Studie 6

TIReturn1.jpg (13243 bytes)

Onse Here Se Wederkoms
Die Doel Daarvan, Die Herstel Van Alle Dinge

–ONS HERE SE WEDERKOMS PERSOONLIK EN
  VOORMILLENNIAAL

–SY VERWANTSKAP MET DIE EERSTE KOMS
–DIE UITVERKIESING VAN DIE KERK EN DIE BEKERING
  VAN DIE WêRELD

–UITVERKIESING EN VRYE GENADE 
– GEVANGENES VAN HOOP
–PROFETIESE GETUIENIS AANGAANDE WEDEROPRIGTING
–ONS HERE SE WEDERKOMS  KLAARBLYKLIK DIE HOOP
  VAN DIE KERK EN DIE WêRELD

 

Bible34WycliffeB.jpg (2693 bytes)

”En Hy Hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik Jesus Christus,

Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete. (Hand.3:20,21)

The second personal coming of Jesus

 

Jesus25Candlesticksa.jpg (15908 bytes)
If Jesus has been with the church for 2,000 years, why did he promise to come again?

    Ons vermoed dat almal wat met die Bybel vertroud is, aanvaar en glo dat dit onse Here se wil was dat Sy dissipels moes verstaan dat Hy, vir ‘n spesifieke doel, en op ‘n spesifieke wyse, en op ‘n spesifieke tydstip, sou terugkeer. Dit is waar dat Jesus gesê het in Mat 28:20

“En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.“

en dat deur Sy Gees en deur Sy Woord was Hy nog altyd saam met Sy kerk. Tot nou toe het Hy Sy heiliges aanhoudend gelei, vir hulle riglyne gegee, vertroos en aangemoedig.

   Tussen al hulle beproewinge het Hy vir hulle bemoedig. Alhoewel die Kerk, op ‘n geseënde wyse, bewus is van die Here se kennis van al haar weë, en van Sy standvastige sorg en liefde, tog verlang sy na Sy beloofde persoonlike wederkoms. Ons weet dat, toe Hy gesê het,

En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Joh.14:3),

het Hy sekerlik na ‘n tweede persoonlike koms verwys.

Pentecost was NOT the second advent.

    Sommige dink dat Hy na die koms van die Heilige Gees op Pinksterdag verwys het, ander weer na die vernietiging van Jerusalem ens., maar hierdie mense ignoreer die feit dat, in die laaste boek van die Bybel, wat so sestig jaar na Pinkster en 26 jaar na die vernietiging van Jerusalem geskryf is, Hy wat dood was maar leef, vertel van die gebeurtenis wat nog in die toekoms was. Hy sê, (Open. 22:12)

”En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.”

Die geïnspireerde Johannes het geantwoord, (Open. 22:20)

”Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!“

    Daar is heelwat wat onder die indruk is dat wanneer sondaars tot bekering kom, dit deel uitmaak van die wederkoms van Christus, en dat Hy so herhaaldelik sal kom tot die hele wêreld gered is. Dan, sê hulle, sal Hy ten volle gekom het.

At the time of our Lord’s second presence, the world will be far from converted to God.

Budda3.jpg (3239 bytes)
Buddhism

    Diegene het klaarblyklik die getuienis van die Bybel hieroor vergeet. Dit verklaar die teenoorgestelde van hulle verwagtinge, naamlik dat ten tye van onse Here se wederkoms sal die wêreld grootliks ongered wees. Ons lees in 2 Tim.3:1-4  

Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;“

en in v. 13 Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word“.

    Hulle vergeet die Meester se spesiale waarskuwing aan Sy klein kuddetjie, (Luk.21:34,35)

Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie.  Want soos ‘n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon“.

     Weereens mag ons gerus wees wanneer dit gesê word, al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedry.” (Openb.1:7) wanneer hulle Hom sien aankom, maar geen melding van die bekering van sondaars gemaak word nie. Weeklaag  almal weens die bekering van sondaars?

     Inteendeel, as hierdie stuk na Christus se teenwoordigheid op aarde verwys, soos byna almal aanvaar, dan leer dit dat almal op die aarde nie Sy verskyning sal liefhê nie. As hulle almal bekeerd was, sou hulle beslis Sy wederkoms liefgehad het.

    Sekere mense verwag ‘n letterlike koms en teenwoordigheid van die Here, maar stel die tyd vêr in die toekoms, en beweer dat dit deur die werke van die Kerk in sy huidige toestand is dat die wêreld tot bekering gebring moet word, en daardeur die Duisendjarige Tydperk inlei.

    Hulle beweer dat wanneer die wêreld tot bekering gebring is, Satan gebind is, die kennis van die Here oor die hele wêreld vol is, en die nasies nie meer leer om oorlog te voer nie, dan sal die werk van die kerk in sy huidige situasie voldaan wees. Wanneer sy hierdie groot en moeilike taak volbring het, sal die Here kom om die aardse sake af te rond, gelowiges te beloon en sondaars te veroordeel.

