Die Goddelike Plan van die Eeue

Studie 3

bible.gif (26819 bytes)

DIE BYBEL AS ‘N GODDELIKE OPENBARING
Gesien in die Lig van Rede

– DIE AANSPRAKE VAN DIE BYBEL EN DIE DIREKTE BEWYS VAN SY
   GELOOFWAARDIGHEID 
– SY OUDHEID EN BEWARING 
– SY MORELE INVLOED 
– DIE SKRYWERS SE MOTIEWE 
– ALGEMENE KARAKTER VAN DIE SKRIFTE 
– DIE BOEKE VAN MOSES 
– DIE WET VAN MOSES 
– DIE KENMERKENDE EIENSKAPPE VAN DIE HEERSKAPPY WAT 
   DEUR MOSES INGESTEL IS 
– DIT WAS NIE ‘N SISTEEM VAN PRIESTERSKAP NIE 
– VOORSKRIFTE AAN DIE BURGERLIKE LEIERS 
– DIE RYKES EN DIE ARMES GELYK VOOR DIE WET 
– BESKERMING TEEN PEUTER AAN DIE VOLK SE REGTE  
– DIE PRIESTERDOM NIE ‘N BEVOORREGTE KLAS NIE, HOE 
   HULLE ONDERSKRAAG WORD ENS. 
– DIE ONDERDRUKKING VAN BUITELANDERS, WEDUWEES,
   WEESKINDERS, EN DIENAARS VERHINDER 
– DIE PROFETE VAN DIE BYBEL 
– IS DAAR ‘N GEMEENSKAPLIKE VERBAND VAN VERBINTENIS 
   TUSSEN DIE WET, DIE PROFETE EN DIE SKRYWERS VAN DIE 
   NUWE TESTAMENT? 
– WONDERWERKE NIE ONREDELIK NIE 
– DIE VERSTANDIGE GEVOLGTREKKING

 

TorchA.jpg (1266 bytes)
BibleRuthsB.jpg (7075 bytes)

A reasonable, thinking mind will examine God’s Word

    Die bybel is die fakkel van beskawing en vryheid. Sy goeie invloed in die gemeenskap is deur die vernaamste staatsmanne erken, al het hulle grootliks deur die verskeie vensters van botsende geloofsbelydenisse gekyk. Hierdie geloofsbelydenisse, terwyl hulle die Bybel hooghou, verdraai bedenklik die leringe daarvan.  

    Die verhewe ou Boek word onopsetlik maar jammerlik deur sy vriende – waarvan baie bereid sal wees om hulle lewens daarvoor neer te lê - verdraai. Deur te beweer dat die Bybel hulle lankvereerde dwaalbegrippe wat van die oorleweringe van die tradisies van hulle vaders ontvang is, ondersteun, verrig hulle meer wesenlike skade as sy vyande. Dit sou goed wees as sulkes sou ontwaak en hulle godspraak herondersoek, en die vyande verwar deur hulle te ontwapen.

Bible1.jpg (5795 bytes)
Gutenberg Bible, printed 1452-1455 in Mainz, Germany, by Johannes Gutenberg

The Bible has been miraculously preserved

Bible33Tyndale.jpg (18877 bytes)
The Tyndale Bible

    Omdat die lig van die natuur ons lei om ‘n openbaring van God, wat voller is as wat die natuur self voorsien, te verwag, sal die redelike denkende verstand bereid wees om die voorstelle van enigiets wat voorgee om ‘n Goddelike openbaring te wees, en wat ‘n redelike direkte bewys van die waarheidsliewendheid van sulke bewerings dra, te ondersoek. 

    Die Bybel verklaar dat dit juis so ‘n openbaring van God is, en dit kom na ons met genoegsame direkte bewys aangaande die waarskynlike juistheid van dié verklaring. Verder gee dit vir ons hoop dat nadere ondersoek meer volledig en positiewe bewys dat dit werklik die Woord van God is, sal oplewer.

     Die Bybel is die oudste bestaande boek. Dit het die storms van dertig eeue oorleef. Die mensdom het elke moontlike middel probeer om dit van die aarde te verwyder. Hulle het dit weggesteek en verbrand. Hulle het die besit daarvan as ‘n kriminele oortreding geklassifiseer – wat met die dood gestraf moet word. 

    Die mees bitter en onversetlike vervolgings is teen diegene wat daarin geloof gehad het, gevoer. Maar die Boek leef nog steeds.  Vandag, terwyl ‘n menigte van sy vyande al dood is, en honderde boeke wat geskryf om dit in minagting te bring en sy invloed omver te werp, al lankal vergete is, het die Byble sy weg  in elke volk en taal op aarde gebaan.  

    Die Bybel is in meer as twee honderd tale vertaal. Die feit dat hierdie boek oor so baie eeue oorleef het, nieteenstande sulke ongeëwenaarde pogings om dit te verban en vernietig, is ten minste sterk  aanwysende getuienis dat die Opperste Wese, op wie aanspraak gemaak is as die Outeur, ook sy Bewaarder is.

ISQumran.jpg (5924 bytes)
Qumran Caves

ISScroll2A.jpg (2453 bytes)
Dead Sea Scrolls

    Dating from 100 B.C. to 100 A.D., the Dead Sea Scrolls were preserved in clay urns in the Qumran caves until their discovery in 1948. 
   Every book in the Old Testament, except Esther, is represented.

ISStCatherinesA.jpg (12596 bytes)
St. Catherine's Monastery

ISCodex.jpg (3144 bytes)
Sinaitic Manuscript

    Priceless parchments of the Sinaitic Manuscript, 4th c. A.D., were preserved within the walls of St. Catherine’s Monastery in the heart of Sinai.  Discovered in 1859 A.D. by Count Tischendorf, the Codex Sinaiticus contains the New Testament and parts of the Old Testament.

Bible7GenevaA.jpg (3401 bytes)
The Geneva Bible

    Dit is ook waar dat die morele invloed van die Bybel eenvormig goed is. Diegene wat sorgvuldige studente van sy boodskap word, word sonder uitsondering na ‘n lewe van hoër reinheid opgehef. Ander geskrif oor godsdiens en die verskeie wetenskappe het welgedoen, en het die mensdom, tot ‘n sekere mate, veredel en geseën. 

    Inteendeel, het al die ander boeke saam gefaal om blydskap, vrede en seën – wat die Bybel aan albei ryk en arm, geleerd en ongeleerd gebring het - aan die kreunende skepping te bring. Die Bybel is nie ‘n boek wat net gelees moet word nie.  

    Dit is ‘n boek wat met sorg en oorweging bestudeer moet word, want God se gedagtes is hoër as ons gedagtes en Sy weë hoër as ons s’n.  As ons die plan en gedagtes van die Oneindige God wil begryp, moet ons al ons energie aan die belangrike werk aanwend. Die rykste skatte van die waarheid lê nie altyd op die oppervlakte nie.

The Bible points and refers to one prominent character:
Jesus of Nazareth.

Jesus13A.jpg (4363 bytes)

    Hierdie boek wys en verwys geduring na een verhewe karakter, Jesus van Nasaret, wie, so word dit beweer, die Seun van God was. Van die begin tot die einde word Sy Naam, amp, en werk opmerklik gemaak. 

    Dat ‘n Man met die Naam Jesus van Nasaret ongeveer in die tyd wat deur die skrywers van die Bybel aangedui is, geleef en ietwat beroemd was, is ‘n feit van die geskiedenis buite die blaaie van die Bybel. Dit word velerlei en ten volle bevestig. 

    Die feit dat hierdie Jesus gekruisig is omdat Hy Homself aan die Jode en hulle priesterdom ergerlik gemaak het, is nog ‘n feit wat deur die geskiedenis buite die bewyse wat deur die skrywers van die Nuwe Testament verskaf is, bevestig is. 

    Die skrywers van die Nuwe Testament – Paulus en Lukas uitgesluit – was persoonlik kennise en dissipels van Jesus van Nasaret, wie se doktrines hulle skrifte verklaar.

   ISSiloamA.jpg (8766 bytes)
Pool of Siloam
Jesus healed a blind man at the Pool of Siloam. 
John 9:11.

     The pool is one of the few undisputed localities in ancient Jerusalem. Waters from the Spring Gihon flow into the Pool of Siloam through a tunnel which was engineered by King Hezekiah in 715 BCE. Hezekiah's 1750 foot tunnel can still be traversed by foot today.

ISGolgothaA.jpg (6993 bytes)
Golgotha
"And he bearing his cross went forth into a place called the place of a skull, which is called in the Hebrew Golgotha."
John 19:17

ISGardenTomb1A.jpg (5664 bytes)
Garden Tomb
"Now in the place where he was crucified there was a garden; and in the garden a new sepulchre..."
 John 19:41

The disciples were committed to an unpopular cause.

 

 

 

 

Jesus41Cross.jpg (3997 bytes)

    Die bestaan van enige boek impliseer dat die skrywer daarvan gemotiveerd is. Daarom vra ons, Watter motiewe kon hierdie manne geïnspireer het om die saak van hierdie Persoon aan te neem?  Hy is as ‘n boosdoener deur die Jode tot die dood veroordeel en gekruisig.  

    Die mees godsdienstig onder die Jode het met Sy dood ingestem, en dit vereis weens Sy ongeskiktheid vir die lewe.  Diegene wat Sy saak omhels het, en Sy leringe geproklameer het, het veragting, berowing en bittere vervolging uitgetart. Hulle het die lewe self gewaag, en soms selfs marteldood ervaar. 

