regmatige administrasie van hulle
landsake. ‘n Priesterlike
orde, wat ten volle in beheer was van die tabernakel, is gevestig.
|
The
Tabernacle had a manifestation of Gods presence in the Most Holy.

Ark of Covenant in the Most Holy
|

|
The
privileges
of the priests
were limited

Priest in
Most Holy
|
Alleenlik
deur hulle is toegang tot, en gemeenskap met, Jehovah toegelaat. In
hierdie verband, sal die eerste gedagte van sommige miskien wees, “Ha,
daar het ons die doelwit van hulle organisasie. Met
hulle, net soos met ander nasies, het die priesters die volk regeer, hulle
liggelowigheid op hulle opgelê en hulle vrese opgewakker – alles vir
eie gewin en eer.”
Maar
wag, vriend; laat ons nie te haastig wees om iets te aanvaar nie.
Waar daar so ‘n goeie geleentheid is om, met die feite, hierdie
saak te toets, sou dit onredelik wees om, sonder die feite, tot ‘n
gevolgtrekking te kom. Die
onweerlegbare bewyse is met sulke veronderstellings in teenstelling.
Die
regte en voorregte van die priesters was beperk. Hulle het hoegenaamd geen
siviele mag besit nie, en daar was ‘n totale gebrek aan geleentheid om
op die regte of gewetens van die volk ‘n indruk te maak. Hierdie akkoord
is deur Moses – ‘n lid van die prieterlike linie – gemaak.
|
A
theocratic government
was established

Moses

Elders of Israel
|
As God
se teenwoordiger wat Israel uit Egiptiese slawerny gebring het, is die
gedwee Moses, deur die mag van omstandighede wat in sy hand gesentraliseer
was, in ‘n outokraat verander sover mag en gesag betref.
Maar,
deur die gedweeheid van sy geaardheid, was hy inderwaarheid die oorwerkte
dienaar van die volk. Sy
blote lewe was besig om deur die drukkende sorge van sy posisie, uitgeput
te word. Op daardie tydstip
is daar ‘n siviele regering gestig wat eintlik ‘n demokrasie was. Moet ons nie verkeerd verstaan nie.
Diegene
wat as ongelowiges beskou word sou Israel se regering as ‘n demokrasie
ag, maar in die lig van sy eie aansprake was dit ‘n teokrasie, d.w.s
‘n Goddelike regering, want die wette wat God, deur Moses, gegee het,
het geen wysiging toegelaat nie. Hulle mag niks by die wetskode bylas of
daarvan weglaat nie. In hierdie lig gesien, was die regering van Israel anders as
enige ander siviele regering, voorheen of sedertdien.
Num 11:16,17
Toe sê die HERE aan Moses: Bring vir My sewentig manne uit die
oudstes van Israel bymekaar, van wie jy weet dat hulle oudstes van die
volk en sy opsigters is, en bring hulle by die tent van samekoms, dat
hulle daar by jou kan staan. Dan
sal Ek neerdaal en daar met jou spreek; en van die Gees wat op jou is, sal
Ek afsonder en op hulle lê; en hulle sal jou help om die las van die volk te dra, sodat jy dit nie alleen
hoef te dra nie.
Lees ook
verse 24 to 30 vir ‘n voorbeeld
van ware, eerlike staatsmanskap en gedweeheid. Toe Moses van die geval
vertel, het hy geskryf, Deu 1:15
Toe het ek die hoofde van julle stamme, wyse en ervare manne,
geneem en hulle as hoofde oor julle aangestel, owerstes oor duisend en
owerstes oor honderd en owerstes oor vyftig en owerstes oor tien en
opsigters volgens julle stamme. (Sien ook Eks. 18:13-26)
|
This form of government was calculated
to cultivate the
spirit of true liberty
If Moses had been ambitious,
he would have
misused his power

