Studie 8

Die Oordeelsdag

TIJudgment1.gif (17728 bytes) – DIE ALGEMENE SIENING OOR DIE OORDEELSDAG 
– IS DIT SKRIFTUURLIK? 
– DIE VOORWAARDES, OORDEEL EN DAG GEDEFINEER 
– VERSKEIE OORDEELSDAE WAT IN DIE BYBEL NA VERWYS WORD 
– DIE EERSTE OORDEELSDAG EN DIE GEVOLGE DAARVAN 
– NOG EEN AANGESTEL 
– DIE REGTER 
– DIE AARD VAN DIE KOMENDE OORDEEL 
– GELYKVORMIGHEDE EN ONGELYKHEDE TUSSEN DIE EERSTE EN TWEEDE OORDELE 
– DIE WêRELD SE HUIDIGE AANSPREEKLIKHEID 
– TWEE TUSSENKOMENDE OORDELE EN HULLE DOELWITTE 
– WYDVERSKILLENDE SKATTINGS VAN DIE KOMENDE OORDEEL 
– HOE DIE PROFETE EN APOSTELS DIT GESIEN HET.

 

Jesus2StainGl.jpg (4683 bytes)

Hand. 17:31  ”Oomdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man wat Hy aangestel het.” 

I Joh.2:1 Jesus Christus, die Regverdige.” 

Joh 5:22 Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee.“

Judgment2.jpg (4919 bytes)

     Daar heers ‘n vae en onbesliste opvatting teenoor die oordeelsdag. Die opvatting wat oor die algemeen aanvaar is, is dat Christus aarde toe sal kom, en op ‘n groot wit troon sal sit terwyl Hy heiliges en sondaars uit alle range na Hom toe sal roep, om veroordeel te word. 

   Gelyktydig sal groot beroeringe in die natuur wees – aardbewings, grafte wat oopgaan, rotse wat skeur, en berge wat val. Dit sal gebeur sodat bewende sondaars uit die dieptes van die ewige ellende gebring kan word om te hoor hoe hulle sondes herhaal word, en daarna om na ‘n ewige en genadelose verdoemenis teruggestuur te word. 

   Die heiliges sal van die hemel gebring word om van die ellende en wanhoop van die verdoemdes getuies te wees, om weereens die beslissings in hulle eie gevalle te hoor, en om terug te keer. Volgens die heersende teorie, ontvang almal hulle vonnis en beloning wanneer hulle sterf. 

   So, hierdie oordeel, wat onderskeidsonthalwe algemeen as die algemene oordeel bekendstaan, is maar ‘n herhaling van die eerste oordeel. 

   Daar is blykbaar geen begryplike doel hiervoor nie, omdat hulle beweer dat die besluit wat ten tye van die dood geneem word, finaal en onveranderlik is.

Is the
Day of Judgment
a 24-hour day?

    Die hele tydperk wat vermoedelik aan hierdie asemrowende werk van die oordeel van biljoene mense, toegestaan word, is een dag van vier en twintig ure. ‘n Preek wat onlangs (in die jaar 1886) aan ‘n Brooklyn gemeente gelewer is, het die algemene siening oor hierdie onderwerp uitgespreek. Dit het voorgegee om die werk van die Oordeelsdag in besonderheid uiteen te lê, en voorgegee asof dit binne die perke van ‘n enkele letterlike dag voltooi sal wees.

Figurative language

Sheep3.jpg (4123 bytes)
Parable of the
Sheep and Goats

    Hierdie is ‘n baie primitiewe begrip, en is heeltemal buite harmonie met die geïnspireerde Woord. Dit kom uit ‘n uiters letterlike vertolking van onse Here se gelykenis oor die skape en die bokke (Matt.25:31-46). 

   Dit illustreer die absurditeit van ‘n poging om ‘n letterlike vertolking op figuurlike taal af te dwing. ‘n Gelykenis is nooit ‘n presiese verklaring nie, maar slegs die uitbeelding van ‘n waarheid deur iets wat, in baie opsigte, aan dit gelyk is. As hierdie gelykenis ‘n letterlike verklaring is van die wyse waarop die oordeel gehanteer gaan word, sou dit aan letterlike skape en bokke toepaslik wees – net soos dit lees – en glad nie aan die mensdom nie. 