Bible23BecsHands.jpg (2321 bytes)

  

 

 

Bride8.jpg (1942 bytes)

    Sommige skrifture, as hulle in isolasie gelees word, blyk om hierdie siening te ondersteun, maar as God se Woord en Sy plan as ‘n geheel in oënskou geneem word, sal dit duidelik word dat hulle die teenoorgestelde siening ondersteun. Eerstens, sluit dit in dat Christus voor die bekering van die wêreld sal kom, en dat die doel van Sy heerskappy die bekering van die wêreld is. Tweedens word die Kerk nou op die proef gestel, en die beloning wat aan die oorwinnaars belowe word is dat, nadat hulle verheerlik word, hulle deel sal hê in die Here Jesus se heerskappy.

    Dit is God se vasgestelde middele waardeur die wêreld geseën gaan word, en waardeur die kennis van die Here aan elke skepsel verkondig gaan word. Dit is die Here se spesiale beloftes:

Open.20:4 Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het”.

En Open. 3:21  .....  en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank“.

 

 

 

Witnessing
to the world
does not imply
the conversion
of the world.

Witnessing.jpg (2566 bytes)

    Ons gaan nou aan twee skrifte wat deur diegene wat beweer dat die Here se wederkoms eers na die millennium sal plaasvind, gebruik word, aandag gee. Die eerste een is: Matt.24:14

En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.“

    Hulle beweer dat dit op die bekering van die wêreld voor die einde van die evangelietydperk, betrekking het.  Maar, om vir die wêreld te getuig impliseer nie die bekering van die wêreld nie.

     Die skrif sê niks van hoe die getuienis ontvang sal word nie. Hierdie getuienis is alreeds gegee. In 1861 het die Bybelgenootskappe verklaar dat die Bybel in elke taal op aarde gepubliseer is, maar nie al die miljoene mense van die aarde het dit ontvang nie.

    Nee, nie eers die helfde van die 1,600,000,000 wat destyds geleef het, het ooit die naam van Jesus gehoor nie.  Tog is die voorwaarde van die Skrif vervul: Die evangelie is alreeds in die hele wêreld as ‘n getuienis aan elke nasie gepreek.

What is the main object of the gospel now?

     In Hand.15:24, vertel die Apostel dat die hoofdoel van die evangelie in die huidige tydperk is ”om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem“. (Hand.15:14). 

    Dit is die verowerende Kerk, wat, by Sy wederkoms, met Hom verenig sal wees, en Sy Naam ontvang. Die getuig aan die wêreld gedurende hierdie tydperk is van sekondêre belang.

ThroneA.jpg (5952 bytes)

"At [God’s]
right hand" –
not a location, but authority and power.

 

 

 

 

 

 

 

 Throne1.jpg (9185 bytes)
King Charles II
on his throne

     Die ander Skrif is

Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak ‘n voetbank vir u voete“ (Psa.110:1).

    Die vae, onbesliste gedagte aangaande hierdie Skrif blyk te wees dat Christus, iewerste in die hemele, op ‘n stoflike troon sit. Hy doen dit totdat die Kerk se taak om alle dinge te onderwerp voldaan is. Dan sal Hy kom om te heers. Hierdie is ‘n  misverstand.

     Die troon van God wat hier na verwys word is nie ‘n stoflike troon  nie. Dit verwys na Sy allerhoogste gesag en heerskappy. Die Here Jesus is tot ‘n deel in daardie heerskappy verhef.  Paulus verklaar, (Phi 2:9)

Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is”.

    Aan Hom het Hy gesag gegee wat oor al die ander, behalwe die Vader, is. As Christus op ‘n stoflike troon sit, totdat Sy vyande vir Sy voete ‘n voetbank gemaak word (alles aan Hom onderwerp word), dan is dit vanselfsprekend dat voor alle dinge aan Hom onderwerp is, kan Hy nie kom nie. 

   Maar, as “regte hand” in hierdie skrif  nie na ‘n vaste lokaliteit verwys nie, maar – soos ons beweer – na mag, gesag en heerskappy, dan volg dit logies dat die skrif onder ons aandag, geensins met die ander skrifte wat leer dat Hy kom sodat Hy ”ook alles aan Homself kan onderwerp” (Filip.3:21) in konflik kan wees nie.

     Hy doen dit kragtens die gesag wat in Hom berus.  Om te illustreer: Ons verklaar dat Kaiser Wilhelm op die troon is, maar ons verwys eintlik nie na Die koninklike sitbank, waarop hy selde sit, nie. Wanneer ons sê dat hy op dit troon is, bedoel ons dat hy oor Duitsland heers. Die regte hand het die betekenis van die hoofposisie, die posisie van voortreflikheid of guns, naas die hoof heerser.