Moses anointing Aaron High Priest
|
Dit sal
dus voorkom dat hierdie voortreflike wetgewer glad nie gepoog het - deur
die regering van die volk onder die beheer van sy direkte familielede van
die priesterlike stam te plaas – om sy eie mag te vermeerder en die
regte en vryhede van die volk, deur hulle godsdienstige gesag te gebruik,
nie. Inteendeel het hy ‘n regeringstyl ingestel wat bereken was om die gees
van vryheid vry te stel.
Die geskiedenisse van ander nasies en heersers toon
geen parallel hieraan nie. In
elke geval het die ander heersers hulle eie verheerliking en groter mag
gesoek. Selfs in gevalle waar die heersers gehelp het om republieke te
stig, het dit uit daaropvolgende gebeurtenisse geblyk dat hulle dit deur
politiek gedoen het om witvoetjie onder die volk te soek, en hulle eie mag
te bestendig.
Onder die omstandighede waar Moses hom bevind het,
sou enige eersugtige man wat deur politiek beheer is en wat gepoog het om
bedrog teen die volk te laat voortbestaan, na groter sentralisasie van mag
in homself en sy familie werk. Dit
is veral waar as dit na ’n maklike taak gelyk het weens die feit dat die
godsdienstige gesag alreeds in daardie stam gesetel is, en boonop van die
feit dat hierdie volk beweer het dat hulle deur God – van die tabernakel
af – regeer was.
Ons mag ook nie veronderstel dat ‘n man wat bekwaam was om sulke wetgewing te formuleer, en so ‘n volk
te regeer, so swak van begrip sou wees dat hy nie die neiging van sulke
optrede sou sien nie.
Die
regering van die volk is so geheel en al in hulle eie hande geplaas dat,
alhoewel dit gestipuleer is dat meer gewigtige sake waaroor die
goewerneurs nie ‘n
beslissing kan neem nie, na Moses toe gebring moet wees, tog was hulle die
beoordelaars van watter sake voor Moses moet kom.
Maar
die saak wat vir julle te moeilik is, moet julle na my toe bring, en ek
sal dit in verhoor neem. (Deut. 1:17)
|
The people
asked
for a king

Samuel anointing Saul king
|
In dié
lig gesien, was Israel ‘n republiek wat onder Goddelike opdrag opgetree
het. Tot die verwarring van
diegene wat onwetend beweer dat die Bybel ‘n bevestigde heerskappy oor
die volk, instede van “’n regering van die volk deur die volk”, is,
moet kennis geneem word dat hierdie republikeinse styl van regering vir
meer as vierhonderd jaar in plek was.
Daarna,
op die versoek van “Die Ouderlinge”, is dit – sonder die goedkeuring
van die HERE, in ‘n koninkryk omgeskep. God het aan Samuel, wie as ‘n
soort informele president opgetree het, gesê (1 Sa 8:7): ....: Luister na die volk
in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar
My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie.
Op aandring van God, het Samuel aan die volk
verduidelik hoe hulle regte en vryhede verontagsaam sou wees, en hulle,
deur hierdie varandering, bediendes sou word. Tog het hulle op die gewilde
begrip - wat deur ander nasies om hulle geïllustreer was - versot geraak
(I Sam. 8:6-22).
As ons hierdie verhaal van hulle begeerte na
‘n koning in ag neem, kom die gedagte op dat Moses homself, sonder
moeilikheid, as die heerser van ‘n groot ryk kon gevestig het. |