    As ons toegee dat Jesus, terwyl Hy geleef het, ‘n merkwaardige Persoon was, wat albei Sy lewe en lering betref, wat sal die motivering wees vir iemand, na Sy dood, om Sy saak aan te neem? – veral omdat Sy dood so vernederend was?  

    En as ons sou veronderstel dat hierdie skrywers hulle verhale uit die duim gesuig het, en dat Jesus hulle denkbeeldige of ideale held was, hoe absurd sou dit nie wees nie om te veronderstel dat nugtedenkende manne – nadat hulle verklaar het dat Hy die Seun van God was, dat Hy op ‘n bonatuurlike wyse verwek is,  dat Hy bonatuurlike krag gehad het waardeur Hy melaatses genees het, blindes laat sien het, dowes laat hoor het, en selfs die dooies opgewek het – die verhaal van so ‘n held sou afsluit  deur te vertel dat ‘n klein bende van Sy vyande Hom as ‘n skurk tereggestel het, terwyl al Sy vriende en dissipels - onder wie die skrywers self – in die haglike oomblik  – Hom sou begewe en vlug?

What motivated the writers of Scripture?

Jeremiah.jpg (3780 bytes)
Jeremiah

    Die feit dat ongewyde geskiedenis nie in sekere opsigte met hierdie skrywers ooreenstem nie, moet nie veroorsaak dat ons hierdie skrywers se optekenings as onwaar beskou nie. Diegene wat wel so aanvaar dat hierdie skrywers onwaarhede verkondig het, moet verduidelik watter motivering hierdie skrywers moontlik kon gehad het om sulke valse verklarings te maak.  

    Watter motivering kon hulle aangespoor het? Kon hulle redelik gehoop het om daardeur rykdom, roem, mag of enige aardse voordeel te bekom?  

    Die armoede van Jesus se vriende, en die ongewildheid van hulle held self tussen die vername godsdienstiges van Judea, weerspreek so ‘n gedagte. Die feite dat Hy as ‘n skurk en ‘n rusverstoorder gesterf het, en dat Hy Homself ontledig het, het geen hoop op benydenswaardige roem of aardse voordele voorgehou aan diegene wat sou poog om Sy leerstelling te hervestig nie.  Inteendeel, as dit die doel was van diegene wat Jesus gepreek het, sou hulle dit nie spoedig gelos het nie toe hulle agtergekom het dat dit skande, vervolging, gevangenskap, slae en selfs die dood veroorsaak?  

    Die rede leer baie duidelik dat ‘n man wat sy tuiste, reputasie, eer en lewe opgeoffer het, wat nie vir huidige bevrediging geleef het nie, maar wie se sentrale doel dit was om sy medemens op te hef, en wie sedes van die hoogste standaard gehandhaaf het, nie net gemotiveer was nie, maar verder dat hulle motivering suiwer moes gewees het, en hulle doelwit verhewig geesverheffend. 

    Verder verklaar die rede dat die getuienis van sulke manne – alleenlik deur suiwer en goeie motiewe aangedryf – tien maal die gewig en agting van gewone skrywers waardig is.  Hierdie manne was ook nie fanatikuste nie. Hulle was manne van gesonde en denkende verstand, en het in alle omstandighede ‘n rede vir hulle geloof en hoop voorsien.  Boonop was hulle volhardend aan daardie redelike oortuigings getrou.

The Biblical writers were honest and faithful to the Lord.

Prophets4A.jpg (4374 bytes)

    Wat ons hier opgelet het geld ook vir die verskeie skrywers van die Ou Testament. Hoofsaaklik was hulle manne wat deur hulle getrouheid aan die HERE uitgestaan het. Die geskiedenis beskryf en vermaan onpartydig hulle swakhede en tekortkominge op dieselfde wyse as wat dit hulle voortreflikhede en getrouheid  aanbeveel. 

    Dit moet ‘n skok wees vir diegene wat die Bybel beskou as ‘n kunsmatige geskiedenis – wat ontwerp is om mense in ‘n religieuse sisteem deur inboeseming van ontsag vas te vang. Daar is ‘n opregtheid om die Bybel wat dit as die waarheid stempel. 

    As ‘n skurk sou begeer om iemand as groot voor te stel, sou hy ongetwyfeld  die een se karakter as blaamloos en edel op die hoogste vlak skilder. Dit sal veral gebeur as hy begerig is om die man se skrywe as deur God geïnspireerd voor te stel. Die feit dat in die Bybel so ‘n rigting nie ingeslaan is nie, is ‘n redelike aanduiding dat dit nie oneerlik gekompileer is met die doel om te bedrieg nie.

Examine the character of the writings

     Ons het nou rede om ‘n openbaring van God se wil en plan te verwag, en het presies so iets wat daarop aanspraak maak dat dit dié openbaring is, in die Bybel ontdek. Dit is deur skrywers, wie se motiewe ons geen rede het om in twyfel te trek nie, geskryf. Inteendeel, het ons rede om hulle goed te keur.  

    Laat ons nou die karakter van die geskrif, waarop aanspraak gemaak is dat dit geïnspireer is, ondersoek, om te sien of hulle leringe met die karakter wat ons rederlikewys aan God toereken, ooreenstem, en of hulle innerlike bewys van hulle waarheidsliewendheid dra.

The writers were acquainted first hand with the facts

MatthewA.jpg (5256 bytes)

     Die eerste vyf boeke van die Nuwe Testament, en sommige van die Ou Testament is verhale of geskiedenisse van feite waarmee die skrywers bekend was. Die karakters van die skrywers vergun die waarheid daarvan. 

    Dit is aan almal baie duidelik dat dit nie ‘n spesiale openbaring vereis om eenvoudig die waarheid aangaande sake waarmee hulle intiem en ten volle vertroud was, te vertel nie. Maar, omdat God ‘n openbaring aan die mensdom wou gee, die feit dat hierdie geskiedenisse van verbygaande gebeurtenisse ‘n betrekking op so ‘n openbaring sou hê, sou genoegsame beweegrede wees om te vermoed dat dit heel redelik sou wees om te aanvaar dat God oor alles toesig sou hou. 

    Hierdeur sou Hy reël dat die eerlike skrywer wie Hy vir die werk uitgesoek het, met die nodige feite in kontak moet kom. Die geloofwaardigheid van hierdie geskiedsgedeeltes van die Byblel rus bykans heeltemal op die karakter en motivering van hulle skrywers. 

    Goeie manne sal nie valshede uiter nie. ‘n Suiwer fontein sal nie bitter water voortbring nie. Daarbenewens, sal die verenigde getuienis van hierdie geskrif, enige agterdog dat hulle skrywers boosheid sou sê of doen, stilmaak, sodat goed mag volg.

Jesus5BabeTempleA.jpg (5431 bytes)

     Die geloofwaardigheid van sekere boeke van die Bybel, soos Konings, Kronieke, Regters ens., word hoegenaamd nie aangetas nie wanneer ons sê dat hulle eenvoudig die getroue en sorgvuldige rekord van die  geskiedenisse van prominente gebeurtenisse en mense van hul tye is. 

    Ons moet onthou dat die Hebreeuse skrifte geskiedenis sowel as die wet en die profesies bevat. Dit is ook belangrik om te besef dat hulle geskiedenisse, stambome ens.  meer eksplisiet was met die beskrywing van omstandighede weens die verwagting dat die beloofde Messias ‘n nasaad van Abraham sou wees, en dat Hy deur ‘n spesifieke geslagslyn sou kom. 

    Hierdeur gewaar ons die rede vir die optekening van sekere feite van die geskiedenis, wat in die twintigste eeu as onkies beskou word. Byvoorbeeld, ‘n duidelike optekening van die oorsprong van die nasies van die Moabiete en Ammoniete – en hulle verwantskap met Abraham en die Israeliete – was waarskynlik, in die verstand van die geskiedkundige, die noodsaaklikheid vir ‘n volle beskrywing van hulle herkoms (Gen.19:36-38). 

    Net so is daar ‘n uitvoerige beskrywing van Juda se kinders gegee. Dit is hierdeur dat Koning Dawid gekom het. Dit is ook hierdeur dat die stamregister van Maria, die moeder van Jesus, sowel as dié van haar man Josef  (Luk. 3:23, 31, 33,34), terug na Abraham gevolg is. 

    Sonder twyfel is die belangrikheid van die sorgvuldige bevestiging van die stamboom al hoe meer belangrik weens die feit dat uit hierdie stam sou kom die heersende Koning van Israel sowel as die Messias. Daarom was dit nodig om die klein besonderhede wat nie in die ander gevalle gegee is nie, hier te gee (Gen. 38.)

We find a reason for details

     Daar mag dergelike of verskillende redes wees vir die ander feite van die geskiedenis wat in die Bybel opgeteken is. Ons mag later die nuttigheid hiervan sien. As die Bybel nie die optekening van geskiedenis is nie, en maar eenvoudig ‘n verhandeling is oor morele, dan kon van hierdie gebeurtenisse sonder nadeel uitgelaat word. 

    Niemand kan redelikerwys beweer dat die Bybel ooit onreinheid sanksioneer nie. Dit sal verder goed wees om te onthou dat dieselfde feite in enige taal min of meer delikaat gestel kan word, en ook dat terwyl die vertalers van die Bybel, te reg, te pligsgetrou was om enige deel van die optekening uit te laat, tog het hulle in ‘n tyd geleef wat minder kieskeurig was as ons s’n, aangaande die keuse van verfynde taal of uitdrukking. 