    Prins Bismarck was dus, deur die Duitse Kaiser verhewe, of aan die regte hand van gesag geplaas. Josef was ook aan die regte hand van Farao in die koninkryk van Egipte – nie letterlik nie, maar volgens beeldspraak. Jesus se woorde aan Kajafas bevestig hierdie gedagte:

Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel“ (Matt.26:64).

     Wanneer Hy kom, sal Hy aan die regte hand wees, en Hy sal gedurende die Millennium en vir ewig, aan die regte hand bly.

The first advent REDEEMS.

Jesus11Death.jpg (10555 bytes)

The second advent RESTORES.

     Verdere ondersoek van God se onthulde planne gee vir ons ‘n breër sienswyse oor die onderwerp van altwee Sy eerste koms en Sy wederkoms. Ons moet onthou dat albei gebeurtenisse as dele van net een plan staan. Die spesifieke werk van die Eerste Koms was om die mensdom te verlos.

     Die werk van die wederkoms sal wees om die verlostes te herstel, seën en bevry. Nadat Hy Sy lewe as ‘n losprys vir almal gegee het, het ons Heiland hemel toe opgevaar om daardie losprys aan die Vader aan te bied, en daardeur vir die mensdom se onregverdigheid versoening te maak. Hy talm, en laat toe dat die ”owerste van hierdie wêreld” met sy bose heerskappy kan aangaan. Dit sal tot na die uitverkiesing van ”die Bruid, die vrou van die Lam” voortduur.

    Om waardig van so ‘n eer gereken te word, moet die bruid die invloede van die huidige bose wêreld oorwin. Dan sal die werk begin waarmee die groot seën wat vir hulle deur Sy offer verseker was, aan die wêreld gegee word, en Hy sal verskyn om al die geslagte van die aarde te seën.

     Dit is waar dat, toe die losprys deur die Verlosser betaal is, kon die herstel en seën onmiddellik begin. Dit sou beteken dat die koms van die Messias maar net ‘n enkele gebeurtenis sou wees, en die heerskappy en seën sou onmiddellik begin het, net soos die apostels eers verwag het (Hand.1:6).

    Maar God het ”iets beters oor ons beskik…” (Heb.11:40). Dit is hierom tot ons voordeel dat die heerskappy van Christus deur hierdie negentien eeue van die lyding van die Hoof, geskei word.

The period between the advents is for the development of the church.

PKBride1.jpg (2763 bytes)

The selection
of the church...

     Hierdie tydperk tussen die eerste koms en die wederkoms, tussen die verlossing vir almal en die seën vir almal, is vir die beproewing en uitverkiesing van die kerk, wat eintlik die liggaam van Christus is. Andersins sou daar net een koms gewees het, en die werk wat gedurende die tydperk van Sy tweede teenwoordigheid gedoen sal word – gedurende die Millennium – sou die opstanding van Jesus gevolg het.

     Andersins, instede daarvan om te sê dat die werk van die wederkoms onmiddellik die werk van die eerste koms sou gevolg het, laat ons dit eerder so stel:  As Jehova nie die uitverkiesing van die ”klein kuddetjie” ”die liggaam van Christus” ten doel gehad het nie, sou die eerste koms nie op daardie tydstip plaasgevind het nie, maar sou ten tye van die wederkoms plaasgevind het, en daar sou maar net een koms gewees het.

    Dit blyk dat God die toelating van die boosheid vir sesduisend jaar beplan het, en dat die reiniging en herstelling van almal gedurende die sewende duisend jaar sal plaasvind.

The reason for the apparent delay in blessings.      As ons dit so bekyk, het die koms van Jesus as die offer en losprys vir sondaars, net genoeg tyd toegelaat vir die uitverkiesing van die ”klein kuddetjie” van “mede-erfgename”  voor die seën en herstel van tyd.

    Dit sal God se waarskynlike vertraging om die beloofde seëninge, wat in die losprys voorsien word, gedeeltelik verklaar. Die seëninge sal op die gestelde tyd kom, soos in die begin beplan. Ons weet nou dat God ‘n wonderlike doel gehad het om die prys veel langer voor die mensdom dit sou verwag het, te voorsien.

The Church’s mission is to witness.

Witnessing2.jpg (2534 bytes)

 

God has not yet even attempted the world’s conversion.

     Die Apostel lig ons in dat Jesus, gedurende die hele tydperk tussen Sy opstanding en die begin van die tye van herstel – of die Millennium - van die aarde afwesig was. Handelinge 3:21 vertel ons,

Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge,“

     Omdat die Skrifte ons leer dat die doel van die Here se wederkoms die wederoprigting van alle dinge is, en dat teen die tyd van Sy verskyning, die nasies so ver van bekering sal wees dat hulle eintlik kwaad en opstandig sal wees (Openb.11:18), moet ons erken dat, of die kerk haar missie nie sal bereik nie, en die plan van God tot dusver gedwarsboom sal wees, of, soos ons verklaar en eintlik bewys het, die bekering van die wêreld nie in die huidige eeu van die kerk verwag word nie. Inteendeel, haar missie was om die Evangelie vir die hele wêreld te preek, vir ’n getuienis, en om haarself, onder Goddelike leiding, vir haar groot werk in die toekoms, voor te berei.