Judges
"Ye shall hear the small as well as the great..."
Deuteronomy 1:17

Breastplate of the High Priest which had the Urim and Thummim

The High Priest
|
As ‘n
geheel, het Israel uit een nasie bestaan, maar die onderverdeling in
stamme was, na die dood van Jakob, altyd ‘n wesenlikheid.
Elke
familie of stam het eenstemmig sekere lede as verteenwoordigers of
hoofmanne verkies om hulle te verteenwoordig. Hierdie
gebruik is selfs deur die lang tydperk van slawerny in Egipte voortgesit. Hulle
is hoofmanne of ouderlinge genoem, en dit was aan hulle wat Moses die eer
en gesag van siviele heerskappy oorhandig het.
Ons moet
besef dat, sou hy die gesag in homself and sy eie familie wou vestig, dan
was hierdie manne die laaste keuse om met gesag en amp te eer.
Dit is
aanvaar dat dié manne deur God aangestel is vir siviele heerskappy, en die
opdragte wat aan hulle gegee is, was ‘n model van eenvoudigheid en
reinheid. In die
teenwoordigheid van die regters het Moses vir die volk verklaar (Deu 1:16,17):
En
ek het in dié tyd aan julle regters bevel gegee en gesê: Neem julle broers
in verhoor en oordeel regverdig tussen ‘n man en sy broer en die
vreemdeling wat by hom is. Julle
mag in die gereg nie partydig wees nie; julle moet klein sowel as groot
aanhoor; julle mag niemand ontsien nie, want die gereg is die saak van God.
Maar die saak wat vir julle te moeilik is, moet julle na my toe bring, en ek
sal dit in verhoor neem.
Na die dood van Moses was sulke moeilike sake deur die Hoër Priester direk
voor die HERE gebring. Die antwoord was Ja of Nee, deur die Urim en Tummim
gegee.
Hierdie feite
in oënskou geneem, wat sal ons sê van die teorie wat voorstel dat hierdie
boeke deur skelm priesters geskryf is om vir hulself ‘n posisie van invloed en mag oor die volk te verseker?
Sou sulke manne – selfs vir so ‘n doel – die optekeninge wat die presiese doelwitte
wat hulle gepoog het om te bevorder, vervals?
Dit was optekeninge wat onweerlegbaar bewys dat die
Groot Hoof van Israel, en een van hulle eie stam, wat, in antwoord op God se
opdrag, die priesterdom van siviele mag afgesny het
– en die mag in die hande van die volk geplaas het. Sou iemand in
oorweging neem dat so ‘n slotsom redelik kan wees?
|
"Jubilee"
the economic leveler

Blowing the Jubilee Trumpets
|
Dit is
alweer opmerkbaar dat die wette van die meeste gevorderde beskawings –
hier in die twintigste eeu – niks meer sorgvuldig is vir die versekering
dat die rykes en die armes op ‘n gelyke vlak van aanspreeklikheid voor die siviele
wet staan nie. In die wet van Moses was daar hoegenaamd geen onderskeiding
nie.
Daar is geen ander nasionale wetgewing gepromulveer
nie wat so versigtig verseker het dat hierdie punt bewaar word, naamlik,
dat die volk beskerm moet wees teen die gevare inherent in die situasie
waar sekere mense brandarm word, terwyl
ander oormatig ryk en magtig word.
Die wet van Moses het voorsien dat restitusie elke
vyftigste jaar moet plaasvind – in hulle Jubeljaar.
Deur die absolute vervreemding van eiendom
te verhoed, het
hierdie wet die ophoping daarvan in die hande van net ‘n paar, voorkom (Lev. 25:9, 13-23, 27-30).
Hulle is, inderwaarheid, geleer om mekaar as
broeders te beskou, en daarvolgens op te tree.
Hulle moes mekaar, sonder vergoeding, help, en geen rente of wins
van mekaar eis nie. (Sien Lev. 22:25; 25:36,37; Num. 26:52-56).
|
All the laws were
read aloud

Gods government protected
Israel
from dictatorship. |
Al die
wette was rugbaar gemaak, en daardeur was dit onmoontlik vir intrigerende
manne om met die regte van die volk te peuter. Die wette is op so ‘n wyse
bekendgestel dat enigeen wat wou, hulle kon naboots.
Verder, om
te verseker dat selfs die armstes en mees ongeleerdes nie daarvan onkundig
sou wees nie, was dit die plig van die priesters gemaak om hulle (die
wette), by hulle sewejaarlikse feeste, aan die volk voor te lees (Deut.
31:10-13).
Is dit
redelik om te veronderstel dat sulke wette en skikkings deur skurke of
manne wat gekonkel het om die volk van hulle vryhede en geluk te ontneem,
ontwerp is? So ‘n veronderstelling sou onredelik wees. |
Laws displayed love for the stranger

Ruth and Boaz
|
Deur sy
eerbied vir die regte en belange van uitlanders en vyande, was die Mosaïese
wet 32 eeue voor sy tyd. Maar,
ons moet self besluit of die wette van die beskaafste nasies van vandag
die wet van Moses in regverdigheid en welwillendheid kan ewenaar.
Ons lees:
Exo 12:49 Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die
vreemdeling wat onder julle vertoef.
Lev 24:22 Net
een wet moet daar vir julle wees die vreemdeling moet
soos die kind van die land wees; want Ek is die HERE julle God.
Lev 19:33,34 En as ‘n vreemdeling by jou in julle land vertoef, mag julle hom nie verdruk nie. Die
vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos ‘n kind van
die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself, want
julle was vreemdelinge in Egipteland.
|
Animals were not forgotten, but were protected by laws of kindness.

