DIE DRIE Weë

 

TI3Ways1.jpg (26230 bytes)

DIE DRIE Weë –
Die Breë Weg,
Die Smal Weg,
Die Hoofweg

– DIE BREë WEG NA VERNIETIGING
– DIE SMAL WEG NA DIE LEWE
– WAT IS LEWE?
– DIE GODDELIKE NATUUR
– DIE VERWANTSKAP TUSSEN DIE GODDELIKE EN MENSLIKE NATURE
– DIE BELONING AAN DIE EINDE VAN DIE SMAL WEG
– DIE Hoë ROEPING BEPERK TOT DIE EVANGELIE TYDPERK
– MOEILIKHEDE EN GEVARE VAN DIE SMAL WEG
– DIE HOOFWEG VAN HEILIGMAKING

 

Narrow4.jpg (1847 bytes)
Few find
the "narrow way" to life today.

Mat 7:13,14  Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.  Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.

Path2A.jpg (16927 bytes)
The "highway of holiness" will be available for all.

Isa 35:8,9  En dáár sal ‘n grootpad wees en ‘n weg wat die heilige weg genoem sal word; geen onreine sal daarop voorttrek nie, maar vir húlle sal dit wees; wie die weg bewandel — selfs die dwase sal nie dwaal nie. Dáár sal geen leeu wees nie, en geen verskeurende dier sal daarop kom of daar aangetref word nie; maar die verlostes sal daarop wandel;

PKMud.jpg (33364 bytes)
The downward path is becoming
more glazed
and slippery
with sin.

     Op hierdie wyse word die drie weë in die Bybel onder ons aandag gebring.

DIE BREë WEG NA VERNIETIGING

     Hierdie pad word so genoem omdat dit die maklikste manier is om die mensdom te versleg. Ses duisend jaar terug, het Adam (en die ras wat deur hom verteenwoordig was), as ‘n sondaar wat tot vernietiging veroordeel was, op hierdie pad begin wandel, en na 930 jaar het hy die einde bereik – vernietiging. Soos die jare en die eeue verbygerol het, het die afwaartse paadjie meer en meer glad verslyt geword, en die ras het vinniger en vinniger na vernietiging gejaag.

     Daagliks het die paadjie meer en meer met sonde verglans, verslyk en glad geword. Maar nie alleenlik dit nie, die mensdom verloor die vermoë om te weerstaan, sodat die gemiddelde leeftyd van die mens nou net ongeveer 75 jaar is. Die mensdom bereik die einde van die pad – vernietiging – 900 jaar vinniger as die eerste mens. 

wpeB0.jpg (11048 bytes)

For 6,000 years,
sin and death
have reigned relentlessly.

     Vir 6000 jaar het die ras aanmekaar die breë, afwaartse weg gevolg. Betreklik min het probeer om hulle koers te verander, en op hulle voetspore terug te gaan. Eintlik was dit onmoontlik om op hulle voetspore terug te gaan en die oorspronklike volmaaktheid te bereik, alhoewel die inspanning van sommige in hierdie rigting werklik prysenswaardig is, en die gevolge  was nie sonder voordeel nie.  Vir 6000 jaar het sonde en die dood genadeloos  oor die mensdom geheers, en hulle op die breë weg na vernietiging gejaag. Voor die evangelietydperk was daar geen weg van ontsnapping onthul nie.

     Alhoewel daar, in die vorige eeue, strale van hoop, deur tipes en skaduwees, maar flou gesien is, en hierdie tipes en skaduwees deur baie min met vreugde verwelkom en daarop gereageer is, tog was lewe en onverganklikheid nie voor die lig gebring nie alvorens die verskyning van ons Here en Redder, en die verklaring deur die apostels van die goeie tydinge van verlossing en vergifnis van sondes, en die gevolglike opstanding uit die vernietiging (2 Tim.1:10).  

Narrow2.jpg (2783 bytes)

Jesus called
the new way
the "narrow way
to life."

     Die leringe van Jesus en die apostels bring die lewe in die lig – ‘n restitusie of herstel na die lewe toe vir die hele mensdom, soos gebaseer op die deug  en offer van die Verlosser. Hulle wys hierdie aan as die betekenis van baie Ou Testamentiese tipes. Hulle bring ook onder ons aandag die onverganklikheid, die beloning van die hoë roeping van die Evangeliekerk. 

     Alhoewel ‘n ontsnappingsroete uit die breëweg na vernietiging, deur die evangelie in die lig gebring is, slaan die groot meerderheid van die mensdom nie op die goeie tydinge af nie. Die rede is dat hulle deur sonde bederf is, en deur die Teenstander verblind word. Diegene wat nou in dankbaarheid die belofte van die lewe – die herstel tot die menslike bestaan – aanvaar, word bewus gemaak van die feit dat ‘n nuwe weg vir hulle nou oopgemaak is.