    Ons mag dieselfde vermoed aangaande die manier van uitdrukking in die vroegste Bybelse tye. Dit is seker dat selfs die mees kieskeurige mense geen beswaar teen enige uitdrukking in die Nuwe Testament kan hê nie.

 

Moses1A.jpg (14827 bytes)


Moses4A.jpg (10734 bytes)
Moses Leading Israel Out of Egypt

DIE BOEKE VAN MOSES
EN DIE WETTE WAT DAARIN 
GEPROMULGEER IS

     Die eerste vyf boeke van die Bybel staan bekend as Die Vyf Boeke van Moses, alhoewel hulle nêrens aanmeld dat hy die skrywer is nie. Dis is ‘n redelike gevolgtrekking dat die boeke deur Moses, of onder sy toesig, geskryf is. Die verslag van sy dood en begrafnis is deur sy skriba bygelas. 

    Die weglating van die uitdruklike verklaring dat hierdie boeke deur Moses geskryf is, is geen bewys teen die gedagte nie. Sou iemand anders hulle geskryf het met die doel om te verlei en bedrog te pleeg, sou hy sekerlik - om sy oplegging te ondersteun -  voorgegee het dat hulle deur die groot leier en staatsman van Israel geskryf is, (Deut. 31: 9-27). 

    Van een ding kan ons seker wees: Moses het die Hebreeuse volk uit Egipte uitgelei. Hy het hulle as ‘n nasie georganiseer, onder die wette wat in hierdie boeke uiteengesit is. Die Hebreeuse nasie het eenparig, oor ‘n tydperk van meer as drieduisend jaar, hierdie boeke as ‘n geskenk van Moses aan hulle aanvaar, en hulle so heilig beskou dat geen jota of tittel verander mag word nie. Dit is ‘n versekering van die suiwerheid van die skrifte.

Earth1A.jpg (3719 bytes)

 

"He stretcheth out the north over the empty place, and hangeth the earth upon nothing."
Job 26:7

     Hierdie geskrif van Moses bevat die enigste geloofwaardige bestaande geskiedenis van die epog wat daardeur gedek is. Chinese geskiedenis gee voor om by die skepping te begin, en vertel hoe God in ‘n skuitjie op die water uitgevaar het. Hy het toe ‘n kluit grond in sy hand geneem en dit in die water gegooi. 

    Die bewering is dat hierdie kluit grond ons aarde geword het, ens. Die hele storie, egter, is so ontbloot van redelikheid dat enige ou verstandige kind nie daardeur verlei sal word nie. Inteendeel, die verhaal wat in Genesis vertel word, begin met die verstandige aanvaarding dat ‘n God, ‘n Skepper, ‘n verstandige Eerste Oorsaak, alreeds bestaan het. 

    Dit handel nie oor God se begin nie, maar oor Sy werk en die begin daarvan, en die sistematiese en orderlike vooruitgang daarvan - Gen 1:1  In die begin het God die hemel en die aarde geskape. Dan, sonder om besonderhede of verduideliking oor die oorsprong van die aarde te verskaf, gaan die verhaal van die ses dae (epogs) van voorbereiding vir die mens voort. Hierdie verslag word wesenlik deur die toenemende bewyse van vier duisend jare se wetenskap geondersteun. 

    Daarom is dit heelwat meer redelik om te aanvaar dat sy skrywer, Moses, Goddelik geïnspireer is, as om te aanvaar dat die verstand van een man beter was as die gesamentlike verstand  en navorsing  van die res van die mensdom gedurende die drie duisend jare sedertdien – ondersteun deur moderne tegnologie en amper onuitputbare geld.

The Mosaic Law was unequaled.
Today we base our laws on the Law of Moses

     Volgende, kyk ons na die sisteem wette wat in hierdie geskrif neergelê is. Hulle is beslis sonder weerga, óf in hulle dag óf sedertdien, tot hierdie twintigste eeu, en die wette van hierdie eeu is gebaseer op die beginsels  wat in die Mosaïese Wet neergelê is. Hulle is, grootendeels, deur manne wat erken het dat die Mosaïese Wet van Goddelike oorsprong was, opgestel.

Moses6A.jpg (15596 bytes)
Moses Teaching the People of Israel

 

     Die Dekaloog is ‘n beknopte sinopsis van die hele wet.  Daardie Tien Gebooie gelas ‘n reglament van aanbidding en morele wat elke student as opmerklik moet tref.   As hulle nooit geken is nie, en nou eers tussen die ruines en oudhede van Griekeland, Roma of Babilon (nasies wat, lank na hierdie wette gegee is, opgestaan het en weer gaan lê het) ontdek is, sou hulle as wonderbaarlik of selfs wonderdading beskou word.  

    Maar familiariteit met hierdie wette en hulle vereistes het na meetbare gebrek aan belangstelling gelei, met die gevolg dat hulle werklike edelheid ongeag word – behalwe deur die minderheid.  Dit is waar dat hierdie wette nie reguit van Christus leer nie. Dit is omdat hulle nie aan Christene gegee is nie, maar aan die Hebreërs. 

    Hulle doel was nie om geloof in ‘n losprys te leer nie, maar om mense te oortuig van hulle sondige toestand - en hulle behoefte aan ‘n losprys en Verlosser.  Die hoofsaak van daardie gebooie is op ‘n wonderlike wyse, deur ons deurligtige Stigter van die Christendom, met die volgende woorde, verkort: 

    Mar 12:30, 31 “en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod, en die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.“

The Israelites lived under the government of God

TABPriesthood.jpg (3735 bytes)
The Levitical Priesthood

     Die heerskappy, wat deur Moses ingestel is, het van al die ander (outyds sowel as modern) verskil insover dit beweer het dat dit deur die Skepper self gegee is, en die mense aan Hom aanspreeklik was.  

    Hulle wette en instellings, burgerlik en godsdienstig, is van God self afkomstig, het hulle beweer. Soos ons binnekort sal sien, was hulle in perfekte harmonie met God se karakter, volgens wat ons verstand vir ons leer. 

    Die Tabernakel, wat in die middel van die kamp gestaan het, het in die kompartement wat as die Allerheiligste bekend gestaan het, ‘n manifestasie van die teenwoordigheid van Jehovah as hulle Koning gehad.  

    Dit was hiervanaf, op bonatuurlike wyse,  dat hulle instruksies ontvang het vir die regmatige administrasie van hulle landsake.  ‘n Priesterlike orde, wat ten volle in beheer was van die tabernakel, is gevestig.

The Tabernacle had a manifestation of God’s presence in the Most Holy.

TABMostHoly.jpg (2336 bytes)
Ark of Covenant in the Most Holy

TabPurpCourtA.jpg (19601 bytes)

The privileges of the priests were limited

TabPriestMercy.jpg (3967 bytes)
Priest in
Most Holy

      Alleenlik deur hulle is toegang tot, en gemeenskap met, Jehovah toegelaat.  In hierdie verband, sal die eerste gedagte van sommige miskien wees, “Ha, daar het ons die doelwit van hulle organisasie.  Met hulle, net soos met ander nasies, het die priesters die volk regeer, hulle liggelowigheid op hulle opgelê en hulle vrese opgewakker – alles vir eie gewin en eer.”  

    Maar wag, vriend; laat ons nie te haastig wees om iets te aanvaar nie.  Waar daar so ‘n goeie geleentheid is om, met die feite,  hierdie saak te toets, sou dit onredelik wees om, sonder die feite, tot ‘n gevolgtrekking te kom.  Die onweerlegbare bewyse is met sulke veronderstellings in teenstelling.  

    Die regte en voorregte van die priesters was beperk. Hulle het hoegenaamd geen siviele mag besit nie, en daar was ‘n totale gebrek aan geleentheid om op die regte of gewetens van die volk ‘n indruk te maak. Hierdie akkoord is deur Moses – ‘n lid van die prieterlike linie – gemaak.

A theocratic government was established

Moses3A.jpg (4436 bytes)
Moses

 

 

 

 

EldersA.jpg (6063 bytes)
Elders of Israel

     As God se teenwoordiger wat Israel uit Egiptiese slawerny gebring het, is die gedwee Moses, deur die mag van omstandighede wat in sy hand gesentraliseer was, in ‘n outokraat verander sover mag en gesag betref.  

    Maar, deur die gedweeheid van sy geaardheid, was hy inderwaarheid die oorwerkte dienaar van die volk.  Sy blote lewe was besig om deur die drukkende sorge van sy posisie, uitgeput te word.  Op daardie tydstip is daar ‘n siviele regering gestig wat eintlik ‘n demokrasie was.  Moet ons nie verkeerd verstaan nie. 

    Diegene wat as ongelowiges beskou word sou Israel se regering as ‘n demokrasie ag, maar in die lig van sy eie aansprake was dit ‘n teokrasie, d.w.s ‘n Goddelike regering, want die wette wat God, deur Moses, gegee het, het geen wysiging toegelaat nie. Hulle mag niks by die wetskode bylas of daarvan weglaat nie.  In hierdie lig gesien, was die regering van Israel anders as enige ander siviele regering, voorheen of sedertdien. 