Animals were not to be unequally yoked. |
Ek is die HERE julle God
Exo 23:4,5 As jy jou vyand se bees of esel teëkom wat
ronddwaal, moet jy dit sekerlik vir hom terugbring.
As jy jou vyand se esel onder sy pak sien lê, moet jy dit
nie onverskillig aan hom oorlaat nie: jy moet dit sekerlik saam met hom
aflaai.
Selfs die stomme diere is
nie vergete nie. Wreedaardigheid
aan hulle sowel as aan die mens is ten strengste verbode. ‘n Bees, terwyl hy koring dors, mag nie gemuilband wees nie,
vir die eenvoudige rede dat enige arbeider sy kos werd is.
Selfs die os en die esel mag nie saam voor die ploeg ingespan wees
nie, omdat dit, weens die oneweredige krag en tree, wreedheid sou wees.
Hulle rus is ook voorsien. (Sien Deut. 25:4; 22:10; Eks. 23:12)
|
| Tithing
was voluntary.

The Widow's Mite
|
Die
priesterdom mag deur sommige beskuldig word dat dit ‘n selfsugtige instelling was, weens die feit dat die stam van die Leviete
deur die jaarlikse tiende van hulle broeders in die ander stamme onderhou
is. Hierdie feit, as dit so
gestel word, is ‘n
onregverdige voorstelling wat baie algemeen onder die twyfelaars voorkom.
Dit is
moontlik dat hulle, onwetend, hierdeur, een van die merkwaardigste bewyse
van God se aandeel in die samestelling van daardie sisteem, verdraai –
bewyse dat die sisteem nie die werk was van ‘n selfsugtige en konkelende
priesterdom nie.
Inderdaad,
dit is dikwels deur die moderne priesterdom skeef voorgestel.
Hulle dring aan dat ‘n soortgelyke sisteem ingestel moet word.
Hulle gebruik die ou sisteem as ‘n presedent, sonder om melding te
maak van die voorwaardes waarop dit gevestig is, of die wyse van betaling.
|
The Priests had
no inheritance
in the land.

The High Priest
|
Dit is,
inderwaarheid, onder die strengste regverdigheid ingestel.
Toe Israel besit geneem het van die Land van Kanaan, het die
Leviete sekerlik net soveel reg gehad op ‘n aandeel in die land as die
ander stamme, maar, deur God se uitdruklike bevel, het hulle niks daarvan
ontvang nie, behalwe sekere stede of dorpies as blyplek, deur die
verskillende stamme versprei, sodat hulle hulle godsdienstig kon bedien.
Hierdie
verbodsbepaling is, voor die land opgedeel is, nege keer gegee.
Dit was maar redelik dat daar voorsiening moes wees vir iets anders
in die plek van die grond, en wat as ekwivalent beskou kon word.
Die tiende was hierdie redelike en regverdige voorsiening.
Maar, dis
nie al nie. Soos ons gesien het, is die tiende ‘n regmatige skuld, maar
dit was nie as belasting afgedwing nie.
Die tiende moes as ‘n vrywillige bydrae betaal word.
Daar was geen dreigement aan die betaling van daardie bydrae
verbonde nie, en alles het van hulle pligsgetrouheid afgehang.
Die enigste vermanings aan die volk oor hierdie saak, lei soos volg:
Deu 12:19 Neem
jou in ag dat jy die Leviet nie aan sy lot oorlaat solank as jy in jou
land lewe nie.
Deu
14:27 Maar die
Leviet wat in jou poorte is, hom moet jy nie aan sy lot oorlaat nie, want
hy het geen deel of erfenis saam met jou nie.
|
|
Ons mag
wel vra of dit redelik is om te veronderstel dat hierdie situasie deur
selfsugtige en ambisieuse priesters so ingestel kon wees? – ‘n
situasie om hulself te onterf en hulle vir ondersteuning, aan hulle
broeders afhanklik te maak? Leer die verstand nie vir ons die
teenoorgestelde nie?
|
No provision
was made
for honoring
the priests.
Protection for widows
and orphans
Wage protection...
Honor for
the elderly