     Deur hierdie weg mag toegewyde gelowiges verder as die menslike natuur gaan, en tot ‘n hoër natuur verander word – die geestelike. Hierdie nuwe weg wat “vir ons gekonsekreer is” – die koninklike priesterdom (Heb. 10:20) – het ons Here genoem “Die Smal Weg Na Die Lewe”      

Because of
its narrowness,
many prefer
to avoid it.

Narrow3.jpg (2815 bytes)

DIE SMAL WEG NA DIE LEWE”

     Ons Meester vertel ons dat dit weens die smalheid van hierdie weg is dat die meerderheid verkies om op die breë weg na vernietiging te bly. “Want die poort is nou (moeilik) en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.”

     Voor ons hierdie weg met sy gevare en moeilikhede in ag neem, laat ons oplet dat die einde van hierdie pad die lewe is. Soos ons alreeds gesien het, mag die lewe op verskeie vlakke van wese geniet word – hoër sowel as laer as die menslike. Lewe is ‘n breë en alomvattende term, maar hier gebruik ons Here dit met verwysing na die hoogste vorm van die lewe, betrekkende die goddelike natuur – onsterflikheid – die prys waarvoor Hy ons genooi het om te hardloop.

What is life?

     What is life? We not only realize it in ourselves, but we see its operation in lower animals, and even in vegetation, and we are told of its existence in higher forms, angelic and divine. How shall we define a term so comprehensive?

Jehovah is
the great fountain of all life.

     Wat is die lewe? Ons besef dit nie alleenlik in onsself nie, maar ons sien die werking in die nederiger diere, en selfs in die plantegroei. Ons word ook vertel van sy bestaan in die hoër vorms, soos, bv. Engelagtig en goddelik. Hoe kan ons ‘n term wat so alomvattend is, definieer?  

Creation2.jpg (2468 bytes)

The divine nature is life independent, unlimited, exhaustless.

     Ons mag miskien nie die geheime fonteine van die lewe in elkeen bespeur nie, maar ons mag gerus aanvaar dat Die Goddelike Wese, Jehova, die groot fontein van die lewe is, wat die bron is van al hierdie fonteine. Alle lewende wesens vloei uit Hom voort, en is op Hom heeltemal afhanklik vir die lewe.

     Alle lewe, of dit in God of in Sy skepsels is, is dieselfde: dit is ‘n aanwakkerende beginsel, nie ‘n selfstandigheid nie. Dit is ‘n beginsel wat in God inwoon, maar wat in Sy skepsels uit sekere oorsake wat God bepaal het, voortkom. Daarom is Hy die Oorsaak, die Leidsman of die Fontein. Om dié rede is die skepsel geensins ‘n deel of ‘n afstammeling van die Skepper se essensie of natuur, soos sommige miskien sal verbeel, nie. Hy is God se handwerk wat met die lewe ingeboesem is.

     Omdat ons die feit erken dat alleenlik in die goddelike natuur is die lewe onafhanklik, onbeperk,  onuitputbaar, altyd onafgebroke, nog  deur omstandighede veroorsaak, nog deur hulle beheer, sien ons dat die noodsaaklikheid van Jehova hoër is as daardie fisiese wette en voorrade wat Hy vir die lewensonderhoud van Sy skepsels verorden het. Dit is hierdie eienskap, wat alleenlik aan die goddelike natuur behoort, wat deur die term onverganklikheid beskryf word. Soos in die vorige hoofstuk bewys was, beteken die woord onverganklik om proef te wees teen die dood, en gevolglik ook teen siekte en pyn. Eintlik kan die woord onverganklikheid as ‘n sinoniem vir goddelikheid gebruik word. Uit die goddelike en onverganklike fontein vloei alle lewe en seëninge, elke goeie en volmaakte gawe,  net soos die aarde al haar lig en forsheid van die son ontvang.  

Sun1.jpg (3030 bytes)
The sun is
the fountain of light
to the earth.

     Die son is die groot bron van lig op die aarde, en dit belig alle dinge deur ‘n menigte soorte en skakerings van kleure – afhangende van die natuur van die voorwerp waarop dit skyn. Dieselfde sonlig wat op ‘n diamant, op ‘n baksteen, en op verskeie soorte glas, val,  veroorsaak merkwaardige verskillende uitwerkinge.