     God het, tot nou toe, geensins Sy mag om die wêreld te laat bekeer, uitgeput nie. Nee, nog meer. Hy het nog nie eers probeer om die wêreld te laat bekeer nie.

A future restitution for every man, woman and child...

Family5.jpg (1890 bytes)
Family6.jpg (1964 bytes)

     Vir sommiges mag dié  verklaring snaaks klink, maar diegene moet nadink dat, as God reeds so ‘n werk aangepak het, het Hy daadwerklik gefaal. Ons weet dat net ‘n baie klein gedeeltejie van die miljoene mense op aarde ooit op ‘n intelligente wyse die enigste Naam waardeur hulle gered moet word, gehoor het.

     Ons het maar net die sieninge en leringe van sekere van die voorste sektes kragtig verklaar. Onder andere behels dit die Baptiste, Presbiteriane, ens.

    Die boodskap is dat God besig is om ‘n klein kuddetjie” – ‘n Kerk – uit die wêreld te kies of uitkies. Hulle glo dat God niks meer gaan doen as om die kerk te kies, maar ons sien dat die Skrif van ‘n verdere stap in die Goddelike plan leer – ‘n herstelling vir die wêreld, wat deur die uitverkore kerk volbring gaan word, wanneer die kerk voltooi en verheerlik is.

     Die  klein kuddetjie” – die oorwinnaars – van hierdie Evangelietydperk, is maar net die liggaam van ”Die Saad” in of deur wie al die families op aarde geseën sal wees.

Budda4.jpg (4703 bytes)

     Diegene was verklaar dat Jehova ses duisend jaar lank besig was om te poog om die wêreld te laat bekeer, en nooit suksesvol was nie, moet dit moeilik vind om hulle siening te verenselwig met die Bybel se versekering dat al God se doele volbring gaan word, dat Sy Woord nooit aan Hom leeg sal terugkeer nie, en voorspoedig sal wees in alles waarnatoe dit gestuur is (Jes.55:12).

     Die feit dat die wêreld nog nie tot bekering gebring is nie, en dat die aarde nog nie vol van die kennis van die Here is nie, is bewys dat dit nog nie op daardie missie gestuur is nie.

 

 

Bible25Kindigs.jpg (3221 bytes)
"Rightly dividing the word of truth"

 

Two lines of thought divide Christians:

     Dit bring ons nou by die twee gedagterigtings wat eeuelank die Christene verdeel het, naamlik Uitverkiesing en Kostelose Genade. Geen Bybelstudent sal ontken dat altwee hierdie leerstellings Skriftuurlike ondersteuning het, nie, nieteenstaande hulle waarskynlike teenstrydigheid.

     Hierdie feit behoort ons onmiddellik te lei om te vermoed dat hulle, op een of ander wyse, albei waar moet wees. Onder geen omstandighede mag hulle vereenselwig word nie, behalwe deur die hemel se wet en orde in ag te neem, en die woord van die waarheid reg te sny.

    As hierdie orde – soos in die plan van die eeue uiteengesit – gehanthaaf word, sal dit vir ons duidelik aanwys dat, terwyl die uitverkiesing gedurende die huidige en vorige tydperke besig was om plaas te vind, wat, deur middel van onderskeiding, as God se genade aangewys is, eintlik God se welwillende voorsiening vir die wêreld in algemeen gedurende die Duisendjarige tydperk is.

     As ons die kenmerkende eienskappe van die epogge en dispensasies – soos in ‘n vorige hoofstuk uiteengelê – in gedagte hou, en al die stukke wat met die Uitverkiesing en kostelose genade ondersoek en geplaas word, sal dit gevind word dat al die skrifte wat oor die Uitverkiesing handel, op die hede en verlede van toepassing is, terwyl diegene wat oor kostelose genade leer, ten volle op die toekomstige tydperk van toepassing is.

Election

Vs.

Free Grace

     Maar, die Uitverkiesing, soos in die Bybel geleer, is nie die arbitrêre dwang, of fatalisme, wat gewoonlik deur sy ondersteuners geglo en geleer word nie. Dit is ‘n uitverkiesing volgens gepastheid en aanpasbaarheid vir die doel wat God beplan. Dit gebeur gedurende die tydperk wat vir die doel aangestel is.

     Die leerstelling van Kostelose Genade, wat deur die Arminieërs verkondig word, is ook ‘n uitstalling van God se oorvloedige genade wat veel groter is as wat deur sy mees ywerige voorstaanders ooit verkondig is.

