Die Verborgenheid Wat Oor Die Eeue En Van Geslagte Verhole Is, Maar Nou Aan Sy Heiliges Geopenbaar

Studie 5

TIBrideF1.jpg (3082 bytes)

DIE GLINSTERENDE LIG VAN DIE EERSTE BELOFTE
DIE BELOFTE AAN ABRAHAM
HOOP UITGESTEL
DIE VERBORGENHEID BEGIN BY PINKSTER ONTRAFEL
WAT DIE VERBORGENHEID IS
WAAROM DIT SO LANK VERBORGE GEBLY HET
NOG STEEDS ‘N VERBORGENHEID VIR DIE WęRELD
OP SY TYD AAN ALMAL DUIDELIK
WANNEER DIE VERBORGENHEID KLAAR SAL WEES.

 

TIPermissionEvilF.jpg (4316 bytes)
Cast out of Eden

     Terwyl die mens onder die dissipline van boosheid verkeer het, en nie in staat was om die noodsaaklikheid daarvan te verstaan nie, het God herhaaldelik Sy doelwit uitgespreek om hulle, deur ‘n komende Verlosser, te vernuwe en seën. Maar wie hierdie Verlosser sou wees, het vir 4,000 jaar verborge gebly, en het net aan die begin van die Christeneeu – die Evangelietydperk – begin duidelik geopenbaar word.

     As ons terugkyk na die tyd wanneer lewe en die vreugde van Eden deur ons eerste ouers verbeur is, sien ons hulle onder die regmatige straf van sonde, vol treur en sonder die vaagste hoop, behalwe dié uit die verborge verklaring dat die saad van die vrou die slang se hoof sou vermorsel.  

    Alhoewel dit vir ons, in die lig van daaropvolgende omstandighede, vol betekenis is, was dit vir hulle maar ‘n glimmerende liggie wat baie vaag was. Amper 2000 jaar het verbygerol sonder enige bewys van vervulling.


Abraham and Isaac

     Ongeveer 2000 jaar  daarna het God vir Abraham geroep, en vir hom belowe dat sy nasaad al die families van die aarde sou seën.  Dit het voorgekom asof God aan Sy voorafuitgedrukte doelwit steeds trou gebly het, en dit nou tot vervulling sou bring.

     Tyd het verbygespoed. Die beloofde land van Kanaan was nog nie in sy besit nie. Hy het nog nie nasaad nie. Abraham en Sarah het begin oud word. Abraham het geredeneer dat hy vir God moes help om die vervulling van Sy belofte na te kom.

     Die geboorte van Ismael was die gevolg hiervan.  Abraham se hulp was nie nodig nie, en op die regte tydstip is Isaak, die kind van hoop en belofte, gebore.  Dit het toe gelyk asof die beloofde Een wat oor die nasies sou heers en hulle seën, aangekom het.  Maar nee.  

     Die jare het verbygerol, en God se belofte het waarskynlik gefaal, want Isaak het gesterf, asook sy erfgenaam, Jakob. Maar die geloof van ‘n paar het aan die belofte vasgehou, en is deur God gesteun.

Die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak; wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as ‘n ewige verbond.” (1Ch 16:16,17).

Slavery.jpg (9317 bytes)
Slavery

     Toe, met die dood van Jakob, sy nageslag vir die eerste keer DIE TWAALF STAMME VAN ISRAEL genoem is, en deur God as ‘n uitverkore volk” erken is (Gen.49:28; Deut.26:5), het dit gelyk asof die verwagting dat hierdie volk as geheel – die beloofde saad van Abraham – die land van Kanaan in besit sou neem, en oor die węreld heers en dit seën, op die drumpel van waarwording was. Hulle het alreeds, onder die guns van Egipte, ‘n sterk nasie begin word.

    Maar, toe die Egiptenare beheer oor hulle gekry het, en hulle vir ‘n lang tydperk in slawerny gehou het, was die hoop amper verpletter, en die belofte amper vergete.