     Num 11:16,17  Toe sê die HERE aan Moses: Bring vir My sewentig manne uit die oudstes van Israel bymekaar, van wie jy weet dat hulle oudstes van die volk en sy opsigters is, en bring hulle by die tent van samekoms, dat hulle daar by jou kan staan.  Dan sal Ek neerdaal en daar met jou spreek; en van die Gees wat op jou is, sal Ek afsonder en op hulle lê; en hulle sal jou help om die las van die volk te dra, sodat jy dit nie alleen hoef te dra nie.  

    Lees ook verse 24 to 30 vir ‘n voorbeeld van ware, eerlike staatsmanskap en gedweeheid. Toe Moses van die geval vertel, het hy geskryf, Deu 1:15  Toe het ek die hoofde van julle stamme, wyse en ervare manne, geneem en hulle as hoofde oor julle aangestel, owerstes oor duisend en owerstes oor honderd en owerstes oor vyftig en owerstes oor tien en opsigters volgens julle stamme. (Sien ook Eks. 18:13-26)

This form of government was calculated to cultivate the spirit of true liberty

 

 

 

If Moses had been ambitious, he would have misused his power

 

Moses8Aaron.jpg (12676 bytes)
Moses anointing Aaron High Priest

     Dit sal dus voorkom dat hierdie voortreflike wetgewer glad nie gepoog het - deur die regering van die volk onder die beheer van sy direkte familielede van die priesterlike stam te plaas – om sy eie mag te vermeerder en die regte en vryhede van die volk, deur hulle godsdienstige gesag te gebruik, nie. Inteendeel het hy ‘n regeringstyl ingestel wat bereken was om die gees van vryheid vry te stel.  

    Die geskiedenisse van ander nasies en heersers toon geen parallel hieraan nie.  In elke geval het die ander heersers hulle eie verheerliking en groter mag gesoek. Selfs in gevalle waar die heersers gehelp het om republieke te stig, het dit uit daaropvolgende gebeurtenisse geblyk dat hulle dit deur politiek gedoen het om witvoetjie onder die volk te soek, en hulle eie mag te bestendig. 

    Onder die omstandighede waar Moses hom bevind het, sou enige eersugtige man wat deur politiek beheer is en wat gepoog het om bedrog teen die volk te laat voortbestaan, na groter sentralisasie van mag in homself en sy familie werk.  Dit is veral waar as dit na ’n maklike taak gelyk het weens die feit dat die godsdienstige gesag alreeds in daardie stam gesetel is, en boonop van die feit dat hierdie volk beweer het dat hulle deur God – van die tabernakel af – regeer was.  

    Ons mag ook nie veronderstel dat ‘n man wat bekwaam was om sulke wetgewing te formuleer, en so ‘n  volk te regeer, so swak van begrip sou wees dat hy nie die neiging van sulke optrede sou sien nie.   

    Die regering van die volk is so geheel en al in hulle eie hande geplaas dat, alhoewel dit gestipuleer is dat meer gewigtige sake waaroor die goewerneurs nie ‘n beslissing kan neem nie, na Moses toe gebring moet wees, tog was hulle die beoordelaars van watter sake voor Moses moet kom. 

    Maar die saak wat vir julle te moeilik is, moet julle na my toe bring, en ek sal dit in verhoor neem. (Deut. 1:17)

The people asked for a king

SamuelA.jpg (5905 bytes)
Samuel anointing Saul king

     In dié lig gesien, was Israel ‘n republiek wat onder Goddelike opdrag opgetree het.  Tot die verwarring van diegene wat onwetend beweer dat die Bybel ‘n bevestigde heerskappy oor die volk, instede van “’n regering van die volk deur die volk”, is, moet kennis geneem word dat hierdie republikeinse styl van regering vir meer as vierhonderd jaar in plek was.  

     Daarna, op die versoek van “Die Ouderlinge”, is dit – sonder die goedkeuring van die HERE, in ‘n koninkryk omgeskep. God het aan Samuel, wie as ‘n soort informele president opgetree het, gesê (1 Sa 8:7):  ....: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie.  

     Op aandring van God, het Samuel aan die volk verduidelik hoe hulle regte en vryhede verontagsaam sou wees, en hulle, deur hierdie varandering, bediendes sou word. Tog het hulle op die gewilde begrip - wat deur ander nasies om hulle geïllustreer was - versot geraak (I Sam. 8:6-22). 

     As ons hierdie verhaal van hulle begeerte na ‘n koning in ag neem, kom die gedagte op dat Moses homself, sonder moeilikheid, as die heerser van ‘n groot ryk kon gevestig het.


Prophets1A.jpg (3847 bytes)

Judges –
"Ye shall hear the small as well as the great..."
Deuteronomy 1:17

TabBreastplateA.jpg (2806 bytes)

Breastplate of the High Priest which had the Urim and Thummim

TABPriestHigh.jpg (13543 bytes)
The High Priest

     As ‘n geheel, het Israel uit een nasie bestaan, maar die onderverdeling in stamme was, na die dood van Jakob, altyd ‘n wesenlikheid. 

     Elke familie of stam het eenstemmig sekere lede as  verteenwoordigers of hoofmanne verkies om hulle te verteenwoordig.  Hierdie gebruik is selfs deur die lang tydperk van slawerny in Egipte voortgesit.  Hulle is hoofmanne of ouderlinge genoem, en dit was aan hulle wat Moses die eer en gesag van siviele heerskappy oorhandig het.  

     Ons moet besef dat, sou hy die gesag in homself and sy eie familie wou vestig, dan was hierdie manne die laaste keuse om met gesag en amp te eer.

     Dit is aanvaar dat dié manne deur God aangestel is vir siviele heerskappy, en die opdragte wat aan hulle gegee is, was ‘n model van eenvoudigheid en reinheid.  In die teenwoordigheid van die regters het Moses vir die volk verklaar (Deu 1:16,17): 

      En ek het in dié tyd aan julle regters bevel gegee en gesê: Neem julle broers in verhoor en oordeel regverdig tussen ‘n man en sy broer en die vreemdeling wat by hom is.  Julle mag in die gereg nie partydig wees nie; julle moet klein sowel as groot aanhoor; julle mag niemand ontsien nie, want die gereg is die saak van God. Maar die saak wat vir julle te moeilik is, moet julle na my toe bring, en ek sal dit in verhoor neem. 

     Na die dood van Moses was sulke moeilike sake deur die Hoër Priester direk voor die HERE gebring. Die antwoord was Ja of Nee, deur die Urim en Tummim gegee.

     Hierdie feite in oënskou geneem, wat sal ons sê van die teorie wat voorstel dat hierdie boeke deur skelm priesters geskryf is om vir hulself ‘n posisie van invloed en mag oor die volk te verseker? 

     Sou sulke manne – selfs vir so ‘n doel – die optekeninge wat die presiese doelwitte wat hulle gepoog het om te bevorder, vervals?  

     Dit was optekeninge wat onweerlegbaar bewys dat die Groot Hoof van Israel, en een van hulle eie stam, wat, in antwoord op God se opdrag, die priesterdom van siviele mag afgesny  het – en die mag in die hande van die volk geplaas het. Sou iemand in oorweging neem dat so ‘n slotsom redelik kan wees?

"Jubilee"
– the economic leveler

 

Jubilee.jpg (15907 bytes)
Blowing the Jubilee Trumpets

     Dit is alweer opmerkbaar dat die wette van die meeste gevorderde beskawings – hier in die twintigste eeu – niks meer sorgvuldig is vir die versekering dat die rykes en die armes op ‘n gelyke vlak van aanspreeklikheid voor die siviele wet staan nie. In die wet van Moses was daar hoegenaamd geen onderskeiding nie.  

     Daar is geen ander nasionale wetgewing gepromulveer nie wat so versigtig verseker het dat hierdie punt bewaar word, naamlik, dat die volk beskerm moet wees teen die gevare inherent in die situasie waar sekere mense brandarm word,  terwyl ander oormatig ryk en magtig word.  

     Die wet van Moses het voorsien dat restitusie elke vyftigste jaar moet plaasvind – in hulle Jubeljaar.  Deur die absolute vervreemding van eiendom  te verhoed,  het hierdie wet die ophoping daarvan in die hande van net ‘n paar, voorkom (Lev. 25:9, 13-23, 27-30). 

     Hulle is, inderwaarheid, geleer om mekaar as broeders te beskou, en daarvolgens op te tree.  Hulle moes mekaar, sonder vergoeding, help, en geen rente of wins van mekaar eis nie. (Sien Lev. 22:25; 25:36,37; Num. 26:52-56).

All the laws were read aloud

ReadLawB.gif (14414 bytes)

God’s government protected Israel from dictatorship.

     Al die wette was rugbaar gemaak, en daardeur was dit onmoontlik vir intrigerende manne om met die regte van die volk te peuter.  Die wette is op so ‘n wyse bekendgestel dat enigeen wat wou, hulle kon naboots.  

     Verder, om te verseker dat selfs die armstes en mees ongeleerdes nie daarvan onkundig sou wees nie, was dit die plig van die priesters gemaak om hulle (die wette), by hulle sewejaarlikse feeste, aan die volk voor te lees (Deut. 31:10-13).  

     Is dit redelik om te veronderstel dat sulke wette en skikkings deur skurke of manne wat gekonkel het om die volk van hulle vryhede en geluk te ontneem, ontwerp is? So ‘n veronderstelling sou onredelik wees.