    God se genade of guns in Christus is altyd kosteloos, in die sin dat dit onverdiend is, maar vandat  die mens in sonde geval het, tot vandag toe, is sekere van God se gunste tot spesiale individue, nasies en klasse beperk, terwyl, in die volgende eeu sal die hele wêreld genooi word om die gunste wat dan aangebied gaan word, te deel. Die voorwaardes hiervoor sal dan aan almal bekendgemaak word, en almal wat wil mag kom en vrylik by die lewe se fontein drink (Open.22:17).

ISJewsRead.jpg (3670 bytes)

God’s selection of Israel is a type of the great work for the world.

 

Jesus29TeachingA.jpg (15833 bytes)
"I am not sent but to the lost sheep of the house of Israel." 
Matthew 10:5,6

 

 

     As ons terugkyk sal ons die verkiesing of uitverkiesing van Abraham en sekere van sy nasaad as kanale waardeur die beloofde Saad, die Een wat al die families van die aarde sal seën, sou kom (Gal.3:29) sien.

     Ons neem ook kennis van die uitkies van Israel tussen al die nasies. Dit is die een in wie, op ‘n tipiese wyse, God geïllustreer het hoe die groot werk vir die wêreld volbring gaan word, naamlik, hulle verlossing uit Egipteland, hulle Kanaän, hulle geloftes, hulle wette, hulle offers vir sondes vir die uitwissing van skuld, en vir die besprinkeling van die volk, en hulle priesterdom vir die volbringing van al hierdie dinge.

     Dié  priesterdom was ‘n verteenwoordinging van die ware priesterdom en offers vir die reiniging  van die ganse mensdom. God het die mense aangespreek en gesê (Amos 3:2),

Julle alleen het Ek geken uit al die geslagte van die aarde;”

    Hierdie volk alleen is erken, tot die koms van Christus, ja, en ook daarna, want Sy bediening was tot hulle beperk, en Hy het Sy dissipels belet om na ander toe te gaan.  Hy het gesê (Matt 10:5,6),

Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in ‘n stad van die Samaritane nie“.

    Waarom so, Here? Omdat, antwoord Hy (Matt 15:24)

Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.“

    Hy het Sy tyd alleenlik aan hulle toegewy – tot Sy dood, en toe het Hy Sy eerste werk vir die wêreld verrig. Dit was die eerste uitstalling van Sy kostelose en allesoorvloeiende genade wat, op die regte tyd, ‘n ware seën vir almal sal wees.

God’s gift is unlimited.

     Dit was nie alleenlik vir Israel nie, maar vir die hele wêreld, omdat Jesus Christus, deur die genade van God, het vir elke mens die dood gesmaak (Heb.2:9).

     En nou ook in hierdie Evangelietydperk is daar ‘n sekere soort uitverkiesing. Sekere dele van die wêreld word meer as ander deur die evangelie (wat aan almal wat hoor kosteloos is) bevoordeel.

    Kyk sydelings na ‘n wêreldkaart, en sien hoe klein is die gedeelte wat deur die Evangelie van Christus merkbaar verlig of geseën is.  Vergelyk uself – met u voorregte en kennis – met die miljoene mense wat vandag in heidense duisternis verkeer, wat nooit die roep gehoor het nie, en daarom nooit geroep is nie.

    Wanneer die uitgeroepte geselskap (geroep om seuns van God te wees, erfgename van God en mede-erfgename van Jesus Christus onse Here – wie hulle roeping en uitverkiesing verseker het) voltallig is, dan sal die plan van God vir die wêreld se saligheid, maar net in die beginstadium wees.

The Second Adam and the Second Eve

 

Bride2.jpg (3167 bytes)
"The Spirit and the Bride say, Come!"

     Die Saad sal die slang se kop verbrysel, maar nie voor hulle uitverkies, ontwikkel en tot die posisie van mag verhewe is nie.

En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbryse“ (Rom.16:20; Gen.3:15).

    Die Evangelietydperk berei die kuis maagd  – die getroue Kerk – vir die komende Bruidegom voor.  Dan, aan die einde van die eeu, wanneer sy ”gereed” is (Open.19:7), sal die Bruidegom arriveer, en dié wat gereed is sal saam met Hom na die bruilofsmaal toe gaan.

     Die tweede Adam en die tweede Eva word een, en dan begin die heerlike werk van herstelling. In die volgende dispensasie – dié van die nuwe hemel en die nuwe aarde – sal die Kerk nie meer die verloofde maagd wees nie, maar die Bruid. Op die stadium gebeur dit: (Rev 22:17)

En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.“

     Die Evangelietydperk, in stede daarvan dat dit die missie van die Kerk tot ‘n einde bring, is maar net die nodige voorbereiding vir die groot werk van die toekoms. Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe, ..... en wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God (Open.8:22,19).

    En dit is ‘n geseënde feit dat kostelose genade in onse Vader se plan voorsien word. Dit is nie net vir die wat lewe nie, maar ook vir diegene wat gesterf het, as die geseënde geleentheid van die komende eeu.