Moses10a.jpg (12945 bytes)
Moses

     Waarlik is God se beloftes in duisternis versluier, en Sy weë as onnaspeurlik beskou.  Maar, op die regte tyd het Moses verskyn. Hy was ‘n groot verlosser deur wie se hand God hulle uit slawerny gelei het, en namens hulle magtige wonderwerke verrig het. Hierdie groot verlosser het gesterf voor hulle die Beloofde Land ingegaan het, maar, as God se mondstuk het hy verklaar, (Deu 18:15, Hand.3:22)

”’n Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die HERE jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister—“

     Dit het verdere insig in God se plan gegee, en gewys dat hulle nasie as geheel, nie alleenlik in die toekomstige werk van heers en seën, op een of ander manier betrokke sou wees nie, maar dat een van hulle uitverkies sou word  om hulle na oorwinning en die vervulling van die belofte te lei. Toe het Josua – wie se naam verlosser of heiland beteken – hulle leier geword.

    Onder hom het hulle twee groot oorwinnings behaal, en eintlik die land wat in die gelofte belowe is, ingegaan. Dit het sekerlik vir hulle toe voorgekom asof hulle ware leier verskyn het, en dat die belofte op die punt was om ten volle vervul te word.

Kings.jpg (7655 bytes)
King David

     Maar Josua het gesterf, en hulle het, as ‘n nasie, geen vordering gemaak nie – tot eers Dawid, en toe Salomo aan hulle as konings gegee is. Toe het hulle die uiterste hoogtepunt van hulle glorie beryk. Nietemin het hulle binnekort, instede daarvan dat hulle gesien het hoe hulle belofte vervul word, hulle mag verloor en aan ander nasies skatpligtiges geword.

   Sommige het egter aan die belofte van God vasgehou, en nog steeds vir die groot Verlosser gewag – van Wie Moses, Josua, Dawid en Salomo maar net tipes was.

Jesus18Simeon.jpg (4900 bytes)
Simeon and Jesus

Passover2.jpg (16282 bytes)
The Passover

 

 

Jesus19Thomas.jpg (4175 bytes)
Jesus and Thomas

Jesus43Emaus.jpg (11493 bytes)
Jesus and Disciples
going to Emaus

     In die tydperk toe Jesus gebore is, het alle mense angstig die Messias verwag – die komende Koning van Israel en, deur Israel, van die węreld. Maar Israel se hoop op die heerlikheid en eer van hulle komende Koning – soos hulle geďnspireer is deur die tipes en profesies van Sy edelheid en mag – het veroorsaak dat hulle ‘n ander stel tipes en profesies verbygekyk het.

    Die tweede stel het na ‘n werk van lyding en dood as ‘n losprys vir sondaars, gewys. Boonop, moes dit, voor die seën toegepas kon word, plaasvind. Hierdie is deur die eerste Pasga voor hulle uit Egipteland verlos is, deur die slagting van die diere by die gee van die wetsverbond (Heb.9:11-20; 10:8-18), en in die versoeningsoffers wat aanhoudend jaar vir jaar deur die priesterdom verrig is, voorspel. Hulle het ook die verklaring van die profete wat

     vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna“ (I Pet.1:11), misgekyk. Daarom, toe Jesus as die offerande gekom het, het hulle Hom nie herken nie. Luk.19:44 omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie“.

    Selfs Jesus se naaste volgelinge is erg verwar toe Hy gesterf het. Hulle het bedroef gesę (Luk 24:21)  “En ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou verlos;“  

     Klaarblyklik was hulle vertroue in hom misplaas. Hulle was blind tot die waarheid dat die dood van hulle leier ‘n waarborg was vir die Nuwe Verbond waaronder die seëninge sou kom – ‘n gedeeltelike vervulling van die verdrag van belofte.

     Ewenwel, toe hulle ontdek het dat Hy uit die graf uit opgestaan het, het hulle kwynende hoop begin herstel (I Pet.1:3), en toe Hy reggestaan het om hulle te verlaat, het hulle – aangaande hulle lankverkoesterde en dikwels uitgestelde hoop uitgevra, en gesę,

Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?”(Hand.1:6). 

