CH3WorldsEpochs.gif (7271 bytes)

DIE EPOGGE EN DISPENSASIES
IN DIE ONTWIKKELING VAN DIE 
GODDELIKE PLAN UITGEKEN

Studie 4

wpe740.jpg (5709 bytes)

– GOD SE PLAN BESLIS EN SISTEMATIES 
– DRIE GROOT EPOGGE VAN DIE WęRELD SE GESKIEDENIS
– HULLE KENMERKENDE EIENSKAPPE 
– “DIE WęRELD VERTOEF  VIR EWIG” 
– DIE KOMENDE WęRELD, DIE NUWE HEMELE EN AARDE 
– ONDERVERDELINGS VAN HIERDIE GROOT EPOGGE 
– DIE BELANGRIKE KENMERKE VAN GOD SE PLAN
   HIERDEUR  GEOPENBAAR 
– ERKENDE ORDER BRING HARMONIE IN DIE LIG 
DIE WOORD VAN DIE WAARHEID REG SNY.

 

God’s finished work will declare his infinite wisdom and power

 

 

God’s dealings
with men are not haphazard

     Net soos sommige mense die vaardighede en wysheid van ’n groot argitek deur sy onvoltooide werk oordeel,  so ook – in hulle onkunde - beoordeel baie vir God verkeerd deur Sy onvoltooide werk.  

     Maar in die toekoms, wanneer die skurwe steiers van die bose – wat vir die mens se dissipline toegelaat is, en wat uiteindelik vir sy beswil kragteloos gemaak gaan word – verwyder word, en die vullis uit die weg ontruim is, sal God se voltooide werk Sy oneindige wysheid en krag węreldwyd verklaar.  Dan sal dit gesien word dat Sy planne met Sy glorieryke karakter in harmonie is.

     Omdat God vir ons vertel dat Hy  beslis ‘n vaste doelwit het, en dat al Sy doelwitte vervul gaan word, betaam dit ons – as Sy kinders – om naarstiglik navraag aangaande wat daardie planne behels te doen, sodat ons daarmee in harmonie kan kom.  Let op hoe nadruklik Jehova die onbuigbaarheid van Sy planne bevestig: Isa. 14:24-27; 46:9-11

God1.jpg (7649 bytes)

“Die HERE van die leërskare het gesweer en gesę: Waarlik, soos Ek gedink het, so gebeur dit; en soos Ek besluit het, kom dit tot stand:...  want die HERE van die leërskare het dit besluit—wie sal dit kan verydel? En sy hand is uitgestrek—wie sal dit kan afkeer? ...  dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie;... My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen; … soos Ek dit gespreek het, sal Ek dit ook laat kom; Ek het dit voorberei, Ek sal dit ook doen.”

     Daarom, al blyk God se onderhandelinge met die mens hoe gevaarlik of geheimsinnig, moet diegene wat hierdie getuienis van Sy Woord glo, erken dat Sy oorspronklike en onbuigbare plan van die begin af sistematies tot vervulling gevorder het, en dat dit nou nog op koers is.

DarknessA.jpg (4511 bytes)

"For, behold, the darkness shall cover the earth, and gross darkness the people..."
  Isaiah 60:2

     Terwyl die groot meerderheid van die mensdom – wat in die donkerte van onkunde rondtas – vir die eintlike ontplooiing van God se plan moet wag, voor hulle die heerlike karakter van die Goddelike Argitek kan waardeer, is dit die voorreg van die kind van God om deur die geloof, en deur die lig van Sy lamp van die voorgespelde wonders van die toekoms, te kan sien.  

     Daardeur kan ons die onderhandelinge van die verlede en die hede – wat andersins duister is – sien.  Daarom, omdat ons belangstellende seuns van God is, en erfgename van ‘n beloofde erfenis, verwys ons na ons Vader se Woord sodat ons – uit die planne en spesifikasies wat daarin gegee word – Sy doelwitte verstaan.  

     Hieruit leer ons dat God se plan – wat die mensdom betref – drie groot tydperke oorbrug.  Dit begin met die skepping van die mens, en strek tot die oneindigende toekoms.  Petrus en Paulus noem hierdie tydperke drie węrelde”.  Hulle word in die volgende diagram uitgebeeld.