Laws displayed love for the stranger

RuthA.jpg (5088 bytes)
Ruth and Boaz

     Deur sy eerbied vir die regte en belange van uitlanders en vyande, was die Mosaïese wet 32 eeue voor sy tyd.  Maar, ons moet self besluit of die wette van die beskaafste nasies van vandag die wet van Moses in regverdigheid en welwillendheid kan ewenaar. 

     Ons lees: Exo 12:49 Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat onder julle vertoef.  Lev 24:22  Net een wet moet daar vir julle wees die vreemdeling moet soos die kind van die land wees; want Ek is die HERE julle God.  

     Lev 19:33,34 En as ‘n vreemdeling by jou in julle land vertoef, mag julle hom nie verdruk nie. Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos ‘n kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself, want julle was vreemdelinge in Egipteland.

Animals were not forgotten, but were protected by laws of kindness.
PKYokedA.jpg (3738 bytes)
Animals were not to be unequally yoked.

     Ek is die HERE julle God  Exo 23:4,5  As jy jou vyand se bees of esel teëkom wat ronddwaal, moet jy dit sekerlik vir hom terugbring.  As jy jou vyand se esel onder sy pak sien lê, moet jy dit nie onverskillig aan hom oorlaat nie: jy moet dit sekerlik saam met hom aflaai.

     Selfs die stomme diere is nie vergete nie.  Wreedaardigheid aan hulle sowel as aan die mens is ten strengste verbode.  ‘n Bees, terwyl hy koring dors, mag nie gemuilband wees nie, vir die eenvoudige rede dat enige arbeider sy kos werd is.  Selfs die os en die esel mag nie saam voor die ploeg ingespan wees nie, omdat dit, weens die oneweredige krag en tree, wreedheid sou wees.  Hulle rus is ook voorsien. (Sien Deut. 25:4; 22:10; Eks. 23:12)

 

Tithing
was voluntary.

Jesus10WidowsMite.jpg (2813 bytes)
The Widow's Mite

 

     Die priesterdom mag deur sommige beskuldig word dat dit ‘n selfsugtige instelling was, weens die feit dat die stam van die Leviete deur die jaarlikse tiende van hulle broeders in die ander stamme onderhou is.  Hierdie feit, as dit so gestel word, is ‘n onregverdige voorstelling wat baie algemeen onder die twyfelaars voorkom.  

     Dit is moontlik dat hulle, onwetend, hierdeur, een van die merkwaardigste bewyse van God se aandeel in die samestelling van daardie sisteem, verdraai – bewyse dat die sisteem nie die werk was van ‘n selfsugtige en konkelende priesterdom nie. 

     Inderdaad, dit is dikwels deur die moderne priesterdom skeef voorgestel.  Hulle dring aan dat ‘n soortgelyke sisteem ingestel moet word.  Hulle gebruik die ou sisteem as ‘n presedent, sonder om melding te maak van die voorwaardes waarop dit gevestig is, of die wyse van betaling.

The Priests had no inheritance in the land.

 

TABPriestB.gif (20904 bytes)
The High Priest

 

     Dit is, inderwaarheid, onder die strengste regverdigheid ingestel.  Toe Israel besit geneem het van die Land van Kanaan, het die Leviete sekerlik net soveel reg gehad op ‘n aandeel in die land as die ander stamme, maar, deur God se uitdruklike bevel, het hulle niks daarvan ontvang nie, behalwe sekere stede of dorpies as blyplek, deur die verskillende stamme versprei, sodat hulle hulle godsdienstig kon bedien.  

     Hierdie verbodsbepaling is, voor die land opgedeel is, nege keer gegee.  Dit was maar redelik dat daar voorsiening moes wees vir iets anders in die plek van die grond, en wat as ekwivalent beskou kon word.  Die tiende was hierdie redelike en regverdige voorsiening.  

     Maar, dis nie al nie. Soos ons gesien het, is die tiende ‘n regmatige skuld, maar dit was nie as belasting afgedwing nie.  Die tiende moes as ‘n vrywillige bydrae betaal word.  Daar was geen dreigement aan die betaling van daardie bydrae verbonde nie, en alles het van hulle pligsgetrouheid afgehang.  Die enigste vermanings aan die volk oor hierdie saak, lei soos volg:

     Deu 12:19  Neem jou in ag dat jy die Leviet nie aan sy lot oorlaat solank as jy in jou land lewe nie.  

     Deu 14:27  Maar die Leviet wat in jou poorte is, hom moet jy nie aan sy lot oorlaat nie, want hy het geen deel of erfenis saam met jou nie.

     Ons mag wel vra of dit redelik is om te veronderstel dat hierdie situasie deur selfsugtige en ambisieuse priesters so ingestel kon wees? – ‘n situasie om hulself te onterf en hulle vir ondersteuning, aan hulle broeders afhanklik te maak? Leer die verstand nie vir ons die teenoorgestelde nie?

No provision was made for honoring the priests.

 

Protection for widows and orphans

Wage protection...

Honor for the elderly

 

wpe682.jpg (2669 bytes)

"Thou shalt rise up before the hoary head and honor the face of the old man, and fear thy God: I am the LORD."
Leviticus 19:32

     In samestemming hiermee, en - op die basis van enige ander redenasie as wat hier volhou is – eweönverklaarbaar – dat God die Outeur is van daardie wette – is die feit dat geen spesiale voorsiening gemaak is om die priesterdom te vereer nie.  

     Enige misleier sou baie versigtig wees om eerbied en ontsag vir homself te voorsien, en die ergste strawwe en vloeke op diegene wat hulle misbruik het.  Maar niks van die aard kom te vore nie.  Daar is geen spesiale vereering, of voorsiening van hoogagting, of vrystelling van geweld of belediging, nie.  

     Die algemene wet, wat geen onderskeiding tussen klasse gemaak het nie, en wat geen aannemer van die persoon was nie, was hulle enigste skuiling.  Dit is baie opmerklik, want die hantering van bediendes en vreemdelinge, en die oues van dae, was die onderwerp van spesiale wetgewing.  Byvoorbeeld:

     Exo 22:21  Jy mag ook die vreemdeling nie kwel of hom verdruk nie, want julle was vreemdelinge in Egipteland.   

     22:22  Julle mag geen weduwee of wese verdruk nie. 

     Exo 22:23  As jy hulle op enige manier verdruk, waarlik, dan sal Ek, as hulle na My roep, hulle geroep sekerlik hoor 

     Exo 22:24  en my toom sal ontvlam, en Ek sal julle met die swaard ombring, sodat julle vroue weduwees en julle kinders wese word.  

     Exo 23:9  Jy mag die vreemdeling ook nieverdruk nie; want julle ken self die gemoed van ‘n vreemdeling, omdat julle vreemdelinge in Egipteland gewees het.  

     Lev 19:33  En as ‘n vreemdeling by jou in julle land vertoef, mag julle hom nie verdruk nie. 

     Lev 19:34  Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos ‘n kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself, want julle was vreemdelinge in Egipteland. Ek is die HERE julle God.  

     Lev 19:13  Jy mag jou naaste nie verdruk of beroof nie. Die dagloner se loon mag by jou nie tot die môre toe bly nie.  

     Deu 24:14  Jy mag ‘n arm en behoeftige dagloner uit jou broers of uit jou vreemdelinge wat in jou land in jou poorte is, nie verdruk nie Deu 24:15  Op die dag self moet jy sy loon gee, sodat die son oor hom nie ondergaan nie—want hy is arm en sy siel verlang daarna—dat hy nie teen jou tot die HERE roep en dit sonde in jou word nie.  

     Exo 21:26  En as iemand sy slaaf of slavin op die oog slaan en hy dit beskadig, moet hy hom vry laat weggaan vir sy oog. Exo 21:27  En as hy die tand van sy slaaf of die tand van sy slavin uitslaan, moet hy hom vry laat weggaan vir sy tand. 

     Lev 19:32  Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van ‘n grysaard eer; en jy moet jou God vrees. Ek is die HERE. Sien ook Lev. 19:14.  Daar is al hierdie voorsiening, maar niks spesiaals vir Priesters, Leviete of hulle tiendes nie.

Scientific sanitation

Sanitation3.jpg (16103 bytes)

     Die sanitêre voorsiening van die wet, so noodsaaklik vir ‘n volk wat arm en lank verdruk was, tesame met die reëlings en beperkings rondom rein en onrein diere wat mag of nie mag geëet word nie, is opmerklik.  Saam met ander verskynsels, sou hierdie voorsieninge belangwekkend gewees het, as daar net genoeg spasie was om hulle te ondersoek. 

     Onder andere, sou dit vir ons gewys het dat, op hierdie onderwerp, die wet naas die jongste bevindinge van die mediese wetenskap is – as dit nie vooruit is nie.  Die wet van Moses het ook ‘n tipiese karakter wat ons vir ‘n latere bespreking moet oorlaat.  

     Selfs hierdie haastige oogopslag het oorweldigende bewys gelewer dat hierdie wet, wat die einste raamwerk is van die hele sisteem van geopenbaarde godsdiens, soos die hele Bybel uitwei, werklik ‘n wonderbaarlike vertoning van wysheid en regverdigheid is – veral as die datum daarvan in ag geneem word.

All this is evidence of a wise, just and loving God.

LawA.jpg (2937 bytes)

     In die lig van gesonde verstand, moet almal toegee dat dit geen bewys dra dat dit die werk is van bose, slu manne nie, maar dat dit presies ooreenstem met die karakter van God, soos die natuur vir ons leer.  