     Die lig is dieselfde, maar die voorwerpe waarop dit val verskil in hulle vermoëns om dit te ontvang en versend. So ook met die lewe. Dit vloei uit die een onuitputbare fontein voort.  Die oester het lewe, maar sy organisme is so dat dit nie van baie lewe gebruik kan maak nie, net soos die baksteen nie baie van die sonlig kan weerkaats nie.

     Net so met elkeen van die hoër manifestasies van lewe – in dierasie, vis en voël. Soos die verskillende soorte glas onder die sonlig, so ook vertoon verskeie skepsels verskillend die verskeie organiese magte wat hulle besit, wanneer die lewe hulle organismes besiel.  

Man does not possess
inherent life.

Grave9A.jpg (37183 bytes)

     Die geslypte diamant is so aan die lig aangepas dat dit lyk asof dit eintlik die bron daarvan is, en is self eintlik ‘n miniatuur son. So ook met die mens – een van die meesterstukke van God se skepping, wat “weinig minder as die engele gemaak” is.  

     Hy is so pragtig geformeer  dat hy by magte was om die lewe te ontvang en behou – deur die gebruik van die middele wat God voorsien het – en nooit dof te word nie. Daarom was Adam – voor hy geval  het – pragtiger as enige ander aardse skepsel: nie as gevolg van enige verskille in die lewensbeginsel wat ingeplant was nie, maar as gevolg van ‘n meer verhewe organisme. Tog moet ons onthou dat, behalwe wanneer die son op hom skyn,  die diamant geen lig kan weerkaats nie.  

The beginning
of human life –

Adam1F.jpg (3944 bytes)

     So ook kan die mens die lewe besit en geniet net solank as wat die voorsiening van die lewe voortgesit word. Die mens het nie inherente lewe nie. Hy is nie enigsins meer ‘n fontein van die lewe as wat die diamant ‘n fontein van lig is nie. Een van die sterkste bewyse dat ons nie in onsself ‘n onuitputbare voorsiening van die lewe het nie – of, met ander woorde, dat ons onverganklik is – is dat, vandat die sonde ingetree het, het die dood op ons hele ras gekom.

     God het gereël dat die mens in die Tuin van Eden toegang sou hê tot lewenssteunende bome, en die paradys waarin hy geplaas is het is oorvloedig voorsien met  “allerhande bome (wat God) uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad.(Gen.2:9,16,17).  

     ”Onder die bome van lewe wat goed was om te eet was een verbode. Terwyl hy verbied was om vir ‘n tyd van die boom van kennis te eet, was hy toegelaat om vrylik te eet van die bome wat heeltemal voldoende was om die lewe te steun.  Eers nadat hy gesondig het was hy van hulle geskei, sodat hierdeur, die doodstraf  in werking mag kom (Gen.3:22).

As the diamond loses its beauty when light is withdrawn,
so man loses life without God.

     Gevolglik word die heerlikheid en die skoonheid van die mensdom gesien as van die aanhoudende toevoer van lewe afhanklik, net soos die diamant van die aanhoudende toevoer van lig afhanklik is. Toe die sonde die mensdom van die reg om te lewe beroof het, en die toevoer teruggehou is, het die juweel dadelik begin om sy helderheid en skoonheid te verloor. Die laaste oorblyfsel word in die graf weggeneem. “dan laat U sy skoonheid vergaan soos deur ‘n mot”; (Psa.39:11).

     Soos die diamant sy skoonheid en helderheid verloor wanneer die lig weerhou word, so ook verloor die mens die lewe wanneer die benodighede  van hom weerhou word.  

Grave7.jpg (2626 bytes)
"There is
no work...
nor knowledge...
in the grave..."

Job 14:10  Maar ‘n man sterwe en is magteloos; ja, ‘n mens blaas die asem uit en—waar is hy?”

Job 14:21 “Sy kinders kom in eer, maar hy word dit nie gewaar nie; en hulle word gering, maar hy let nie op hulle nie”

Pred. 9:10 “……daar is geen werk of oorleg of kennis of wysheid in die doderyk waar jy heengaan nie.”  

Man is to have
his beauty restored.

Girl3F.jpg (3515 bytes)

     Maar omdat ‘n losprys gevind is, omdat die doodsvonnis deur die Verlosser voorsien is, sal die juweel se skoonheid herstel word, en dit sal weereens die Skepper se beeld volmaak weerspieël wanneer die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees;” (Mal.4:2).

     Dit is weens die sondeoffergawe, die offer van Christus, dat „...almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.” (Joh.5:28,29).

     Daar sal ‘n herstelling van alle dinge wees, eerstens ‘n geleentheid of aanbod  aan almal, en uiteindelik die verkryging van menslike volmaaktheid deur almal wat die Verlosser gehoorsaam.