History can be divided into three great periods of time

GROOT EPOGGE WAT WęRELDE GENOEM WORD

CH3WorldsAA.gif (6840 bytes)

WęRELD WAT WAS

TEENWOORDIGE BOSE WęRELD

TOEKOMSTIGE WęRELD

   

Die Toenmalige Węreld”
2 Peter 3:6

     Hierdie drie groot epogge verteenwoordig drie onderskeie manifestasies van Goddelike voorsorg.  Die eerste een – van die skepping tot die Sondvloed – was onder die bediening van die engele, en word deur Petrus  

Die Toenmalige Węreld” 
genoem. 
(II Pet. 3:6).

”Die Teenwoordige Bose Węreld”
Galatians 1:4

     Die tweede groot epog, van die Sondvloed tot by die bevestiging van die Koninkryk van God, is onder die beperkte beheer van Satan, (die owerste van hierdie węreld), en word daarom 

”Die Teenwoordige Bose Węreld”
 
genoem 
(Gal.1:4; II Pet. 3:7).

Die toekomstige węreld”
  Hebrews 2:5

     Die derde sal ‘n węreld wees vir alle ewigheid (Jes. 45:17).   Dit sal onder Goddelike bediening wees – die koninkryk van God, en word 

Die toekomstige węreld” 
genoem.
 
(Heb.2:5; II Pet. 3:13).

The Three Worlds
CH3WorldsEpochs.gif (7271 bytes)
1st    2nd    3rd

     Die eerste van hierdie tydperke, of “węrelde”, onder die bediening van engele, was ‘n mislukking.  Die tweede, onder die heerskappy van Satan, die oorweldiger, is sowaar ‘n “bose węreld”.  Maar, die derde sal ‘n era van regverdigheid en seëning wees vir al die families van die aarde.

Evil has been permitted to dominate
"THE PRESENT EVIL WORLD"

Doctor.jpg (3395 bytes)
Sickness

wpe647.jpg (4459 bytes)
Death Bed

     Die laaste twee van hierdie “węrelde” word mees pertinent gemeld, en die relevante verklarings daaromtrent is in sterk teenstelling.  Die huidige, of tweede, tydperk, word “die teenwoordige bose węreld” genoem, nie omdat daar niks goeds daarin is nie, maar omdat die bose word daarin toegelaat om te heers. 

“En nou prys ons die vermeteles gelukkig; nie alleen word die wat goddeloosheid bedrywe, gebou nie, maar hulle versoek God en raak vry“ Mal. 3:15.

     Die derde węreld of epog word ook genoem nuwe aarde (Toekomstige węreld) -  waarin geregtigheid woon“ (II Pet. 3:13) – nie omdat daar geen bosheid teenwoordig is nie, maar omdat die bose nie die oorhand sal  hę nie.  

     Die uitwissing van boosheid sal geleidelik wees, en sal die hele eerste duisend jaar neem.  Die bose sal nie daar heers nie.  Dit sal nie floreer nie. Die tyd waar die bose sal floreer sal verby wees.  Inteendeel,

“In sy dae sal die regverdige bloei” 
(Psa. 72:7), hulle 

„sal ... die goeie van die land eet,“ 
(Jes. 1:19), en 

“die kwaaddoeners sal uitgeroei word“  
Psa. 37:9.

 

 

Steven.jpg (13526 bytes)
Stoning of Steven

     In hierdie lig gesien, sal die volgende dispensasie so anderste wees dat dit, in elke opsig, heeltemal die teenoorgestelde van die huidige een sal wees.  Ons Here se woorde wys vir ons waarom daar ‘n verkil tussen die huidige en toekomstige dispensasies gaan wees.  

     Die rede is dat Hy die Prins of Heerser van die toekomstige węreld sal wees.  Dit sal in regverdigheid en waarheid floreer.  Daarby, omdat Satan die prins (heerser) van die huidige bose węreld is, bloei die boosheid en floreer die bose.  

     Die rede is, soos Jesus gesę het, “die owerste van hierdie węreld kom en het aan My niks nie.“ (Joh. 14:30)  Gevolglik, het Satan geen belangstelling in Sy volgelinge nie, behalwe om hulle teen te staan, versoek, vererg en stamp (Joh. 14:30; II Kor. 12:7).  