     Dit lewer bewys van Sy Wysheid, Regverdigheid en Liefde. Verder, die godvrugtige en adelike wetgewer, Moses, ontken dat die wette sy eie was,  en skryf hulle toe aan God (Eks. 24:12; Deut. 9:9-11; Eks. 26:30; Lev. 1:1).  

     In ag geneem sy algemene karakter, en sy opdrag aan die volk om nie valse getuienis te lewer nie, en om skynheiligheid en leuens te vermy, bly die vraag, “Is dit redelik om te veronderstel dat so ‘n man valse getuienis gelewer het en God se sieninge en wette met sy eie vervang het?”  

     Ons moet ook onthou dat ons besig is om die huidige voorbeelde van die Bybel te ondersoek. Daarom  is die integriteit wat dit so kenmerk, ook van toepassing op Moses se opvolgers. 

     Alhoewel daar onder daardie opvolgers slegte manne was, wie hulle eie gewin gesoek het, en nie dié van die volk nie, tog is dit duidelik dat hulle nie met die Heilige Skrifte gepeuter het nie, en hulle is tot vandag toe suiwer.

 

"Take, my brethren, the prophets, who have spoken in the name of the Lord, for an example of suffering affliction and of patience." James 5:10

Elijah1.jpg (12801 bytes)

Elijah Reproves King Ahab

DIE PROFETE VAN DIE BYBEL

     Ons gaan nou vinnig na die algemene karakter van die profete van die Bybel en hulle getuienisse kyk. Dit is opmerklik dat die profete, met net ‘n paar uitsonderings, nie in die priesterlike klas was nie, en dat hulle profesieë in hulle dae, aan die degenereerende en onbestendige priesterdom en die volk wat na afgodery geneig het, algemeen aanstootlik was.  

     Die kern van hulle boodskappe van God aan die volk was gewoonlik berisping vir sonde saam met waarskuwings aangaande komende tugtiging. Deurmekaar gevleg met hierdie, vind ons, so nou en dan, beloftes van toekomstige seëninge nadat hulle van hulle sondes gereinig sou word en na die guns van die Here sou terugkeer. Hulle ondervindinge was grootliks alles behalwe benydenswaardig.  

     Oor die algemeen is hulle beskimp, en baie van hulle is in die tronk gesit en met geweld doodgemaak.  Sien I Konings 18:4, 10, 17, 18; 19:10; Jeremia 38:6; Hebreers 11:32-38. In sekere gevalle is hulle ware karakter as God se profete eers jare na hulle dood erken.  

     Maar hier praat ons van die profetiese skrywers wie se uitlatings wat self beweer om die direkte ingewing van Jehovah te wees.  In hierdie verband is dit goed om te onthou dat daar, in die gee van die wet aan Israel, geen priesterlike inmenging was nie.  Dit is deur God aan die volk, deur die hand van Moses gegee (Eks. 19:17-25; Deur. 5:1-5). 

ReadLaw2A.jpg (4061 bytes)
The Prophets

     Verder, is dit verduidelik dat dit die plig van elke man was, wat gesien het dat die wet oortree is, om die sondaar te berispe (Lev. 19:17). Hierdeur het almal die gesag besit om te leer en te berispe, maar omdat die meerderheid met die sorge van besigheid betrokke was – net soos vandag – en onverskillig en ongodsdienstig geword het, het die minderheid hierdie vereiste vervul deur sonde te berispe en godsvrug te bevorder. 

     In beide die Ou Testament en die Nuwe Testament word hierdie predikers “profete” genoem. Die benaming profeet, soos in die algemeen gebruik, beteken publieke verklaarder.  

     Die publieke leraars van afgodery is ook profete genoem, byvoorbeeld “die Baalprofete” ens.  Sien I Kor. 14:1-6; II Pet. 2:1; Matt. 7:15; 14:5; Neh. 6:7; I Kon. 18:40; Titus 1:12.

Prophets2A.jpg (4455 bytes)

Exhorting the Israelites
to Repentance

Prophets5DebA.jpg (4506 bytes)

Deborah
Reproving and Warning

DanielA.jpg (5177 bytes)

Daniel in the 
Den of Lions

"For the prophecy came not in old time by the will of man: but holy men of God spake as they were moved by the Holy Spirit."
2 Peter 1:21

     Profeteering, in die algemene sin van onderrig, het later onder ‘n sekere klas, gewild geword, en het in Fariseïsme ontaard, waar, instede van God se gebooie, die oorlewering van die Ou Volke geleer is. Hierdeur is die waarheid gedwaasboom, en hulle het valse profete of valse leraars geword (Matt. 15:2-9).

     Uit hierdie groot klas wat false profete genoem word, het Jehova, op verskillende tye, sekere van hulle uitgekies.  Hy het hulle spesiaal volmag gegee om boodskappe af te lewer. Sommige van hierdie boodskappe het oor die destydse gebeurtenisse gegaan, en ander oor toekomstige gebeurtenisse. 

     Ons gee nou spesiale aandag aan hierdie tweede klas, wie gespreek en geskryf het soos hulle deur die Heilige Gees geroer is.  Hulle mag, met juistheid, soos volg benoem word:

 

Prophets3A.jpg (3842 bytes)
Prophets of God

PROFETE OF SIENERS WAT DEUR 
GOD BEMAGTIG IS

     Wanneer ons onthou dat hierdie profete hoofsaaklik leke was, en geen ondersteuning van die priesterlike tiendes ontvang het nie, word dit duidelik dat dit onredelik van ons sou wees om te besluit dat hierdie profete party was by enige priesterlike verbintenis – of ander – om valshede in die Naam van God te vervaardig.  

     Daarby moet ons in ag neem dat hulle dikwels konings en regters en ook priesters (die persoonlike sondes van die manne wat die amp gevul het, en nie die amp self nie), moes berispe.  In die lig van die feite, weerspreek die verstand so ‘n argwaan.

The link between the Old and New Testaments

     As ons dan geen rede kan vind om die motiewe van die verskillende skrywers van die Bybel te betwyfel nie, maar vind dat die gees van sy verskeie dele regverdigheid en waarheid is,  laat ons dan nou aangaan om te verneem of daar enige skakel of verband van eenhied tussen die opgawe van Moses, dié van die ander profete, en dié van die Nuwe Testament skrywers bestaan.  

     As ons een gemene gedagterigting wat regdeur die Wet, die Profete en die Nuwe Testament deurvleg is, en wat daardeur ‘n tydperk van 1,500 jaar dek – die karakter van die skrywers in ag neem –  kan identifiseer, sal dit ‘n goeie rede wees om hulle bewering dat hulle goddelik geïnspireer is, te aanvaar.  

     Dit is veral belangrik as die tema wat hulle almal met mekaar in gemeen het, ‘n groot en adellike een is, en wat ooreenstem met wat die geheiligde gesonde verstand, aangaande die karakter en eienskappe van God leer.

The Bible has one plan, one spirit, one aim, and one purpose

Bible34A.jpg (2713 bytes)
The Wycliffe Bible

The Bible contains more than morals, maxims, and words of comfort.

The Bible was written by many pens at various times under different circumstances.

     Ons bevind juis dit: Een plan, gees, strewe en doelwit deurdring die hele boek. Sy openingsbladsye noteer die skepping en die val van die mens.  Sy sluitingsblaaie vertel van die mens se herstel van daardie val, en die tussenblaaie verkondig die agtereenvolgende stappe van die plan van God vir die totstandbrenging van die doelwit.  

     Die harmonie, tog kontras, tussen die eerste drie en laaste drie hoofstukke van die Bybel is merkwaardig.  Die een beskryf die eerste skepping,  terwyl die ander die hernude of herstelde skepping, met die verwydering van sonde en die gepaardgaande strafvloek beskryf.  

     Die een wys hoe Satan en boosheid die wêreld binnedring om te verlei en te vernietig, terwyl die ander wys hoe sy werk tot niet gemaak is, en diegene wat vernietig was, herstel is, die bose geblus en Satan vernietig.  Die een wys die heerskappy wat deur Adam verloor is.  

     Die ander wys hoe dit herstel is, en vir altoos deur Christus gevestig is, en hoe God se wil op aarde en in die hemel geskied. Die een wys hoe sonde die oplewerende oorsaak is van verslegting, skande en die dood. Die ander wys hoe heerlikheid, eer en die lewe die beloning van regverdigheid is.

     Alhoewel die Bybel deur baie penne, teen velerleie tydstippe, en onder verskillende omstandighede geskryf is, is dit nie maar net ‘n versameling van morele voorskrifte, wyse grondstellings en woorde van vertroosting nie.  Dit is baie meer.  

     Dit is ‘n verstandige, filosofiese en harmoniese verklaring van die oorsake van die huidige boosheid in die wêreld, die enigste redmiddel daarvoor, en die finale uitslae soos deur Goddelike wysheid gesien, Wie die einde van die plan, voor die begin daarvan, gesien het, en wat die weg van God se volk gebaan het, en hulle met uitermatig grootse en kosbare beloftes wat mettertyd geopenbaar sou word, hoog gehou en versterk het.

There is the redemption theme...

Jesus9Stripesa.jpg (3594 bytes)

"...with his stripes we are healed."
Isaiah 53:5

 

Jesus24APilate.jpg (4482 bytes)
Before Pilate

Jesus24Nailed.jpg (6421 bytes)

Jesus48Resurrection.jpg (4332 bytes)
Jesus' Resurrection

     Die lering in Genesis, dat die mens, deur een verteenwoordiger in ‘n toestand van oorspronklike volmaaktheid, getoets is en geval het, en dat die huidige gebrekke, siekte en dood die gevolge daarvan is, maar dat God hom nie verlaat het nie, en dat Hy hom ten laaste, deur die Saligmaker wat deur ‘n vrou gebaar is (Gen. 3:15), sal herstel, word regdeur bewaar en uitgebou.  