       Ons Here se antwoord, ”Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie” (Hand.1:7), toon aan dat hulle verwagtinge hoofsaaklik  reg was, alhoewel hulle nie die tyd wanneer hulle vervul sou word, geken het nie.

 

 

Pentecost2.jpg (15319 bytes)
Pentecost

     Toe Jesus opgevaar het, moes die vraag van Sy dissipels seker gewees het ”Watter rigting het God se plan nou ingeslaan?”. Ons moet onthou dat ons Here se leringe oor die Koninkryk hoofsaaklik in gelykenisse en raaisels was. Hy het aan hulle gesę, (Joh 16:12,13)

Nog baie dinge het Ek om aan julle te sę, maar julle kan dit nou nie dra nie. Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei;“ en Joh 14:26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesę het.“

      Ons sien dus dat hulle, voor die koms van die Pinkster seëning, nie kón verstaan nie.

PaulActs15.jpg (3629 bytes)
Preaching to the Gentiles

Bride3.jpg (10284 bytes)
"A people
for his name"
--A Bride

     Selfs toe het dit ‘n hele rukkie geduur voor hulle ‘n duidelike en volle begrip ontvang het van die werk wat gedoen word, en die verwantskap met die oorspronklike gelofte (Hand.11:9; Gal.2:2,12,14).

    Nietemin, dit blyk dat selfs voor hulle ten volle en duidelik verstaan het, is hulle as die spreekbuise van God gebruik, en hulle geďnspireerde woorde was vermoedelik meer duidelik en dieper uitdrukkings van die waarheid as wat hulle self ten volle besef het.

     Byvoorbeeld, lees Jakobus se redevoering toe hy gesę het (Hand. 15:14-16),

Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem. En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is: 

Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel,“

 

 

 

 

What is the
great hidden mystery of God?

 

Jesus35Baptism.jpg (12298 bytes)
"Christ" means "Anointed"

     Deur God se voorsorg om die Evangelie aan die eerste Griekse bekeerling deur Petrus te laat verkondig - en deur Paulus aan die Heidene in die algemeen – het Jakobus begin besef dat gelowige Jode en Grieke gelyk begunstig moet word. 

     Toe hy die profesies nageslaan het, het hy ontdek dat dit so geskryf is, en dat, na die werk van die evangelie volbring is, sal die beloftes aan vleeslike Israel  vervul word. Geleidelik het die groot misterie, wat so lank versluier was, begin om deur weiniges, die heiliges – die spesiale vriende” van God – verstaan te word.

     Paulus verklaar (Kol.1:26,27) dat  die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges,“ is:

CHRISTUS ONDER JULLE, DIE HOOP VAN DIE HEERLIKHEID“

     Hierdie is die groot verborgenheid wat van alle vorige eeue weggehou is. Dit is nog steeds vir almal behalwe ‘n spesiale klas – die heiliges, of gekonsekreerde gelowiges - verborge. Maar wat beteken ”Christus onder julle?” (Die Engels het “Christus in julle.”)

     Ons lees in Handelinge 10:38 dat Jesus met die Heilige Gees gesalf is, en hierdeur herken ons Hom as die Christus – Die Gesalfde. Die woord Christus (Grieks vir Messias) beteken gesalf of gesalfde.  Die apostel Johannes vertel ons (I Joh.2:27)

    En die salwing wat julle (gekonsekreerde gelowiges) van Hom ontvang het, bly in julle.“  

     Daarom is die heiliges van hierdie evangelietydperk ‘n gesalfde geselskap – gesalf om konings en priesters aan God (Rev.1:6) te wees. Sien ook II Kor.1:21 en I Pet.2:9.