     Die gevolge is dat, in hierdie teenwoordige bose węreld, of epog, wie ook al vroom wil lewe, onder vervolging sal ly terwyl die bose  soos ‘n groen inlandse boom sal floreer (Psa. 37:35; II Tim. 3:12).

Jesus said, "My kingdom is not of this world"
John 18:36

Satan rules now –
He is "The god
of this world."
2 Corinthians 4:4

     Jesus het gesę, “My koninkryk is nie van hierdie węreld nie;“ (Joh. 18:36), en totdat die era of “toekomstige węreld” wel aanbreek, sal Christus se koninkryk nie die aarde beheer nie.  

     Dit is die rede dat ons geleer word om te hoop en bid ”Laat U koninkryk kom. Laat U wil geskied, soos in die hemel, net so ook op die aarde.”  Satan is die owerste van “die węreldheersers van die duisternis van hierdie eeu.“ (Efes. 6:12). 

     Daarom sal “duisternis ... die aarde oordek en donkerheid die volke;“ (Isa. 60:2).  

     Hy regeer en werk op die oomblik in die harte van die kinders van ongehoorsaamheid. (Efes. 2:2; 6:12).

"...the kingdoms of this world are become the kingdoms of our Lord and of his Christ; and he shall reign for ever and ever."
Revelation 11:15

Jesus7A.jpg (3410 bytes)

     Daar moet ‘n sekere, baie belangrike deel van die Groot Argitek se plan vir die mensdom se saligheid wat nog nie ten volle ontwikkel is nie, wees – anders sou die nuwe prins en nuwe dispensasie al lankal ingestel gewees het.  

     Die rede waarom dit vir ‘n bepaalde tyd uitgestel is, asook die wyse van verandering van die huidige heerskappy van boosheid onder Satan na dié van geregtigheid onder Christus, is punte van belangstelling wat hierna meer volledig verduidelik gaan word.  

     Dit is solank voldoende om te sę dat die koninkryke van die węreld, vir die huide aan Satan onderdanig, op die gepaste tyd, die koninkryke van onse Here en Sy Christus word (Openb. 11:15).  Die samehang dui aan dat die verandering deur ‘n algemene tyd van moeilikheid tot stand gebring gaan word.  

     Met verwysing hierna het Jesus gesę (Mar. 3:27), “Niemand kan in die huis van ‘n sterk man ingaan en sy goed roof as hy nie eers die sterk man boei nie; en dan sal hy sy huis berowe.“  

     Ons leer hierdeur dat Satan eers gebind, bedwing en onttroon moet word, voor Christus se heerskappy  van geregtigheid en vrede kan vestig. Hierdie bind van Satan word gevolglik aangewys as die eerste werk van die nuwe dispensasie (Openb. 20:2).

 

Heavens –
Powers of spiritual control

Earth –
Human governments and social arrangements

"...we according to His promise, look for a new heavens and a new earth, wherein dwelleth righteousness."
2 Peter 3:13

EarthRedA.jpg (2364 bytes)

     Dit moet onthou word dat die aarde die basis is van al hierdie “węrelds” en dispensasies, en alhoewel die eeue verbygaan, en dispensasies verander, tog gaan die węreld aan - en die aarde bly vir ewig staan“ (Pred. 1:4).  

     In dieselfde simboliek noem Petrus elkeen van hierdie tydperke ‘n afsonderlike hemele en aarde.  Hier simboliseer die woord hemele die hoër of geestelike beheerende magte, en aarde simboliseer menslike regering en maatskaplike skikkings.  Gevolglik is die eerste hemele en aarde – of die bedeling en skikking van dinge wat toe bestaan het – deur die sondvloed beëindig omdat hulle doel bereik was.  

     Maar die fisiese hemele (uitspansel en atmosfeer), en die fisiese aarde, het nie verbygegaan nie.  Hulle het aangebly.  Eweneens sal die huidige węreld (hemele en aarde) met ‘n groot geraas, vuur,  en smelting – verwarring, moeilikheid en ontbinding – verbygaan.  Die sterk man (Satan) sal, omdat hy gebind is, sukkel om sy mag te behou.  

     Die huidige bedeling of skikking van heerskappy en die samelewing – nie van die fisiese uitspansel en aarde nie - sal verbygaan.   Die huidige hemele (magte van geestelike beheer) moet padgee vir die “nuwe hemele“ – Christus se geestelike heerskappy.  Die huidige aarde (menslike samelewing wat nou onder Satan se beheer ingerig is) moet (simbolies) smelt en ontbind word.  