Those in the tomb are prisonersof hope.

Grave1.jpg (2917 bytes)

     Sommige mense, wie ‘n gedeelte van die seën wat bedoel is vir die tyd van die Wederkoms kan raaksien, en wie – tot ‘n sekere mate – die feit waardeer dat die Here kom om die wonderbaarlike seën wat deur Sy dood gekoop is, te skenk, kyk hierdie laaste stelling mis. Hulle besef nie dat diegene wat al klaar in die grafte is, net soveel in die heerlike heerskappy van die Messias belangstel as diegene wie op dié tydstip nie heeltemal onder die gebondenheid van verdorwenheid – die dood – is, belangstel, nie.

     Maar, net so seker soos wat Jesus vir almal gesterf het, so ook moet hulle almal die seëninge en geleenthede wat Hy met Sy eie kosbare bloed gekoop het, ontvang. Om dié rede moet ons verwag dat almal wat in die graf is, sowel as almal wat teen daardie tyd nog lewe, seëninge in die Milleniale eeu sal ontvang.

    As ons dieper in die Here se getuienis oor hierdie onderwerp kyk, sal ons volop bewyse ontdek. God se plan vir die vrylating van diegene wat in die graf lê, is die rede dat hulle ”gevangenes van hoop” genoem word.

The majority of mankind have never heard of Jesus.

Family7.jpg (4846 bytes)

What has become of the multitudes who have died?

What is their condition?

     Dit word geskat dat sowat een honderd drie en veertig miljard mense in die tydperk van die ses duisend jaar sedert Adam se skepping, op die aarde geleef het. Van hierdie, is die heel beste redelike skatting van hoeveel van hulle heiliges van God was, minder as een miljard.

     Hierdie breë skatting los die enorme getal van een honderd, twee en veertig miljard (142,000,000,000) mense wat sonder geloof en hoop in die enigste naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word, (Hand.4:12), in die graf beland het. Inderdaad, die ontsaglike meerderheid van hierdie mense het nooit Jesus geken of eers van Hom gehoor, nie.

     Hoe kon hulle in Hom van Wie hulle nooit gehoor het nie, geglo het?

     Ons vra, Wat het van die ontsaglike menigte, van wie die syfers ‘n heeltemal onvoldoende begrip gee, geword?

    Wat is hulle toestand, en wat gaan dit wees? Het God geen voorsiening vir hulle – wie se toestand en omstandighede Hy moes voorsien het - gemaak nie? Of het Hy, soos baie van Sy kinders beweer, ‘n ellendige en genadelose voorsiening vir hulle hopelose, ewige foltering gemaak?

    Of het Hy, in die hoogtes, dieptes en breedtes van Sy plan, ‘n geleentheid vir hulle almal om tot die kennis van daardie enigste Naam, en deur gehoorsaamheid aan die voorwaardes, die ewige lewe te geniet, vir hulle gebêre?

 

 

Atheism

 Calvinism

Arminianism

     Daar is ‘n verskeidenheid antwoorde op hierdie vrae wat elke denkende Christen vir homself vra, en waarop hy om ‘n betroubare antwoord te kry wat in harmonie is met die karakter van Jehova, verlang:

Ateïsme antwoord: Hulle is vir ewig dood. Daar is geen hiernamaals nie. Hulle sal nooit weer lewe nie.

Calvinisme antwoord: Hulle is nie uitverkies om te lewe nie. God het hulle voorbeskik en voorbestem om verlore te wees – om hel toe te gaan. Hulle is nou daar, waar hulle in onuithoubare pyn wring. Hulle sal vir ewig daar wees – sonder hoop.

Arminianisme antwoord: Ons glo dat God baie, weens hulle onkunde, sal verskoon. Diegene wat, volgens hulle beperkte kennis, hulle bes gedoen het, kan seker wees dat hulle deel van die ”Kerk van Die Eersgeborene” sal uitmaak, al het hulle nooit van Jesus gehoor nie.

Christ is the only basis for salvation.

 

Jesus26Peter.jpg (2864 bytes)
Peter's Faith

     Die meerderheid Christene uit alle denominasies ondersteun die laaste siening, al is die geloofsbelydenisse van sommige hiermee teenstrydig. Die rede is dat daar ‘n gevoel is dat enige ander siening onversoenbaar met God se geregtigheid sal wees.

     Maar ondersteun die Skrifte hierdie laaste siening? Leer hulle dat onkunde ‘n grondbeginsel vir saligheid is?

    Nee! Die enigste grondbeginsel vir die saligheid wat in die Skrifte gemeld word is geloof in Christus as ons Verlosser en Heer. Efes. 2:8

Want uit genade is julle gered, deur die geloof.“

     Regverdiging deur die geloof is die grondleggende beginsel van die hele sisteem van die Christendom. Toe die apostels gevra is,

Wat moet ek doen om gered te word?“, het die apostels geantwoord,

”Glo in die Here Jesus Christus.”  (Act 4:12) 

“En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.” (Rom 10:13)  

Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.”