"The Christ "
...not one member, but many.
1 Corinthians 12:14

EngBre1.jpg (18330 bytes)

     In lyn met hierdie lering van Johannes, dat ons ook gesalf is, verseker Paulus vir ons dat hierdie verborgenheid, wat in die eeue wat verby is, geheim gehou is, maar nou aan die heiliges bekendgemaak is, is dat die Christus (die Gesalfde) is nie een lid nie, maar baie“  net soos die mens se liggaam een is, maar bestaan uit baie lidmate.

    Maar, net soos al die lidmate van die liggaam – en hulle is baie – een liggaam uitmaak,  so ook is die Gesalfde, die Christus (I Kor.12:12-28).

     Jesus is gesalf om Hoof of Here oor Sy kerk te wees. Die kerk is Sy liggaam (of Sy bruid, soos in ‘n ander afbeelding uitgedruk – Efes.5:25-30), en gesamentlik konstitueer hulle die beloofde Saad” – die Groot Verlosser.

Gal 3:29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.

Grapes.jpg (10577 bytes)
"I am the vine, ye are the branches."
John 15:5

     Die Apostel beskerm sorgvuldig die Kerk teen enige vermoedelike bewerings, en sę van Jesus dat

“God  het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, wat sy liggaam is“ (Eph 1:22,23). sodat Hy in alles die eerste kan wees (Col.1:18).

     Maar tog, onder die afbeelding van die menslike liggaam, wys Hy pragtig en kragdadig ons intieme verhouding. Jesus het hierdie selfde eenheid geleer, en gesę, Ek is die wynstok, julle die lote“ (Joh.15:5).  

     Ons eenheid met die Here Jesus, as lidmate van die Christus, die gesalfde geselskap, word duidelik deur die diagram van die piramide geďllustreer.

Pyramid.jpg (22454 bytes)
The top-stone is a perfect pyramid.

PIRAMIDE DIAGRAM

    Die hoeksteen is self ‘n perfekte piramide. Ander stene mag hieronder ingebou word. As die ander stene wat daaronder ingebou word, in harmonie is met die kenmerkende lyne van die hoeksteen wat daarbo is, sal die hele struktuur ook ‘n perfekte piramide wees.

    Hoe pragtig illustreer hierdie diagram ons posisie as lidmate van die Saad” – die Christus.”  

    Saamgevoeg en in perfekte harmonie met ons Hoof, is ons, as lewende stene, volmaak.  Van Hom afgesonder, is ons niks.

 

 

 

 

 

*Sinaitic MS. omits spiritual before sacrifices.

 

     Jesus, die Volmaakte Een, is in hoë mate verhewig, en nou bied ons onself aan Hom sodat ons, volgens Sy voorbeeld, geformeer en gefatsoneer kan word, en sodat ons as ‘n gebou van God opgebou kan word. 

     In ‘n gewone gebou is daar geen uitverkore grondsteen nie, maar in ons gebou is daar een hoof Hoeksteen, die Dekklip”. Let ook op dat, anders as gewone geboue, is die Hoeksteen – ons fondasie - heelbo, en nie onder nie. Jesaia 28:16 heet,

Kyk, Ek lę in Sion ‘n grondsteen, ‘n beproefde steen, ‘n kosbare hoeksteen...” Petrus het ook geskryf (I Pet.2:4-6), ”Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is; 

5. en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike[1] offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus. 6.  Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lę in Sion ‘n uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie.“ 


[1] Sinaitiese manuskripte laat geestelike voor offers weg.

Ons vertrou dat die verbintenis tussen Jesus, die Hoof“, en ”die Kerk, wat Sy liggaam is” binnekort volmaak sal wees.

 


HumbleYourself.jpg (3357 bytes)
"Humble yourselves"

     En, geliefdes, ons moet baie slae en opvrywing verduur, en ons moet baie transformasie, en aanpassing by Sy voorbeeld, ondergaan. Dit moet onder die direksie van die Groot Bouer geskied. 

    Om die vaardigheid en ideaal van die bouer in ons vertoon te hę, moet ons eers sorg dat ons geen dwarskoppigge eiewil in ons het nie, want dit kan die vervulling van Sy wil in ons teenwerk of dwarsboom. 