     Die noodsaaklikheid van die dood van ‘n Verlosser, as ‘n offer vir sondes, en van Sy regverdigheid as ‘n bedekking vir ons sondes, word deur die kleding van velle vir Adam en Eva, aangestip.  So ook deur die aanvaarding van Abel se offer, Isaak op die altaar, die dood van verskeie slagoffers waardeur die stamvaders toegang tot God gehad het, en daardie wat onder die wet ingestel is en dwarsdeur die Joodse tydperk perpetueer is.  

     Alhoewel oppervlakkige begrip teenoor die betekenis van sekere van hulle uitsprake aan die profete toegeskkryf is (I Pet. 1:12), maak hulle melding van die neerlê van sondes op ‘n persoon instede van op ‘n stomme dier, en in ‘n profetiese visioen sien hulle vir Hom wat die ras sou verlos Soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word sodat die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sywonde het daar vir ons genesing gekom.  

     Hulle het Hom uitgebeeld as  verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid, en verklaar: die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laatneerkom. (Lees die stuk Jes. 53:3-7.) 

     Hulle het voorspel waar hierdie Verlosser gebore sou word (Miga 5:1), en wanneer Hy sou sterf, met die versekering dat dit nie vir Homself sou wees nie (Dan. 9:25,26). 

     Hulle meld verskeie besonderhede aangaande Hom – dat Hy “regverdig” en sonder “bedrog” “geweld” of enige regverdige oorsaak van die dood was (Jes. 53:8,9,11); dat Hy vir dertig sikkels silwer verraai sou word (Sag. 11:12); dat Hy, by Sy dood, saam met die oortreders getel sou word (Jes. 53:12): dat nie een van Sy bene gebreek sou word nie (Psa. 34:21; Joh. 19:36); en dat, alhoewel Hy sou sterf en begrawe word, sou Sy vlees nie verderwing sien nie, en Hy nie in die graf sou bly nie (Psa. 16:10; Hand. 2:31).

The ransom price...

Jesus6A.jpg (5209 bytes)

     Die skrywers van die Nuwe Testament verklaar duidelik en kragtig en tog eenvoudig, die vervulling van al hierdie voorspellings in Jesus van Nasaret.  Deur logiese redenasie het hulle ook bewys dat die losprys wat Hy betaal het, nodig was om die sondes van die wêreld uit te wis, en al lankal in die Wet en die Profete voorspel is (Jes. 1:18).  

     Hulle lê die hele plan op ‘n baie logiese en kragtige wyse uit, en doen geen beroep op die vooroordeel of  geesdrifte van hulle hoorders nie.  Hulle het alleenlik op die ingeligte verstand staatgemaak, en het van die mees merkwaardig noulettend en oortuigende redenasie gelewer wat enige plek op enige onderwerp gevind kan word.  Lees Romeine 5:17-19, en vorentoe tot by die twaalfde hoofstuk.

The blessing
for ALL...

Scales2B.jpg (14516 bytes)

     In die Wet, het Moses nie alleenlik na ‘n slagoffer verwys nie, maar ook na die uitwissing van sondes en die seën van die volk onder hierdie heerlike Verlosser, wie se krag en gesag, het hy geskryf, geweldig sy eie sou oortref, alhoewel dit “soos jy is” (Deut. 18:15,19).  

     Die beloofde Verlosser sou nie Israel alleen seën nie, maar deur Israel,  en in jou en jou nageslag sal al die geslagte van die aarde geseën word. (Gen. 12:3; 18:18; 26:4; 28:14).  

     En ongeag die bevooroordeling van die Joodse volk tot die teenoorgestelde, het die profete in dieselfde rigting volgehou, en verklaar dat Hy die Messias U gemaak tot ‘n lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde.  (Jes. 49:6; Luk. 2:32).  

     Die doel was dat die nasies na Hom van die eindes van die aarde af kom (Jer. 16:19) sodat Sy Naam groot onder die heidene sou wees (Mal. 1:11).  En die heerlikheid van die HERE sal geopenbaar word, en alle vlees tesame sal dit sien:  (Isa. 40:5) Lees ook Jes. 42:1-7.

The selection of a "little flock"...
Jesus17SheepA.jpg (4119 bytes)

     Die skrywers van die Nuwe Testament verklaar dat hulle ‘n Goddelike salwing besit het, wat hulle vermag het om die vervulling van die profesies aangaande die offer van Christus te besef.  

     Alhoewel hulle, as Jode, bevoordeeld was om te dink dat al die seëninge tot hulle eie volk beperk was (Hand. 11:1-18), was hulle in staat gestel om te sien dat, alhoewel hulle nasie geseën sou word, al die families van die aarde ook geseën sou word, saam met, en deur, hulle.  

     Hulle het ook gesien dat, voor, óf Israel, óf die wêreld, geseën sou word, sou ‘n „klein kuddetjie“ uitgekies word – uit albei Jodene en Heidene.  Hulle sou getoets en waardig gevind word om mede erfgename van die heerlikheid en eer van die Heerlike Verlosser te wees.  Hulle sou ook met Hom die eer om Israel en al die nasies te seën, deel (Rom. 8:17)

     Hierdie skrywers verwys na die harmonie tussen hierdie siening en wat in die Wet en die Profete geskryf is. Die grootsheid  en breedte van die plan wat hulle voorstel, voldoen  uitermatig aan die verhewe begrip van wat dit voorgee om te wees -  ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, (Luk. 2:10).

The Bible tells of Messiah and his kingdom...

 

 

 

And how death and sorrow will be wiped away

     Die gedagte van ‘n Messias wie Heerser van nie net Israel nie, maar ook van die wêreld, soos in die boeke van Moses voorgestel, is die tema van al die profete.  Die gedagte van die koninkryk was ook in die leringe van die Apostels bo-op, en Jesus het ons geleer om “Laat U koninkryk kom“ te bid. Hy het ook aan diegene wat eers vir die waarheid sal ly, en daardeur hulself waardig bewys, ‘n aandeel daarin belowe.

     Hierdie hoop op die komende heerlike komninkryk het al die getroues moed gegee om vervolging te verduur, en om verwyte, ontneming en verlies – tot die dood toe – te verdra. 

     En in die groot allegoriese profesie aan die einde van die Nuwe Testament, die Waardige “Lam wat geslag is“ (Open. 5:12), die waardige “oorwinnaars“ wie Hy konings en priesters in Sy koninkryk sal maak, en die beproewinge en hindernisse wat hulle moet oorwin om waardig te wees om daardie koninkryk te deel, word almal getrou uitgebeeld.  

     Daarna word die simboliese voorstelling van die seëninge wat in die Duisendjarige heerskappy aan die wêreld ingereken sal word, voorgestel. Satan sal gebind word, en die Adamse dood en droefheit uitgewis word, en al die nasies van die wêreld sal in die lig van die hemelse koninkryk – die Nuwe Jerusalem – wandel.

The Bible gives the hope of the resurrection...

ISTombIn.jpg (3504 bytes)
Interior of
Jesus' Tomb

 

 

Jesus7EstellePlanet.jpg (14878 bytes)
"...in Christ shall all be made alive"

     Van die begin af tot die einde toe bied die Bybel ‘n leerstelling aan wat nêrens anders voorkom nie – ‘n toekomstige lewe vir dooies sal deur die OPSTANDING VAN DIE DOOIES kom. Dit is in teenstelling met die leringe van al die heidense godsdienste.  

     Al die besielende skrywers het hulle vertroue in Verlosser uitgedruk, en een het verklaar dat “in die môre” wanneer God hulle uit die grafkelders sal roep, en hulle voort sal kom, sal die goddelose nie meer die heerskappy van die aarde besit nie, omdat  die opregtes heers oor hulle in die môre; (Psa. 49:14). 

     Die opstanding van die dooies word deur die profete geleer, en die skrywers van die Nuwe Testament baseer al hulle hoop op ‘n toekomstige lewe en seën, daarop.  Paulus stel dit so: 

     1 Co 15:13-22 As daar geen opstanding van die dode is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie.  En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof; ..... dan is ook die wat in Christus ontslaap het verlore..... Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het ........ Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;

The Old Testament is confirmed by the New Testament writers, written 2,000 years apart, as well as by other Old Testament writers.

 

Bible35A.jpg (2780 bytes)
Dead Sea Scrolls

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Jesus16HealingB.jpg (24224 bytes)
Jesus Healing

 

     Soos met ‘n horlosie, wie se baie wiele eers as oortollig beskou mag wees, maar wie se stadigste wiele onontbeerlik is, so ook met die Bybel - wat uit baie dele bestaan, en deur baie penne voorberei is.  Dit is een volledig en eensgesinde heel. 