     Dit sal aan die begin van “die dag van die HERE“ wat sal “brand soos ‘n oond“ Mal. 4:5,1gebeur.  Daarna kom die “nuwe aarde“, d.w.s samelewing wat in harmonie met die aarde se nuwe Prins, Jesus Christus, herskik is.  

     Regverdigheid, vrede en liefde sal onder die mensdom heers wanneer die huidige skikkings padgegee het vir die nuwe en beter koninkryk. Die basis hiervan sal die strengste geregtigheid wees.

Apostle Paul and Apostle John saw prophetic visions of
"THE WORLD
TO COME"

 John2.jpg (16231 bytes)
Apostle John
on the
Isle of Patmos

     Paulus het ‘n glimp van die volgende dispensasie gesien.  Hy het dit die “toekomstige węreld” genoem.  Hy vertel dat hy  fisies of geestelik, of altwee – hy was nie seker nie, omdat dit so werklik was - en langs die stroom van tyd tot by die nuwe bedeling in die “nuwe hemel“ – dus die “derde hemel“ “weggeruk“ is.  

     Hy het derhalwe dinge gesien soos hulle onder die geestelike heerskappy van Christus gaan wees.  Hy het dinge gesien wat hy nie mag uitspreek nie (II Kor. 12:2-4). Hierdie dinge is ongetwyfeld dieselfde dinge wat Johannes later gesien het.  Johannes is toegelaat om hulle aan die kerk simbolies te verklaar.  

     Hulle sal verstaan word soos hulle gebeur.  In die openbaring wat deur onse Here op die eiland van Patmos aan Johannes gegee is, is Johannes, in hierdie visioen, deur die Christeneeu gedra.  Hy het die veranderende tonele van kerk en staat gesien, tot by die einde van die huidige bose węreld, of epog. 

     Daar het hy in profetiese visioene Satan gebind gesien.  Hy het ook gesien hoe Christus geheers het, en hoe die nuwe hemel en die nuwe aarde gevestig is, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan (Openb. 21:1).

EEUE OF DISPENSASIES

     Ons kyk nou na die eeue waarin hierdie groot epogge onderverdeel is, soos in die volgende diagram geďllustreer word.

CHDispensationsEpochs.gif (9051 bytes)

DIE HUIDIGE WęRELD TOEKOMSTIGE WęRELD
PATRIAR
GAAL
JOODS EVANG
ELIES
DIE VORIGE WęRELD
MILLEN
NIAA
EEUE

THE FIRST WORLD
was from Adam’s fall to the flood

 

THE SECOND WORLD
started with Noah and included three ages

 

THE THIRD WORLD
starts with Christ’s second advent and has no end

    Die eerste van hierdie groot epogge (węrelde) is nie onderverdeel nie. God se manier om met die mens te handel het in hierdie hele tydperk – van die sondeval tot by die sondvloed – nie verander nie.  God het Sy wet aan die mens gegee, in sy einste natuur geskrewe.  

     Maar, nadat hy gesondig het, het Hy die mens gelos om sy eie gang te gaan.  Die koers wat die mens gevolg het was afwaarts, en “altyddeur net sleg.“ (Gen. 6:5) God se plan vir die mens was dat hy hierdeur sy dwaasheid sou besef, en dat die wysheid van God om volslae gehoorsaamheid te vereis, geopenbaar sou wees. 

     Daardie dispensasie het met ‘n oorstroming tot ‘n einde gekom.  Dit het almal behalwe getroue Noag en sy gesin weggeneem.  Hierdeur het die eerste dispensasie nie net die rampspoedige gevolge van sonde duidelik gemanifesteer nie, maar dit het ook gewys dat die neiging van die sonde afwaarts is. 

     Dit lei tot groter verslegting en ellende, en bewys die noodsaaklikheid van Jehova se tussenvoeging, as die herstel van dit “wat verlore was“ – die mens se staat (Luk. 19:10) ooit tot stand gebring sou word.