 

Paul6.jpg (9786 bytes)
The Gospel sent to the Gentiles

 

Will ignorance save men?

 

Moses7Law.jpg (5152 bytes)
The Law did not bring life to Israel

     Maar Paulus redeneer dat ‘n man die evangelie moet hoor alvorens hy gered kan word, en hy het verklaar (Rom 10:14),

Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie?“

     Party mense beweer dat Paulus leer dat onkunde mense sal red wanneer hy verklaar (Rom 2:14):

Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ‘n wet, al het hulle geen wet nie;“

    Hulle haaal hieruit dat die wet wat hulle gewete voorsien, genoegsaam is om hulle te regverdig.

     Maar sulke persone verstaan Paulus verkeerd. Sy argument is dat die hele wêreld voor God skuldig staan (Rom.3:19); dat die Heidene, wie nie die geskrewe wet besit het nie, deur die lig van die gewete, verdoem en nie geregverdig is nie. Of die lig van die gewete hulle verskoon het, of  aangekla het,  het dit bewys dat hulle onvolmaak was, en die lewe onwaardig, net soos die Jode wie die geskrewe wet besit het daardeur verdoem is; (Rom. 3:20)

want deur die wet is die kennis van sonde.“

     Die wet wat aan die Jood gegee is het sy swakheid ontblood, en het ten doel gehad om vir hom te wys dat hy nie in staat was om homself voor God te regverdig nie. Die rede?

”Deur die werking van die Wet sal geen vlees in die oë van God geregverdig wees nie.”

    Die geskrewe Wet het die Jode veroordeel, en die Heidene het genoegsame gewete gehad om hulle te veroordeel.  Hierdeur is elke mond verhinder om die reg op die lewe te eis, en die hele wêreld staan skuldig voor God.

Many Christians wrongly say that God will not condemn the ignorant.

     As ons die verklaring van Jakobus (2:10) onthou, dat al sou iemand die hele wet onderhou en in een ding oortree, dan is hy nog skuldig, en kan nie enige seëning wat deur die Wetsverbond belowe is, eis nie, dan besef ons dat

Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie“ (Rom.3:10).

    Die Skrifte maak dus elke deur van hoop toe, behalwe een, en bewys dat nie een van die veroordeeldes deur goeie werke die ewige lewe kan verdien nie, en dat dit net so betekenisloos is om onkunde as basis van saligheid te eis.

    Onkunde kan nie enigeen aanspraak op die beloning van geloof en gehoorsaamheid gee nie.

God has a blessing for all, a better way.

     Baie Christene wat onwillig is om te glo dat so baie miljoene onkundige babas en heidene vir ewig verlore gaan wees, dring daarop aan, ongeag hierdie verklarings in die Bybel, dat God nie die onkundiges sal veroordeel nie. Hulle is geleer dat die veroordeeldes na ‘n plek van ewige en hopelose pyniging gestuur gaan word.

    Ons admireer hulle milddadigheid van hart, en hulle waardering van God se goedheid, maar spoor hulle aan om nie haastig te wees om Bybelse verklarings te ignoreer nie. God het ‘n seëning vir almal, op ‘n beter wyse as deur onkunde.

Heathen1.jpg (12703 bytes)
Heathen2.jpg (8487 bytes)
Heathen3.jpg (7076 bytes)
What will happen to the heathen?

     Maar tree hierdie mense op volgens hulle verklaarde geloof? Nee! Alhoewel hulle beweer dat hulle glo dat  die onkundiges – weens hulle onkunde – gered gaan word, hou hulle aan om sendelinge na die heidene toe te stuur, en dit kos duisende waardevolle lewens en miljoene geldeenhede.

    As hulle almal - of selfs net die helfde daarvan – deur onkunde gered sal word, dan, om sendelinge na hulle toe te stuur om hulle van Christus te vertel, doen hulle positiewe skade aan, want omtrent net een uit ‘n duisend glo wanneer sendelinge die Woord aan hulle verkondig.

     As hierdie gedagte korrek is, sou dit baie beter gewees het om hulle in hulle onkunde te los want dan sal ‘n baie groter getal gered word? As ons hierdie redenasie verder volg, sal dit nie logies wees om te beweer dat as God almal in onkunde gelos het, sou almal gered gewees het. As dit so was, sou die koms en dood van Jesus geen doel gedien het nie.

     Die prediking en lyding van die apostels en heiliges sou ook tevergeefs gewees het. In dié geval sou die sogenaamde evangelie, in stede daarvan om goeie nuus te wees, baie slegte nuus wees.  