"Thou shalt rise up
before the
hoary head
and honor the face
of the old man,
and fear thy God:
I am the LORD."
Leviticus 19:32 |
In
samestemming hiermee, en - op die basis van enige ander redenasie as wat
hier volhou is – eweönverklaarbaar – dat God die Outeur is van
daardie wette – is die feit dat geen spesiale voorsiening gemaak is om
die priesterdom te vereer nie.
Enige
misleier sou baie versigtig wees om eerbied en ontsag vir homself te
voorsien, en die ergste strawwe en vloeke op diegene wat hulle misbruik
het. Maar niks van die aard
kom te vore nie. Daar is geen
spesiale vereering, of voorsiening van
hoogagting, of vrystelling van geweld of belediging, nie.
Die
algemene wet, wat geen onderskeiding tussen klasse gemaak het nie, en wat
geen aannemer van die persoon was nie, was hulle enigste skuiling.
Dit is baie opmerklik, want die hantering van bediendes en
vreemdelinge, en die oues van dae, was die onderwerp van spesiale
wetgewing. Byvoorbeeld:
Exo 22:21
Jy mag ook die vreemdeling nie kwel of hom verdruk nie,
want julle was vreemdelinge in Egipteland.
22:22
Julle mag geen weduwee of wese verdruk nie.
Exo
22:23 As jy hulle op
enige manier verdruk, waarlik, dan sal Ek, as hulle na My roep, hulle geroep
sekerlik hoor
Exo
22:24 en my toom sal
ontvlam, en Ek sal julle met die swaard ombring, sodat julle vroue weduwees
en julle kinders wese word.
Exo
23:9 Jy mag die
vreemdeling ook nieverdruk nie; want julle ken self die gemoed van ‘n
vreemdeling, omdat julle vreemdelinge in Egipteland gewees het.
Lev
19:33 En as ‘n
vreemdeling by jou in julle land vertoef, mag julle hom nie verdruk nie.
Lev
19:34 Die vreemdeling
wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos ‘n kind van die land wat
onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself, want julle was
vreemdelinge in Egipteland. Ek is die HERE julle God.
Lev
19:13 Jy mag jou naaste nie verdruk of beroof nie. Die dagloner
se loon mag by jou nie tot die môre toe bly nie.
Deu
24:14 Jy mag ‘n arm en behoeftige dagloner uit
jou broers of uit jou vreemdelinge wat in jou land in jou poorte is, nie
verdruk nie Deu 24:15 Op die dag self moet jy sy loon gee, sodat die son oor hom nie
ondergaan nie—want hy is arm en sy siel verlang daarna—dat hy nie teen
jou tot die HERE roep en dit sonde in jou word nie.
Exo
21:26 En as iemand sy
slaaf of slavin op die oog slaan en hy dit beskadig, moet hy hom vry laat
weggaan vir sy oog. Exo 21:27
En as hy die tand van sy slaaf of die tand van sy slavin uitslaan,
moet hy hom vry laat weggaan vir sy tand.
Lev 19:32
Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van ‘n
grysaard eer; en jy moet jou God vrees. Ek is die HERE. Sien ook Lev.
19:14. Daar is al hierdie
voorsiening, maar niks spesiaals vir Priesters, Leviete of hulle tiendes nie. |
Scientific sanitation

|
Die sanitêre
voorsiening van die wet, so noodsaaklik vir ‘n volk wat arm en lank
verdruk was, tesame met die reëlings en beperkings rondom rein en onrein
diere wat mag of nie mag geëet word nie, is opmerklik. Saam met ander verskynsels, sou hierdie voorsieninge
belangwekkend gewees het, as daar net genoeg spasie was om hulle te
ondersoek.
Onder
andere, sou dit vir ons gewys het dat, op hierdie onderwerp, die wet naas
die jongste bevindinge van die mediese wetenskap is – as dit nie vooruit
is nie. Die wet van Moses het
ook ‘n tipiese karakter wat ons vir ‘n latere bespreking moet oorlaat.
Selfs
hierdie haastige oogopslag het oorweldigende bewys gelewer dat hierdie
wet, wat die einste raamwerk is van die hele sisteem van geopenbaarde
godsdiens, soos die hele Bybel uitwei, werklik ‘n wonderbaarlike
vertoning van wysheid en regverdigheid is – veral as die datum daarvan
in ag geneem word.
|
All this is evidence
of a wise, just
and loving God.