Patriarchal Age

 

 

 

Passover.jpg (4528 bytes)
Jewish Age

      Die tweede epog, of  die huidige węreld,” behels drie eeue, elkeen ‘n stap in die plan van God vir die omvergooi van boosheid.  Elke stap is hoër as die vorige een, en dra die plan vorentoe en nader aan die voltooiing daarvan.

     Die derde groot epog – “Die Toekomstige Węreld” – wat die Wederkoms van Christus volg, behels die Duisendjarige Tydperk, of “tye van die wederoprigting van alle dinge.“ 

     Na hierdie kry ons die “eeue wat kom.“  Die besonderhede hiervan is nog nie geopenbaar nie.  Die huidige openbarings handel oor die mens se herstel van sonde, en nie oor die ewigheid van heerlikheid wat volg nie.

    Die eerste eeu in die “huidige węreld” noem ons die Patriargiale Eeu of dispensasie, omdat, gedurende daardie tydperk, het God net met weinige individuë gedeel en hulle begunstig.  Die res van die mensdom het God amper geďgnoreer. 

     Die bevoorregtes was die patriarge Noag, Abraham, Isaak en Jakob.  Elkeen van hierdie blyk om, om die beurt, God se begunstigste te wees.  Met die dood van Jakob het daardie eeu of skikking geëindig.  

     Na Jakob se dood is sy afstammelinge eers  “die twaalf stamme van Israel“ genoem.  Hulle was saam deur God as Sy “uitverkore volk“ erken.  Deur tiperende slagoffers het hulle “’n Uitverkore Geslag“ getipeer, en is van die ander nasies vir ‘n spesifieike doel afgesonder, en daardeur het hulle sekere spesiale voordele geniet.   

     Die termyn wat aan hierdie verskynsel van God se plan, wat hier begin en by die kruis eindig, noem ons die Joodse Eeu, of die dispensasie van die Wet.  Gedurende daardie tydperk het God daardie nasie buitengewoon geseën.  

     Hy het Sy wet aan hulle gegee.  Hy het ‘n spesiale verbond met hulle gesluit.  Hy het die Tabernakel aan hulle gegee, waarin die bewoonende (shekhinah) heerlikheid in Jehova se aanwesigheid as hulle Leier en Koning, tussen hulle in die.

     Allerheiligste verteenwoordig het.  Hy het die profete, en ten slotte Sy Seun, aan hulle gestuur.  Jesus het Sy wonderwerke onder hulle verrig, en hulle persoonlik onderrig.  Hy het self nie na die ander volke gegaan nie, en het Sy dissipels verbied om na die aangrensende nasies te gaan. 

     Mat. 10:5,6 “Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesę: Moenie op pad na die heidene gaan nie,  en moenie ingaan in ‘n stad van die Samaritane nie;  maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel.“  

     Verder het Hy vir hulle vertel, “Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.“ (Mat. 15:24). 

     Hulle het hulle stand as God se uitverkore volk self beëindig toe hulle vir Jesus verwerp en gekruisig het.  Jesus bevestig dit met die woorde wat Hy, vyf dae voor Sy kruisiging, gespreek het.  Hy het gesę, in Mat. 23:38  

”Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat!“

Pentecost2.jpg (15319 bytes)
Gospel Age

     Daar, met die dood van Jesus, het ‘n nuwe eeu begin – die CHRISTEN EEU of EVANGELIE DISPENSASIE, waarin die goeie tyding van regverdiging nie alleenlik aan die Jode nie, maar ook aan alle nasies, aangekondig is, want, deur die genade van God het Jesus Christus namens die hele mensdom gesterf.  

     Gedurende hierdie Evangelie Eeu is daar ook ‘n klas wat na besondere begunstiging geroep is, en aan wie besondere beloftes gemaak is. Hulle is diegene wat, deur die geloof, Jesus Christus as hulle Saligmaker en Here aanvaar het, en wat in Sy voetspore volg.  

     Die verkondiging van die evangelie het vir bykans 1900 jaar, heen en weer oor die hele węreld getrek, sodat dit gesę kan word dat dit in bykans elke nasie in die węreld al gepreek is. ((Dit is in 1886 NC geskryf)).  

     Dit het nie nasies tot bekering gebring nie. Die doel was nie om in hierdie eeu nasies tot bekering te bring nie. Deur die evangelie is hier en daar sekeres uitgesoek om ‘n klein kuddetjie” te wees, soos Jesus in Lukas 12:32 voorspel het.  Dit is die Vader se goedgunstigheid om, in ‘n eeu wat hierdie een volg, die Koninkryk aan hulle te gee.