 

 

Divine nature
was originally
the possession
of God.

 Creation1.jpg (1664 bytes)

"Who only
hath immortality..."
I Timothy 6:16

     Nogtans, hierdie is nie die beloning waarna Jesus verwys as die einde van die smal weg. Uit ander Skrifte leer ons dat die beloning wat aan diegene wat op die smal weg wandel belowe word, die “goddelike natuur” – die inherente lewe, die lewe in die oortreffende trap wat alleenlik deur die goddelike natuur besit kan word – onsterflikheid is. Wat ‘n hoop! Durf ons na so ‘n hoogte van heerlikheid aspireer? Sekerlik sal niemand, sonder ‘n positiewe en uitdruklike uitnodiging, na so iets regmatig kan aspireer nie.  

     Uit I Tim.6:14-16, leer ons dat die onsterflike of goddelike natuur oorspronklik die uitsluitlike eiendom van die goddelikheid was. Ons lees in I Tim.6:14-16:

 “dat jy die gebod onbevlek, onberispelik bewaar tot by die verskyning van onse Here Jesus Christus, wat op sy eie tyd (die millennium) vertoon sal word deur die salige en enigste Heerser, die Koning van die konings en Here van die here,  wat alleen onsterflikheid besit en ‘n ontoeganklike lig bewoon, wat geen mens gesien het of kan sien nie, aan wie toekom eer en ewige krag. Amen.”

     Alle ander wesens, engele, mense, diere, voëls, visse ens. is maar  kruike wat elkeen ‘n mate van die lewe bevat. Hulle verskil almal in karakter, kapasiteit, gehalte, volgens die organisme wat die Skepper behaag het om vir elkeen te voorsien.

     Verder leer ons dat Jehova, Wie oorspronklik alleen onverganklikheid besit het, Sy Seun, onse Here  Jesus tot dieselfde goddelike onverganklike natuur uitermate verhoog het. Om die rede is Hy nou die afdruksel van Die Vader se wese (Heb.1:3). So lees ons in Joh. 5:26:  

Immortality is
now offered to
the Bride of Christ.

Bride2.jpg (3336 bytes)

Want soos die Vader lewe het in Homself, (God se definisie van “onverganklikheid” – lewe in Homself – nie uit ander bronne getrek, of van omstandighede afhanklik nie, maar lewe wat onafhanklik en inherent is)  so “het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê.”

     Sedert die opstanding van die Here Jesus, is daar twee wesens wat onverganklik is.  Nou, uit verstommende genade, word dieselfde aanbod aan die Bruid van die Lam gemaak. Die bruid was gedurende die Evangelietydperk uitgesoek is. Tog sal nie almal wat in die groot geselskap watnominaal in die Kerk is, hierdie groot prys ontvang nie. Alleenlik daardie „klein kuddetjie” van oorwinnaars wie so hardloop om dit te bekom, wie noulik in die voetstappe van die Meester volg, en wie, soos Hy, op die smal weg van opoffering wandel – tot by die dood toe – sal dit ontvang.

     Diegene, wanneer hulle gedurende die opstanding, uit die dood gebore word, sal die goddelike natuur en vorm besit.  Hierdie onverganklikheid, die onafhanklike, selfbestaande goddelike natuur, is die lewe waarna die smal weg lei.

The Church class
is to be raised
with spiritual bodies.

     Hierdie klas sal nie as menslike wesens uit die graf  verwek word nie, want ons word deur die Apostel verseker dat, alhoewel ons as natuurlike liggame gesaai word, sal ons as geestelike liggame verwek word. Hierdie sal almal “verander” word, en net soos hulle eens op ‘n tyd die beeld van die aardse gedra het – die menslike natuur – so ook sal hulle die beeld van die hemelse dra. Maar “dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie;” – waaaruit bestaan ‘n geestelike liggaam.  

     “Maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees,” en deel sal hê aan die “heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word.” I Joh. 3:2; Kol. 1:27; II Kor. 4:17; Joh. 17:22; 1 Pet. 5:10, 2 Thess. 2:14; Rom. 8:18.

The Gospel Age
is designated exclusively
for this call.

     Nie alleenlik is hierdie roeping na ‘n verandering van natuur eksklusief tot Evangelietydperk beperk nie, maar dit is die enigste aanbod van hierdie tydperk. Daarom plaas onse Here se woorde wat aan die begin van hierdie hoofstuk aangehaal word, op die breë weg na vernietiging almal wat nie op die weg is na die enigste prys wat nou aangebied word.