|
In die lig
van gesonde verstand, moet almal toegee dat dit geen bewys dra dat dit die
werk is van bose, slu manne nie, maar dat dit presies ooreenstem met die
karakter van God, soos die natuur vir ons leer.
Dit lewer
bewys van Sy Wysheid, Regverdigheid en Liefde. Verder, die godvrugtige en
adelike wetgewer, Moses, ontken dat die wette sy eie was,
en skryf hulle toe aan God (Eks. 24:12; Deut. 9:9-11; Eks. 26:30;
Lev. 1:1).
In ag
geneem sy algemene karakter, en sy opdrag aan die volk om nie valse
getuienis te lewer nie, en om skynheiligheid en leuens te vermy, bly die
vraag, “Is dit redelik om te veronderstel dat so ‘n man valse
getuienis gelewer het en God se sieninge en wette met sy eie vervang het?”
Ons moet
ook onthou dat ons besig is om die huidige voorbeelde van die Bybel te
ondersoek. Daarom is die
integriteit wat dit so kenmerk, ook van toepassing op Moses se opvolgers.
Alhoewel
daar onder daardie opvolgers slegte manne was, wie hulle eie gewin gesoek
het, en nie dié van die volk nie, tog is dit duidelik dat hulle nie met
die Heilige Skrifte gepeuter het nie, en hulle is tot vandag toe suiwer.
|
| "Take, my brethren, the prophets, who have spoken in
the name of the Lord, for an example of suffering affliction and of patience." James
5:10

Elijah Reproves King Ahab |
DIE
PROFETE VAN DIE BYBEL
Ons gaan
nou vinnig na die algemene karakter van die profete van die Bybel en hulle
getuienisse kyk. Dit is opmerklik dat die profete, met net ‘n paar
uitsonderings, nie in die priesterlike klas was nie, en dat hulle profesieë
in hulle dae, aan die degenereerende en onbestendige priesterdom en die volk
wat na afgodery geneig het, algemeen aanstootlik was.
Die kern
van hulle boodskappe van God aan die volk was gewoonlik berisping vir sonde
saam met waarskuwings aangaande komende tugtiging. Deurmekaar gevleg met
hierdie, vind ons, so nou en dan, beloftes van toekomstige seëninge nadat
hulle van hulle sondes gereinig sou word en na die guns van die Here sou
terugkeer. Hulle ondervindinge was grootliks alles behalwe benydenswaardig.
Oor die
algemeen is hulle beskimp, en baie van hulle is in die tronk gesit en met
geweld doodgemaak. Sien I
Konings 18:4, 10, 17, 18; 19:10; Jeremia 38:6; Hebreers 11:32-38. In sekere
gevalle is hulle ware karakter as God se profete eers jare na hulle dood
erken.
Maar hier
praat ons van die profetiese skrywers wie se uitlatings wat self beweer om
die direkte ingewing van Jehovah te wees.
In hierdie verband is dit goed om te onthou dat daar, in die gee van
die wet aan Israel, geen priesterlike inmenging was nie.
Dit is deur God aan die volk, deur die hand van Moses gegee (Eks.
19:17-25; Deur. 5:1-5).
|

The Prophets
|
Verder, is
dit verduidelik dat dit die plig van elke man was, wat gesien het dat die
wet oortree is, om die sondaar te berispe (Lev. 19:17). Hierdeur het almal
die gesag besit om te leer en te berispe, maar omdat die meerderheid met
die sorge van besigheid betrokke was – net soos vandag – en
onverskillig en ongodsdienstig geword het, het die minderheid hierdie
vereiste vervul deur sonde te berispe en godsvrug te bevorder.
In beide
die Ou Testament en die Nuwe Testament word hierdie predikers
“profete” genoem. Die benaming profeet, soos in die algemeen gebruik,
beteken publieke verklaarder.
Die
publieke leraars van afgodery is ook profete genoem, byvoorbeeld “die
Baalprofete” ens. Sien I
Kor. 14:1-6; II Pet | |