     Die Huidige Bose Węreld” eindig met hierdie eeu.  Let wel dat, terwyl God die gesag en heerskappy van boosheid toelaat, tot die skynbare benadeling van Sy saak, nietemin het Sy diepgaande begeertes voortdurend, volgens ‘n vaste en besliste plan, gevorder.  Dit het ook presies volgens die volgorder van die seisoene wat Hy bepaal het, gebeur.  

     Aan die einde van hierdie eeu, en teen die aanbreek van sy opvolger, die Duisendjarige Eeu, sal Satan gebind word, en sy mag vernietig. Dit gebeur voor die vestiging van Christus se Koninkryk en die begin van die “toekomstige węreld” waarin regverdigheid woon.

TIChild1.jpg (15517 bytes)
Millennial Age

     Die woord “Millennium,“ wat beteken “‘n duisend jaar,“ word deur algemene aanvaarding gebruik as die naam van die tydperk wat in Openbaring 20:4 gemeld word.  Dit is die duisend jaar van Christus se heerskappy – die eerste eeu van die “toekomstige węreld.”  

     Gedurende die Duisendjarige eeu sal daar ‘n restitusie wees van alle dinge wat deur die sondeval van Adam verloor is (Hand. 3:19-21).  Buitekant sy grens, in die eeue van geluksaligheid wat volg, sal daar geen dood meer wees nie – ook nie droefheid of geween nie.  

     Daar sal ook nie pyn wees nie.  Die eerste dinge sal al weg wees (Openb. 21:4).  God se openbarings stipuleer net tot daar, en daarom kan ons nie verder verduidelik nie.

Each age has its part to accomplish progressively

     Hier het ons maar vlugtig na ‘n loutere oorsig van hierdie plan van die eeue gekyk. Hoe meer ons dit ondersoek, hoe meer sal ons daarin volmaakte harmonie, skoonheid en order ontdek. Elke eeu het sy deel om te volbring, wat ‘n noodsaaklike deel uitmaak van die volledige ontwikkeling van God se plan as geheel. 

     Die plan is progressief, en ontplooi geleidelik van eeu to eeu, opwaarts en vorentoe tot by die pragtige voltrekking van die oorspronklike ontwerp van die Goddelike Argitek ”wat alles werk volgens die raad van sy wil.” (Efes. 1:11) 

Machine.jpg (14744 bytes)
As an intricate machine would confuse a child,
so God’s plan appears confusing to an uninformed mind.

     Nie een van hierdie groot tydperke is of ‘n uur te lank of ‘n uur te kort vir die voltooiing van sy objektief nie. God is ‘n wyse ekonoom, wat tyd en bronne betref, alhoewel Sy bronne oneindig is. Geen mag, hoe kwaadwillig al dit mag wees, kan God se doelwitte vertraag of dwarsboom nie, al is dit vir ‘n enkele sekonde. God werk alle dinge mee – boos sowel as goed – vir die volvoering van Sy wil.

     Sovęr ‘n onopgevoede en ongedissiplineerde verstand betref, wat maar ‘n beperkte insig in die verwikkelde gekompliseerdheid van God se plan het, lyk dit soos anargie, verwarring en mislukking, net soos ‘n verwikkelde masjien vir ‘n klein kind sal voorkom.  

     In sy onvolwasse en onopgeleide verstand is dit onbegryplik, en die teenoorgestelde beweegrigtings van sy wiele en ander dele is totale warboel.  

     Maar volwassenheid en ondersoek sal wys dat die oënskynlike verwarring eintlik pragtige harmonie is, wat goeie resultate meebring.  Maar, voor die kind die werking daarvan verstaan het, was die masjien waarlik net so ’n sukses, soos daarna.  

     Net so, terwyl God se plan suksesvol opereer, nou en oor die eeue van die verlede, het die mens die nodige dissipline ontvang.  Dit is sodat hy nie net die ingewikkelde werking daarvan kan verstaan nie, maar ook die geseënde gevolge daarvan kan ervaar.

"Study to shew thyself approved unto God, a workman that needeth not to be ashamed, rightly dividing the word of truth."
2 Timothy 2:15

Bible16Student.jpg (2762 bytes)

Scriptures that belong to one age, do not always apply to another.