     Al die ander is nog op die breë weg – hierdie het alleenlik die verdoemenis wat op die wêreld is, ontvlug. Hierdie, die enigste weg van lewe wat nou oop is, weens die moeilikheid daarvan – vind min wat bereid is om daarop te wandel. Die skares mensdom, in hulle swakheid, verkies die breë, maklike  weg van selfgratifikasie.

The path
from death to life
is a
"Narrow Way" today.

Narrow5.jpg (2549 bytes)

     Die smal weg, terwyl dit in die lewe eindig, kan, in die onverganklikheid, die weg van die dood genoem word.  Die rede hiervoor is dat die beloning daarvan deur die slagoffer van die menslike natuur, tot die dood toe, verwerf word. Dit is die smal weg van die dood tot die lewe toe. Die heiliges, omdat hulle as vry van Adamse skuld en die doodsvonnis bereken word, doen vrylik afstand van daardie menslike regte wat as hulle s’n bereken is, en wat, op die regte tyd, saam met die wêreld as geheel, sou eintlik ontvang het - of hulle offer hulle op.

     Net soos “Die Mens Christus Jesus” Sy lewe neergelê of opgeoffer het, so ook word hierdie, saam met Hom, medeofferaars.  Dit is nie dat Sy opoffering onvoldoende was, en dat daar ander benodig was nie, maar, terwyl Syne heeltemal genoegsaam is, word hierdie mense toegelaat om saam met Hom te dien en te ly sodat hulle Sy bruid en mede-erfgenaam kan word.  So dan, terwyl die wêreld onder die doodsvonnis verkeer, en besig is om saam met Adam te sterwe, word dit gesê dat hierdie “klein kuddetjie” saam met Christus sterwe.

     Dit gebeur deur die proses van geloofsberekening en opoffering, soos alreeds beskrywe.  Hulle offer en sterf saam met Hom as mense, sodat hulle, saam met Hom deelnemers aan die goddelike natuur en heerlikhede kan word. Ons glo dat as ons saam met Hom dood is, sal ons saam met Hom lewe. As ons saam met  Hom ly, sal ons ook saam verheerlik word. Rom. 8:17 en 2 Tim. 2:11,12     

With the end
of the Gospel Age,
the Narrow Way
will close.

     Aan die begin van die Duisendjarige tydperk, sal diegene wat nou op die smal weg wandel, die groot prys waarvoor hulle gehardloop het – onverganklikheid – al verkry het. Omdat hulle met die goddelike natuur n krag beklee is, sal hulle voorbereid wees vir die groot werk waardeur die wêreld gedurende daardie tydperk herstel en geseën word. Met die einde van die Evangelietydperk sal die smal weg na onverganklikheid sluit, want die uitverkore “klein kuddetjie”, waarvoor die toets en beproef waarvan, ontwerp is, voltooi sal wees.

     Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae (Grieks: dektos, aanvaarbaar of ontvangbaar);”  Dit is die tyd waarin offeraars , wie in die verdienstelikheid van Jesus kom, en saam met Hom dood word, aanvaarbaar aan Hom is, ‘n offer van soete geur. Die dood,  as die Adamse straf, sal nie vir altyd toegelaat word nie, en sal gedurende die Duisendjarige tydperk afgeskaf word. As ‘n offer sal dit alleenlik gedurende die Evangelietydperk aanvaar en beloon word.

     Alleenlik as “nuwe skepsels” is die heiliges van hierdie tydperk op die weg na die lewe toe. Alleenlik as mense word ons, as offers, aan vernietiging toegewy. As ons, as mense, met Christus dood is, dan sal ons, as nuwe, geestelike wesens, saam met Hom lewe (Rom.6:8). Die gedagtes van God is in ons, as ons vervormde verstand, die kern van nuwe natuur.

"For if ye live
after the flesh,
YE SHALL DIE;
but if ye
through the Spirit
do mortify the deeds of the body, YE SHALL LIVE.

"For as many as are led by the Spirit of God,
they are the sons of God."
Romans 8:13,14

     Die nuwe lewe sou baie maklik verwurg word. Paulus verseker ons dat, wanneer ons uit die Gees verwek is, deur die waarheid,  as ons na die vlees lewe, sal ons sterwe (ons lewens verloor).

     Aan die ander kant, as ons, deur die Gees, die dade van die liggaam (die geaardheid van die menslike natuur) kasty (doodmaak),  dan sal ons (as nuwe skepsels) lewe; want die seuns van God is diegene wat deur die Gees van God gelei word (Rom. 8:13,14). 

     Hierdie is ‘n gedagte of konsep van die uiterste belang vir al die toegewydes, want as ons ‘n verbond met God gesluit het om die menslike natuur op te offer, en as daardie offer deur Hom aanvaar is, is dit nutteloos om te probeer om die verbond terug te neem.