     Ons moet baie kinderlik en nederig wees, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade“. (I Pet.5:5). Om hierdie rede, kom ons verneder onsself, sodat Hy, op die regte tyd vir ons kan genadig wees, soos Hy ons Hoof en Voorloper verhef het (Filip.2:8,9).

Bible20DanChart.jpg (2575 bytes)

 

 

Bride10.jpg (2602 bytes)

 

 

 

Bible21Edith.jpg (7505 bytes)

 

     Dit is waarlik ‘n wonderlike boodskap, en soos ons na die Woord van God toe kom om uit te vind aangaande ons  groot en hoë roeping van God in Christus Jesus (Filip.2:14), vind ons dat die profete almal welsprekend is om te verklaar die genade (guns of seën) wat ons ontvang het (I Pet.1:10).

    Terwyl tipes, gelykenisse en voorheen verborge gesegdes nou helder word, en hulle lig op die smal weg werp, word die gesalfde geselskap geroep om daarop vir die beloning wat nou sigbaar is, te hardloop. Dit is die hoë roeping waarna die geheiligde gelowiges van die Evangelietydperk die voorreg het om te strewe. Jesus het nie probeer om dit aan die dissipels, terwyl hulle in die vlees gewandel het, te verduidelik nie.

    Hy het gewag tot hulle ‘n nuwe natuur ontvang het deur die salwing wat op hulle op Pinksterdag uitgegiet is. Paulus verduidelik dat alleenlik die ”nuwe skepsels” hierdie hoë roeping kan waardeer of verstaan. Hy skryf (I Kor.2:6-10)

”Tog spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar ‘n wysheid nie van hierdie węreld, of van hierdie węreld se heersers, wat vergaan nie. Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid, wat niemand van die heersers van hierdie węreld geken het nie .... 1Co 2:9  maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet. Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar,“

The Christ
(Head and Body) is the "seed of Abraham" which is to bless all the families of the earth.

     In sy brief aan die Galásiërs, maak Paulus die hele verborgenheid oop, en hy wys hoe die Abrahamse gelofte vervul gaan word. Hy verduidelik dat die Wet wat aan Israel gegee is, glad nie met die oorspronklike gelofte ingemeng het nie (Gal.3:15-18), en dat die saad van Abraham wat alle nasies sou seën, niemand anders is as Christus nie (v. 16).

     Daarna, deur die gedagte waarop alreeds singespeel is, uit te voer, dat die Christus al diegene wat deur die Heilige Gees gesalf is insluit sę hy, (Gal 3:27, 29)

 

”want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. ...  En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.“ 

 

 

 

 

Why was it necessary
to keep the mystery hidden?

Jesus45BeholdF.jpg (3460 bytes)
"Behold the Man"

     Deur dieselfde redenasierigting te volg, wys hy (Gal.4) dat Abraham ’n tipe van Jehova was,  Sara n tipe van die gelofte of belofte, en Isaak ‘n tipe van Christus (hoof en liggaam).

En dan voeg hy by, Gal 4:28  Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte;

    Ons sien dus dat God se plan in tipes verskuil was tot die Evangelietydperk aangebreek het, en die ontwikkeling van die Christus begin het.

     Daar het ’n noodsaaklikheid bestaan om die verborgenheid verskuil te hou, anders sou dit nie so behou word nie. Dit was nodig omdat as die plan aan die mens ten volle geöpenbaar sou wees, sou dit gedwarsboom gewees het. As die mens geweet het, sou hulle nog die Here van die heerlikheid, nog die kerk wat Sy liggaam is, gekruisig het nie (I Kor.2:8).

     As die plan nie vir die węreld verborge was nie, sou die dood van Christus as die losprys vir die mens se verlossing aangetas gewees het. Daarbenewens, sou die toets van die geloof van die kerk, wie die lyding van Christus gedeel het, ook verhoed gewees het.