    Die stuur van sendelinge na die heidene  deur diegene wat die Calvinistiese of fatalistiese siening van uitverkiesing glo, naamlik dat die ewige eindstemming van elke individu onveranderlik bepaal is nog voor hy bestaan het, is nog meer absurd en onredelik.

In due time, there will be full knowledge AND appreciation.

Jesus36AngelsA.jpg (23136 bytes)
How will the "good tidings of great joy" be to "ALL PEOPLE"?

     Maar die Bybel, wat vol van die gees van evangelisasie is, leer nie dat daar verskeie weë van saligheid is nie. Daar is nie een weg deur geloof, en een weg deur werke en ook een weg deur onkunde nie. Dit leer ook nie die doktrine van fatalisme – die weg wat God onteer – nie.

     Terwyl dit elke ander deur van hoop, teen die wedloop as toe aanwys, gooi dit die een en enigste deur wawyd oop, en verklaar dat enigeen wat wil, in die lewe mag ingaan.

     Dit wys ook dat almal wat nie op die tydstip die geseënde voorreg om binne te kan gaan, kan sien of waardeer nie, mettertyd tot die volle kennis en waardering sal kom. Die enigste weg waardeur enigeen of almal uit die veroordeelde ras, tot God mag kom, is nie deur goeie werke nie, ook nie deur onkunde nie, maar alleenlik deur geloof in die kosbare bloed van Christus wat die sonde van die wêreld wegneem (I Pet.1:19; Johan 1:29).

    Dit is die Evangelie, die goeie tyding van groot blydskap, wat aan Alle Mense gerig gaan wees.

     Kom ons kyk na hierdie dinge net soos God vir ons van hulle vertel, en los die verheldering van Sy karakter aan Hom oor. Laat ons vra, Wat het met die een honderd twee en veertig miljarde gebeur?

Why is mankind in a condition of suffering?      Wat ook al hulle oorgekom het, kan ons seker wees dat hulle nie in ‘n toestand van lyding is nie. Die Skrifte leer nie alleenlik dat die volle en volledige beloning net by Sy wederkoms – wanneer Hy elke mens sal beloon (Matt. 16:27) aan die kerk gegee is, nie, maar ook dat die onregverdiges op daardie tydstip hulle straf sal ontvang.

    Wat ook al hulle huidige toestand is, kan dit nie hulle volle beloning wees nie, want Petrus verklaar,

die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word;“ (2 Pet. 2:9).

Hy sal dit doen!

"God is love."

Jesus34Cross.jpg (5390 bytes)

     Die gedagte dat so baie van ons medeskepsels ooit weens gebrek aan die kennis wat vir die saligheid nodig is, verlore mag gaan, is - vir almal wat self ‘n klein vonkie van liefde of  meegevoel het - inderdaad hartseer.  Daarbenewens is daar baie skrifte wat klaarblyklik onmoontlik is om met al hierdie te harmoniseer.

     Kom ons kyk. In die lig daarvan dat die verlede en die hede die enigste geleenthede vir die saligheid is, en die opsysit van alle hoop op restitusie in die komende eeu, hoe sal ons die volgende verklarings verstaan?

”God is liefde” (I Joh.4:8) en

”Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê” (Joh.3:16).

   As God die wêreld so lief gehad het, sou dit nie redelik gewees het nie om te verwag dat Hy voorsiening sou gemaak het, nie alleenlik dat gelowiges gered mag word nie, maar ook dat almal mag hoor sodat hulle kan glo?

Every man has not yet been enlightened.      Weereens, wanneer ons lees dat

Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.“ (Joh.1:9),

sê ons ondervinding, Nee, dit is nie so nie, want nie al die mense is verlig nie, en ons kan nie sien dat ons Here meer as ‘n paar van die aarde se miljarde verlig het nie. Selfs in hierdie relatief verligte tydperk, wys miljoene heidene geen teken van verligting nie. So ook met die Sodomiete en groot skares ander gedurende afgelope eeue.

Was redemption a failure?

Jesus30AngelsA.jpg (22907 bytes)
"Behold, I bring you good tidings of great joy, which shall be to ALL PEOPLE."
Luke 2:10

     Ons lees dat, deur die genade van God, Jesus Christus, vir elke mens, die dood  gesmaak het (Heb.2:9).

    Maar, as Hy vir 143 000 000 000 die dood gesmaak het, en vir watter rede ookal die slagoffer vir net een miljard werkdadig geword het, was die verlossing nie ‘n relatiewe mislukking nie?

     En, in dié geval, is die Apostel se verklaring nie te breed nie?  En weereens, wanneer ons, in Luk 2:10

”want kyk, ek bring julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees,

lees, maar wanneer ons om ons kyk, en sien dat net vir ‘n klein kuddetjie was dit goeie tydinge, en nie vir alle mense nie, sou ons verplig wees om te wonder of die engele nie die goedheid en breedte van hulle boodskap vergroot het nie. Dit sou ook die belangrikheid van die werk wat deur die v