     Die mens is nou, deur God, as dood bereken, en moet werklik sterwe, om nooit weer herstel te word nie. Al wat dan bereik kan word, deur terug te draai na die lewe na die vlees, is ietwat menslike gratifikasie ten koste van die nuwe geestelike natuur.

There is
another class;
it is partially overcome
by the world,
the flesh,
or the devil.

     Daar is, nietemin, baie toegewydes wat na die prys verlang, en wie, deur die Gees, verwek is, wat gedeeltelik deur die aanloklikhede van die wêreld, die begeerlikhede van die vlees, of die kunstighede van die duiwel oorwin is. Hulle verloor gedeeltelik sig van die prys wat voor ons gestel is, en probeer om op ‘n middelweg te wandel om die guns van God en die guns van die wêreld te behou.

     Hulle vergeet wat Jakobus 4:4 sê: “ ... weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God” en ook dat bevele aan diegene wat die wedloop hardloop vir die prys, is:

Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie” (I Joh.2:15) en Joh 5:44)  

“Hoe kan julle glo wat van mekaar eer aanneem, en die eer wat van die enige God kom, soek julle nie?”.

Fire.jpg (3024 bytes)
Purified by
the fire
of affliction.

     Diegene wat die huidige wêreld lief het, maar wat die Here nie heeltemal versaak het nie, en hulle verbond verag het, ontvang ‘n kastyding en reiniging deur die vuur van beproewing. Soos die Apostel dit uitdruk, word hulle aan Satan oorgelewer, vir die vernietiging van die vlees, sodat die gees (die nuutverwekte natuur)  in die dag van die Here Jesus gered kan word (I Kor.5:5). As hulle deur die dissipline opreg handel, sal hulle uiteindelik in die geestelike toestand ontvang word. 

The rugged, steep,
narrow way
of the Christian

Narrow1F.jpg (4331 bytes)

The difficulties
of the narrow way
are a separating
principle, refining
the people of God.

     Net soos die engele, sal hulle nimmereindigende geestelike lewe besit, maar sal die beloning van onverganklikheid verbeur. Hulle sal God in Sy tempel dien, en voor die troon staan, met palmtakke in hulle hande (Openb.7:9-17), maar alhoewel dit heerlik sal wees, sal dit nie so heerlik soos die stand  van die “klein kuddetjie” van oorwinnaars wees nie. Die “klein kuddetjie” sal konings en priesters  voor God wees, saam met Jesus, as Sy bruid en mede-erfgename, gesetel. Hulle sal saam met Hom met onverganklikheid bekroon word.

     Ons weg is hobbelrig, steil en smal, en as dit nie vir die feit dat ons – vir elke tree van die reis – met krag voorsien word nie, sou ons nooit die einde kon bereik nie. Nietemin, ons Kaptein se woord is bemoedigend:  “maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin. My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring.” (Joh.16:33; 2 Kor.12:9).

     Die moeilike dinge van hierdie weg fungeer as ‘n skeidende beginsel, om  ‘n “heilige volk” as  “erfgename van God en mede erfgename van Christus”, te heilig en verfyn. In die lig van hierdie dinge, laat ons onbeskroomd voor die genadetroon kom, sodat ons genade mag bekom, en sodat ons goedertierenheid vind, om ons in die tyd van nood te help – terwyl ons die goeie stryd van geloof aandurf, en beslag lê op die kroon van heerlikheid – onverganklikheid, die goddelike natuur (2 Tim.4:8; 1 Pet.5:4).

The way
to the world’s restitution
will not
be sacrifice,
but proper enjoyment
of human rights.

DIE HOOFWEG VAN HEILIGMAKING

     Terwyl die spesiale hoop van die Evangelietydperk so verrassend heerlik is, en die weg daarna ooreenstemmend moeilik is – smal, deur ontberinge en gevare by elke stap omhein,  - sodat weinig dit vind, en die groot prys aan die einde bekom. Die groot prys is die nuwe orde van dinge in die eeu wat kom, wat heeltemal anders gaan wees. Omdat ‘n anderste hoop aangebied, is daar ‘n anderste weg wat daarna toe lei.

     Die weg na die onverganklikheid was ‘n weg wat vereis het dat die andersins wettig en welvoeglike verwagtinge, ambisies en begeertes – die ewige  opoffering van die menslike natuur – opgeoffer moet word.  Maar die weg na menslike volmaaktheid, na teruggawe, die hoop van die wêreld, vereis net die verwerping van sonde; nie die opoffer van menslike regte en voorregte nie, maar hulle opregte genieting. Dit sal na persoonlike reiniging en herstel na die beeld van God – soos deur Adam geniet is, voor sonde die wêreld ingekom het, toe lei.