Om hierdie rede ken die węreld ons nie (as Sy mede-erfgename), omdat (vir dieselfde rede dat) dit Hom nie geken het nie.“ (I Joh.3:1).

Jesus22Teacher.jpg (4302 bytes)

     Nie alleenlik is die plan van God, en die Christus wie die ware verpersoonliking van daardie plan was, ‘n groot verborgenheid aan die węreld nie, maar die besondere rigting waarin hierdie klein kuddetjie geroep is om te wandel, stempel sy lidmate as ‘n “heilige volk“.  

     Die mense van die węreld kon nie verstaan nie dat ‘n  persoon met soveel bekwaamheid soos Jesus van Nasaret Sy tyd en talente so kon bestee terwyl, as Hy sy aandag op die politiek, die wet, die handel of verstaanbare godsdiens sou toespits, sou Hy waarskynlik groot en gerespekteer gewees het. 

     In die mening van die mensdom het Hy Sy lewe sinneloos verspil, en hulle het gesę, Hy is van die duiwel besete en is kranksinnig“ (Joh.10:20). Sy lewe en leringe was vir hulle verborgenhede. Hulle kon Hom nie verstaan nie.


 

 

PaulAgrippa.jpg (4048 bytes)
Paul before Agrippa

      Die apostels en hulle metgeselle was ook verborgenhede in die węreld deurdat hulle hulle besigheidsmoontlikhede gelos het om oor die vergifnis van sondes deur die dood van die veragte en gekruisigde Jesus te preek.

      Paulus het ‘n hoë status en sosiale invloed verlaat om met sy hande te werk en oor Christus en die onsigbare kroon vir alle gelowiges wat in Sy voetstappe sou wandel, te preek. 

     Dit was so verborge dat sommige gesę het, Jy is kranksinnig, Paulus; die groot geleerdheid bring jou tot kranksinnigheid.“ (Hand.26:24). 

     En almal wat op so ‘n  wyse in die Meester se voetstappe volg, is vir Christus onthalwe, soos Paulus, as onder die dwase getel.

God’s Plan
will not always
be shrouded
in mystery.

 

Sky2.jpg (1948 bytes)

     Maar God se plan sal nie vir ewig in duisternis verberg wees nie.  Die dagbreek van die Duisendjarige Dag bring die voller lig van God aan die mens - 

”Want die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE“ (Jes.11:9). Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.“ (Mal.4:2). 

     Hy, wat die Christus in Duisendjarige heerlikheid is, sal die donkerte van onkundigheid verdryf. Maar dit is nie Hy – die Hoof - alleen nie, maar ook die ander lidmate van Sy liggaam. Dit word geskryf:

”as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.”(Rom.8:17; 2 Tim.2:11,12).  

”Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word”. (Col 3:4) 

”Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader“.( Mat 13:43).

God will
"pour out
His spirit
upon all flesh..."
Joel 2:28

 

     Nou, vir almal behalwe diegene wat ‘n weergebore verstand ontvang het, deur die ”sin van Christus” te ontvang, blyk die beloftes wat ons glo, en die hoop wat ons koester, visionér te wees.  Hulle is te onwaarskynlik om te ontvang of daarop te reageer. 

     In die eeu wat kom, wanneer God Sy ”Gees uitstort op alle vlees“ (Hand.2:17), net soos gedurende die huidige eeu, wanneer Hy Sy Gees uitstort op Sy diensknegte en diensmaagde, sal almal die beloftes wat deur die klein kuddetjie aangegryp word, waarlik verstaan en waardeer. Hulle gaan in die gehoorsaamheid en verheerliking van die Kerk juig, en verklaar, 

Bride5.jpg (21555 bytes)

"Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak“. (Rev 19:7)


    
Hulle gaan juig in die verheerliking van die kerk, deur wie seëninge na hulle toe sal vloei, en terwyl hulle sal besef dat die ”grootste en kosbare beloftes“ (II Pet.1:4) wat deur die Gesalfde (Hoof en liggaam) oorerf is, nie vir hulle is nie, maar op ons vervul word, sal hulle geseën word deur die les wat deur die kerk geďllustreer word. 