     Soos ons ons studie van die Goddelike plan voortsit, is dit noodsaaklik dat ons hierdie eeue en hulle besondere eienaardighede en doelwitte in gedagte hou, want die plan kan nie in enigeen van hulle op sy eie gesien word nie – net in hulle almal saam.  

     Onthou, ‘n skakel op sy eie maak nie ‘n ketting nie, maar ‘n stuk of wat skakels aanmekaar vorm wel ‘n ketting.  Ons bekom ‘n regte begrip van die hele plan deur  kennis te neem van die onderskeie kenmerke van elke deel.  Hierdeur word ons bemagtig om die Woord van die waarheid reg te sny.

     ‘n Stelling in die Woord wat aan ‘n sekere epog, of dispensasie, behoort, mag nie aan ‘n ander een toegepas word nie, want dinge wat van een eeu gesę word geld nie noodwendig in ‘n ander een nie.  

     Byvoorbeeld, dit sou onwaar wees om te sę dat, in die huidige węreld, die kennis van die Here die hele węreld vul, of dat dit onnodig is om vir jou naaste te sę, Ken die Here (Jes. 11:9; Jer. 31:34).  

     Dit is in hierdie eeu nie waar nie, en kan nie waar wees nie voor die Here se wederkoms, wanneer Hy Sy Koninkryk gevestig het, omdat, regdeur hierdie eeu was daar verleidelike bedrieërye. Ons word ook vertel dat selfs heel teen die einde van die eeu – 

In die laaste dae” (2 Ti. 3:13)  “sal goddelose mense en bedrieërs voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.“  

     Dit is net as gevolg van die Messias se heerskappy gedurende die duisendjarige eeu dat kennis en regverdigheid die aarde sal bedek, soos die waters die seebodem bedek.

     ‘n Soortgelyke misgissing – een wat baie algemeen voorkom – is die stelling dat God se Koninkryk al klaar op aarde gevestig is en oor die aarde heers, en dat Sy wil nou onder al die nasies geskied.  Dit is klaarblyklik baie ver van die waarde af want die koninkryke van hierdie węreld word deur verdrukking, onregverdigheid en bedrog ondersteun, sover die toenemende verstand van die volk dit toelaat.  

     Satan, die huidige ”owerste van hierdie węreld”, moet nog verdring word, en hierdie koninkryke, wat nog onder sy beheer is, moet die koninkryke van onse Here en Sy gesalfdes word. Dit sal plaasvind wanneer Hy Sy groot mag in besit neem en begin te regeer.

     Deur die lig wat nou tussen die huisgenote van die geloof skyn, onderskei ons daardie sisteem en order wat deur die eeue heen die statige stappe van onse God gekenmerk het, en ons word kragtig aan die beeldskone woorde van Cowper herinner.  Hulle is deur ‘n lewende geloof geďnspireer, wat vertrou het terwyl dit nie die Almagtige Jehova kon plaas nie:

 

HY SAL DIT DUIDELIK MAAK

PKGirlBending.jpg (18531 bytes)

God beweeg op ‘n duistere weg, Sy wonders te vermag:
Hy plant Sy voetspore in die see, 
En ry op die storm se mag.

 

Diep in onpeilbare myne Van nimmerfalende vaardigheid,
Hy vergaar Sy skitterende ontwerpe, 
En bewerk Sy soewereine begeerte.

 

Julle vreesbevange heiliges, skep nuwe moed; 
Die wolke wat jule so vrees 
Is deur genade groot, en sal oopbars Met genade op jou hoof.

 

Veroordeel nie die HERE nie deur floue verstand 
Maar vertrou Hom vir Sy genade.
Agter ‘n fronsende voorsorg Skuil daar ‘n glimlaggende gelaat.

 

Sy doelwitte sal vinnig ryp word, 
En elke uur oopvou.
Die botsel mag bitter smaak Maar soet sal die bloem wees.

 

Blinde ongeloof sal seker fouteer, 
En sy werk tevergeefs bekyk.
God is Sy eie vertolker
En Hy sal dit eenvoudig laat lyk.

 

To Return to Home Page
click on Chart

HomeSymbol.jpg (6039 bytes)

Send E-Mail