     Nie een enkele deel is oortollig nie, en alhoewel sekere dele meer aktiewe en prominente rolle speel as ander, is almal nuttig en noodsaaklik. Onder die “gevorderde denkers“ en “verhewe teoloë“ van ons dag, word dit nou gewild om baie van die “wonderwerke“ van die Ou Testament ligtelik op te neem of te ontken (as hulle hulle nie ignoreer nie), en noem hulle ”ou vrou stories.“   

     Onder hierdie is die verhale van Jona en die groot vis, Noag en die ark, Eva en die slang, die son wat stilgestaan het toe Josua dit so beveel het, en Bileam se esel wat gepraat het.  Dit wil voorkom of hierdie wyse manne die feit oorsiendat die verskeie dele van die Bybel so verweef en vereenig is dat, om hierdie wonderwerke daaruit te ruk, of om hulle in tywyfel te trek, sal so goed wees as om die hele Bybel te diskrediteer. Ons moet een ding weet. 

     As die oorspronklike weergawes fals is, dan is die mense wat dit vertel het óf leuenaars, óf self bedrieg is.  In ieders geval sal dit vir ons onmoontlik wees om hulle getuienis as Goddelik ingewing te aanvaar.  Om die wonderwerke wat gemeld is, uit die Bybel te verwyder, sou die getuienis van sy hoofskrywers ongeldig maak – bowendien dié van onse Here Jesus.  Die verhaal van die val is deur Paulus beaam (Rom.5:17); so ook Eva se verleiding deur die slang (II Kor. 11:3; I Tim. 2:14).

     Sien ook die Here se verwysing na die laasgenoemde in Openbaring 12:9 en 20:2.   Die stilstand van die son by die vernietiging van die Amoriete, as bewys van die mag van die Here, is klaarblyklik ‘n tipe van die krag wat in die toekoms vertoon gaan word – op daardie  ”dag van die Here“ deur die hand van Hom wat Josua getipeer het.  

     Hierdie word deur drie profete bevestig, naamlik Jes.28:1; Habak.2:1-3, 13,14; en 3:2-11; Sag.14:1,6,7.  Die verhaal van die esel wat gespreek het word deur Judas (Judas:11) en Petrus (II Pet.2:16) bevestig.  En ons Groot Leermeester bevestig die verhale van Jona en die groot vis, en van Noag en die sondvloed (Matt.12:40; 24:38,39; Luk. 17:26). 

     Sien ook I Pet.3:20.  Waarlik, hierdie wonderwerke is niks groter as dié wat deur Jesus en Sy apostels verrig is – soos die water wat in wyn verander is, die genesing van siektes, ens.   As wonderwerk, was die ontwaking van die dooies die mees wonderlik van almal.

To eliminate the miracles from the Bible would invalidate the testimony of its principal writers.

Noah2A.jpg (3652 bytes)
NOAH
Genesis 6 and 7 -
Matthew. 24:38

Jonah.jpg (3252 bytes)
JONAH
Jonah 1:17 -
Matthew 12:40


ADAM AND EVE
Genesis 2:7,19 -
1 Corinthians 15:45

JoshuaA.jpg (5235 bytes)
JOSHUA
Joshua 10:12 -
Isaiah 28:21, 
Habakkuk 3:11,
Zechariah 14:1,6,7

BalaamA.jpg (5093 bytes)
BALAAM
Numbers 22 and 31:16 -
2 Peter 2:15,16 
& Jude 11

PK2SeedsA.jpg (5982 bytes)
Seeds grow –
we cannot tell how... nor can the wisest philosopher explain the miracle.

     Hierdie wonderwerke, wat vandag in ons ervaring ongewoond is, is daagliks om ons ewewydig, maar omdat hulle so algemeen is, word hulle nie deur ons opgemerk nie.  Die voortplanting van lewendige organismes – óf van dier óf van plant – is buite ons begrip, sowel as buite ons mag, en daarom wonderbaarlik.  

     Ons kan die uitvoering van die beginsel van die lewe sien, maar ons kan dit nie verstaan of produseer nie.  Ons plant twee sade langs mekaar.  Die toestande, lug, water en grond is identies.  Hulle groei, maar ons kan nie sê hoe nie.  

     Die verstandigste filosoof kan hierdie wonderwerk nie uitklaar nie.  Hierdie sade ontwikkel in organismes van teenoorgestelde neigings.  Een kruip terwyl die ander regop staan. Hulle verskil in vorm, blom en kleur.  Alles verskil alhoewel die toestande identies is.  Sulke wonderwerke raak vir ons algemeen, en, soos ons die verwondering van ons kinderjare varlaat, hou ons op om hulle as wonderwerke te beskou.  

     Maar tog openbaar hulle ‘n mag net soveel groter as ons s’n, en net soveel buite ons beperkte verstand, as die paar wonderwerke wat, vir spesiale doeleindes en opsetlike illustrasies van die Almag en vermoë van die Groot Skepper om elke hindernis te oorval, en om Sy wil te laat geskied,  in die Bybel opgeskryf is.  Dit sluit in die belofte aan ons van opstanding uit die dode uit, die vernietiging van die bose, en die uiteindelike heerskappy van nimmereindigende regverdigheid.

Hourglass2A.jpg (2968 bytes)

     Hier sluit ons ons betoog af.  Elke stap is deur verstand getoets. Ons het gevind dat daar ‘n God is, ‘n opperste, verstandige Skepper in Wie wysheid, geregtigheid, liefde en mag en volmaakte harmonie bestaan.  Ons het gevind dat dit redelik is om ‘n openbaring van Sy planne aan Sy skepsels wat bekwaam is om hulle te waardeer en daarin belang te stel, te verwag. 

     Ons het gevind dat die Bybel, wat verklaar dat dit daardie openbaring is, oorweging waardig is.  Ons het die skrywers daarvan en hulle moontlike doelwitte, in die lig van hulle boodskappe, geondersoek.  Ons was verbaas, en ons verstand het vir ons vertel dat sulke wysheid, gepaard met sodanig groot reinheid van beweegrede, nie die geslepe plan van slu manne vir selfsugtige doele, was nie.  

     Die verstand het aangespoor dat dit baie meer waarskynlik is dat sulke regverdige en weldadige sentimente en wette van God moet wees, en nie van die mens nie.  Dit het ook aangedring dat hulle nie die werk van skelm priesters kon wees nie.  

     Ons het die harmonie van die getuienis rondom Jesus gesien, Sy losprys-opoffering, en die opstanding en die seën van almal in Sy heerlike koninkryk hierna, as die uitslag. 

     Die verstand het ons oortuig dat ‘n plan wat so groot en alomvattend is, en wat verby alles is wat ons andersins rede het om te verwag, maar wat tog op sulke redelike gevolgtrekkings gebaseer is, die plan van God wat ons soek moet wees. Dit kan nie sommer die uitvindsel van die mens wees nie omdat, selfs wanneer dit geopenbaar word, is dit amper te groot om deur die mens geglo te word.

The Bible’s own testimony convinces us that God is its Author

 

Bible6.jpg (8473 bytes)

     Toe Columbus die Orinocorivier ontdek het, het iemand gesê dat hy ‘n eiland gevind het. Sy antwoord was: Geen rivier soos hierdie vloei van ‘n eiland af nie. Hierdie magtige stortvloed moet die waters van ‘n vasteland dreineer.” 

     Op soortgelyke wyse oortuig die diepte en mag en wysheid en bestek van die Bybel se getuienis vir ons dat nie ‘n mens nie, maar Almagtige God die Outeur van sy planne en openbaringe moet wees. Ons het maar vlugtig na die oppervlakeise van die Skrifte dat hulle van Goddelike oorsprong is, gekyk, en hulle redelik bevind. 

     Die hoofstukke wat hierdie een opvolg sal verskeie dele van God se plan ontplooi, en sal, so vertrou ons, aan  elke openhartige verstand genoegsame bewys gee dat die Bybel ‘n Goddelik-geïnspireerde openbaring is, en dat die lengte en breedte en hoogte en diepte van die plan wat dit ontplooi, die Goddelike karakter, wat voorheen maar vaag begryp is, maar wat nou in die lig van die aanbreekende Duisenjarige Dag, meer duidelik gesien is, heerlik weerspieël.

 

WAARHEID MEES WAARDEVOL

Groot waarhede word duurgekoop. Die algemene waarheid.
Soos wat die mens gee en vat, dag na dag,
Kom in die algemene wandel van gemaklike lewe, 
Deur die sorglose wind oor ons weg gewaai.

Groot waarhede word duur gewen; nie per toevalnie,
Ook nie op die asem van ‘n somersdroom gesweef nie;
Maar in die groot worstelling van die siel gegryp, 
Harde stamperydeur teengestelde wind en stroom.

Soms, tussen konflik, gewoel, vrees en droefheid,
Wanneer die groot hand van God, in mag uitgestrek,
Die ondergrond van die stilstaande siel omploeg,
Dit bring verbergte waarheids-sade na die lig.

Nie in die algemene mark nie, tussen koring en wyn nie;
Nie in die handelsware van goud en edelstene nie;
Nie in die wêreld se vrolike saal van middernag lag nie,
Of tussen die gloed van koninklike diademe nie;

Nie in die algemene botsing van menslike geloofsbelydenisse nie
Of in die handelsware tussen kerk en wêreld nie,
Is die skone skat van die waarheid gevind, tussen drabok en onkruid
Ook nie haar skone bannier in hulle midde ontvou nie.

Waarheid spring soos die oes van goedgeploegde lande,
Belonend aan geduldige geswoeg,en geloof en ywer.
Aan die wat haar so soek,bring sy ewig voort
Haar rykste skatte vir hulle voortdurende welvaart.

Gleaners.jpg (23530 bytes)

 

To Return to Home Page click on Chart

HomeSymbol.jpg (6039 bytes)

Send E-Mail to