     Terwyl hulle hardloop om die seën te ontvang wat dan aan hulle aangebied word, sal hulle deur die voorbeeld van die Kerk baat, en ten behoewe van haar, God verheerlik. Maar hierdie kennis sal nie begerigheid veroorsaak nie, want onder die nuwe skikking sal hulle roeping na volmaakte menslike natuur hulle ten volle bevredig, en hulle sal vir hulle meer wenslik wees as ‘n natuursverandering.

Bible19Jerry.jpg (2874 bytes)

     Dan kom die gehemenis tot ‘n einde. Dan sal die węreld uiteindelik verstaan dat dit die Gees van God in Christus was, en die Gees van Christus in ons – God geopenbaar in die vlees - wat hulle voorheen verkeerd verstaan het.  

     Dan sal hulle sien dat ons nie kranksinnig was nie, ook nie dwase nie. Ons het maar net ‘n beter deel gekies toe ons na rykdom, eer en ‘n kroon gestreef het – deur hulle onsigbaar, maar oneindig.

     Wat tyd aanbetref, sal die verborgenheid van God gedurende die tydperk van die uitbasuin van die sewende (simboliese) trompet (Openb.10:7).

    Hierdie het betrekking tot albei betekenisse waarin dit gebruik word. Die verborgenheid of verskuilde aspekte van God se plan sal dan bekend gemaak word, en sal duidelik gesien word. Die verborgenheid van God,” die Kerk, die beliggaming van daardie plan sal ook verwesenlik word. Altwee sal dan klaar wees.

Bride1.jpg (3440 bytes)

    Die geheime, verskuilde plan sal die volle, volledige getal lidmate van die liggaam van Christus gesoek het. Daarom sal dit al klaar die LIGGAAM VAN CHRISTUS wees.

     Die plan sal nie langer ‘n verborgenheid wees nie omdat daar nie meer ‘n rede sal wees om die geheimhouding te verleng nie.

    Die grootheid van die verborgenheid, wat so lank geheim gehou was, en in die beloftes, tipes en figure vertsteek was, en die wonderlike genade wat aan diegene gegee is wat geroep is na gemeenskap in hierdie verborgenheid (Efes.3:9), bring by ons die gedagte dat die werk wat na die voltooing gedoen moet word, en waarop Jehova die mensdom vir 6000 jaar  in verwagting en hoop gehou het, ‘n uiters belangrike werk moet wees. 

     Dit is ‘n pragtige werk, waardig om sulke groot voorbereiding. Wat sal ons nie kan verwag in seëning op die aarde nie, wanneer die sluier van verborgenheid weggetrek word en die stortreën van seëninge begin val? 

     Dit is juis hiervoor dat die hele skepping tot nou toe saam in pyn kreun en swoeg, en wag vir die voltooing van hierdie verborgenheid – vir die manifesteering van die Seuns van God, die beloofde ”Saad”, in wie hulle almal geseënd sal wees (Rom.8:19,21,22).

 

‘N DAG VAN OFFER AAN DIE HERE

Ek offer aan U: 
Elke hartklop, dit is U s’n
Elke menslike verbintenis van my
Elke blydskap en elke pyn;
Elke optrede van verstand of brein
My Salige God!

Elke hoop en elke vrees;
Elke glimlag en elke traan;
Elke lied en gesang,
Ek prys U.
Neem hulle almal, Salige Here
Bind hulle met U geheime koord;

Verheerlik Uself in my
Aanbiddelike Een!
Vermeenigvuldig hulle met U Woord;
Versterk, seën, vermeerder, my Here
Van volmaakte liefde!
U, Eerste en Laaste.

  Bride6.jpg (3437 bytes)

 

To Return to Home Page
click on Chart

HomeSymbol.jpg (6039 bytes)

Send E-Mail