There will be
a highway, specially prepared
for easy travel.

Path1.jpg (4912 bytes)

 

 

 

 

 

 

BibleChart.jpg (7199 bytes)

Path4Geth.jpg (26065 bytes)
Garden of Gethsemane

The Narrow Way
is a pathway
of sacrifice
and "Gethsemane"
experiences.

     Die weg terug na eintlike menslike volmaaktheid sal baie duidelik en maklik gemaak word – so duidelik dat niemand die weg sal vergis nie; so duidelik dat “wie die weg bewandel—selfs die dwase sal nie dwaal nie.” (Jes.35:8 - Leeser) Dit sal so duidelik wees dat, volgens Jer 31:34

 “ ... hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.

     In plaas daarvan dat dit ‘n smal weg is wat weinig kan vind,  word dit “’n Grootpad” genoem, ‘n publieke ryweg – nie ‘n smal, steil, hobbelrige, moeilike sypad wat omhein is nie, maar ‘n weg wat spesiaal vir maklike reis voorberei is, en wat spesifiek voorberei is vir die geskiktheid en gemak van die reisigers. Verse 8 en 9 wys duidelik dat dit ‘n publieke pad is, aan al die verlostes toeganklik – elke mens.

     Elke mens vir wie Christus gesterf het, en wie die geleenthede en seëninge wat deur die kosbare bloed gekoop is, sal benut, mag op hierdie Hoofweg van Heiligmaking opgaan, om sodoende die doel van volmaakte herstelling tot menslike volmaaktheid en die ewige lewe te bekom.

     Hierdie sal ook nie as regverdig aanvaar word nie, en nie as ‘n tweede stand van heiligmaking en volmaaktheid in die oog van God gegun word nie. Wanneer hulle op die hoofweg van heiligmaking begin het, mag hulle daarop tot werklike volmaaktheid vorder, as gevolg van strewe en gehoorsaamheid, waaraan alle dinge, deur hulle verlosser Wie dan in mag sal heers, gunstig gemaak gaan word.

     Elke individu sal, volgens sy benodighede, deur die wyse en volmaakte administrasie van die nuwe Koninkryk, gehelp word. Soos sommige dit sal gewaar, is hierdie die egte gevolg van die bevryding. Aangesien onse Here - die Mens Christus Jesus - Homself as ‘n losprys vir almal gegee het, en begeer dat almal tot die kennis van die waarde, en daardeur tot die werklike volmaaktheid, moet kom, hoekom maak Hy nie onmiddellik ‘n goeie en breë hoofweg vir almal nie? Waarom verwyder Hy nie al die versperrings, struikelblokke, valstrikke en vanggate nie? 

     Waarom word die sondaar nie na die volle harmonie met God teruggehelp nie, pleks van dat die pad smal, hobbelrig, doringagtig, moeilik om te vind, en nog moeiliker om op te wandel, gemaak word?  Om die Woord van die Waarde nie reg te sny nie, en nie te besef dat die smal weg na die besonderse prys toe lei nie, en dat dit nie die beproewing en uitverkiesing van die Klein Kuddetjie van mede-erfgename, die liggaam van Christus wat, wanneer hulle – saam met hulle Hoof – uitverkore en verhewe word, al die nasies sal seën, het na verskeie baie verwarde gedagtes oor die onderwerp gelei.

     Omdat hulle God se plan verkeerd verstaan, preek baie van ‘n hoofweg van heiligmaking – ‘n maklike weg na die lewe toe – in die huidige tydperk, en hulle verwar en komprimeer die onderwerp, om, volgens hulle verwarde teorieë, die feite by die Bybel te laat pas. Op die hoofweg, wat binnekort oopgemaak gaan word, sal net sondige dinge verban word, terwyl diegene wat op die smal weg reis sal hulleself baie dinge wat nie sondig is nie ontneem en opoffer,  terwyl hulle aanhoudend teen die boesemsondes oorlog moet voer. Hierdie is ‘n voetpad van opoffering, net soos dié van die komende tydperk ‘n hoofweg van geregtigheid gaan wees.

Ignorance
and superstition
will be past.

Mtn5.jpg (8365 bytes)

Righteousness
will finally
receive its
due reward.

 

 

     Dit word in simboliese taal baie betekenisvol verklaar dat, volgens Isa 35:9  Dáár sal geen leeu wees nie, en geen verskeurende dier sal daarop kom of daar aangetref word nie; maar die verlostes sal daarop wandel;”  Daar is huidiglik ‘n menigte verskriklike leeus wat nou op die weg is van diegene wat graag hulle sondige gewoontes wil los, en in geregtigheid wil lewe.

     Daar is die leeu van  gedegenereerde openbare sentiment wat keer dat baie durf om die voorskrifte van die gewete – wat die alledaagse lewe betref – gehoorsaam word. Dit sluit in, bv. Kleding, tuiste, en besigheidsoptrede, ens. Die leeu van versoeking betrekkende sterk drank, verhinder duisende wat graag die vervulling daarvan wil sien.

     Afskaffers en onthoudingswerkers vind nou ‘n reuse taak op hulle hande, wat allenlik die gesag en mag van die volgende tydperk sal kan verwyder. Dieselfde kan gesê word van ander waardige pogings betreffende morele hervorming. “En geen verskeurende dier sal daarop kom.”

     Geen reuse korporsasies, wat georganiseerd is om selfsugtige en individuele belange te bevorder – ten koste van die algemene goed – sal geduld word nie. Isa 11:9  “Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie;” Alhoewel daar moeilikhede sal wees in die stryd teen die neiging na die bose, ens., tog, in vergelyking met die small weg van hierdie tydperk, sal dit ‘n maklike weg wees.

     Die stene (struikelblokke) sal almal uitgehaal wees, en die standard van die waarheid sal oor die mense verhef wees (Jes.62:10). Onkunde en bygeloof sal iets van die verlede wees, en geregtigheid sal sy regmatige beloning ontvang, terwyl op die bose sy welverdiende loon uitgemeet sal word ((Mal.3:15,18).

     Deur heilsame tugtiging, gepaste aanmoediging en eenvoudige onderrig, sal die mensdom – as teruggekeerde verkwisters – tot die grootse volmaaktheid waarvan vader Adam geval het, opgelei en gedissiplineer word. Soos Jesaja skryf, (35:10)  

 

 

 

 

Broad Road
People4.jpg (31767 bytes)

Narrow Way
Narrow1.jpg (13823 bytes)

 en die losgekooptes van die HERE sal teruggaan (van vernietiging, langs die wonderlike hoofweg van  heiligmaking) en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg.”

     Onse Here het na net twee van hierdie weë verwys, omdat dit nog nie die regte tyd was vir dir oopstelling van die derde een nie. Dit is soos wanner Hy die gooeie tyding verkondig het,  Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul”, maar geen melding gemaak het van “Die Dag van  Wraak” nie, want dit was nog nie die tyd daarvoor nie. (Vergelyk Lukas 4:;19 en Jesaja 61:2). Maar nou, terwyl die smal weg na ‘n einde kom, begin die grootse hoofweg van geregtigheid om meer en meer duidelik gesien te word, in die lig van die dag wat aanbreek.

     Ons het dus ‘n “Breë Weg” gevind, waarop die menigtes van die mensdom huidiglik reis. Hulle word deur die “Vors van hierdie wêreld” mislei, en deur verdraaide smaak gelei. Ons het gevind dat deur “een man se ongehoorsaamheid” is dit oopgestel, en dat ons ras daardeur sy blindelingse vaart daarop  begin het.  Ons het gevind dat die “Hoofweg van Heiligmaking” deur onse Here oopgemaak gaan word.

     Hy het Homself as ‘n losprys vir almal gegee, en almal van die vernietiging waarheen die “Bree Weg” lei, verlos. Ons het ook uitgevind dat dit, op die regte tyd, toeganklik en maklik sal wees vir al die verlostes wie Hy met Sy eie kosbare bloed gekoop het. Ons verder ontdek dat die huidige “Smal Weg” wat deur die verdienste van dieselfde kosbare bloed oopgestel is, ‘n baie spesiale weg is, en een wat na ‘n besondere prys toe lei.

     Dié weg word spesiaal smal en moeilik gemaak as ‘n toets en ‘n dissipline vir diegene wat nou uitverkies word om deelnemers aan die goddelike natuur, en mede-erfgename met onse Here Jesus Christus in die Koninkryk van Heerlikheid wat, vir die seëning van almal, binnekort geopenbaar sal wees, gemaak te word. Diegene wat hierdie hoop  het – wie hierdie prys kan sien – mag alle ander hoop as maar verlies en afval in vergelyking tel. Filip. 3:8-15.

DIE GEMEENSKAP VAN SY LYDINGE

Filippense 3: 8-15 

     Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik.

     Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is.   Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie. Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.  Laat ons almal dan wat volmaak is, so gesind wees; en as julle anders gesind is, sal God dit ook aan julle openbaar.

 

 

To Return to Home Page
click on Chart

HomeSymbol.jpg (6039 bytes)


Send E-Mail