   Laat ons nou ‘n meer Skriftuurlike sowel as ‘n meer redelike siening van die werk en gevolge van die groot Oordeelsdag wat God bepaal het, met welke redelike en Skriftuurlike gevolgtrekkings, alle gelykenisse en figure moet – en werklik – ooreenstem, bekyk.

Judgment
includes a trial,
and a decision
based on the trial.

     Die term oordeel dui meer as eenvoudig die oordra van ‘n uitspraak aan. Dit sluit in die gedagte van ‘n verhoor, sowel as ‘n beslissing wat op die verhoor gebaseer is. En dit is waar, nie alleenlik met betrekking tot die Engelse en Afrikaans woorde (judgment en oordeel) nie, maar ook wat die Griekse woord waaruit hulle vertaal is, betref.

PKDayA.jpg (4840 bytes)

"Day"
can represent
a period of time.

 

God2F.jpg (3876 bytes)

     Die term dag, in beide die Skrifture en algemene gebruik, dui werklik enige besliste of spesiale tydperk aan, al word dit dikwels gebruik om ‘n tydperk van 12 of 24 ure aan te dui.

   Daarom, byvoorbeeld, praat ons van die dag van Noag, die dag van Luther, of die dag van Washington. Verder, in die Bybel vind ons dat die hele tydperk van die skepping word ‘n dag genoem. 

   In Gen. 2:4, lees ons Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het,“ – ‘n lang en besliste tydperk. Dan lees ons ook van in die dag van die versoeking in die woestyn“  (Heb.3:8) – 40 jare, “nou is die dag van heil” (II Kor.6:2), ”‘n dag van die wraak van onse God“ (Isa.61:2); ”in die dag van die  toorn ....... van God“ (Rom.2:5) en  ”Dié dag is ‘n dag van grimmigheid, ‘n dag van benoudheid en angs, ‘n dag van woestheid en verwoesting, ‘n dag van duisternis en donkerheid, ‘n dag van wolke en wolkenag“( Zep 1:15). 

   Hierdie is terme wat ‘n tydperk van 40 jare aan die einde van die Joodse periode, en ‘n soortgelyke periode van verknorsing aan die einde van die Evangelietydperk, beskryf. Dan weer lees ons van die ”dag van Christus”, die ”dag van Oordeel” of die ”Oordeelsdag”, en ”Sy dag” – almal terme wat tot die Millenniale Tydperk betrekking het, waarin die Messias, in geregtigheid, oor die wêreld sal heers, en dit regeer en beoordeel. 

   Hy sal verhoor vergun, en vonnis lewer.  En van daardie tydperk word dit geskrywe: Hy sal die wêreld in geregtigheid oordeel, en op sy eie tyd vertoon sal word deur die salige en enigste Heerser, die Koning van die konings en Here van die here, (Hand.17:31; I Tim.6:15). 

   Hoekom enigeen sou dink dat hierdie Oordeelsdag maar net uit 12 of 24 ure bestaan, is bo begrip, veral as ons die wyer betekenis van die woord dag, in ander soortgelyke omstandighede, erken. Die enigste antwoord op hierdie raaisel is dat hulle verstand deur tradisie beïnvloed is, sonder behoorlike bewyse of ondersoek.

There is more than one Judgment Day
in the Scriptures.

     Diegene wat sorgvuldig ‘n volledige konkordansie van die Bybel sal raadpleeg, met verwysing na die Dag van Oordeel, en kennis neem van die soort en hoeveelheid werk wat binne daardie tydperk verrig moet word, sal vinnig tot die besef kom hoe absurd is die algemene siening, en die noodsaaklikheid om die woord dag sy breër betekenis toe te ken.

The world’s first Judgment Day
was in Eden.

      Terwyl die Bybel van ‘n groot oordeel of verhoor praat, wat nog in die toekoms is, en wys dat, in daardie dag, die mensdom as geheel hulle volledige verhoor en finale vonnis sal ontvang, leer dit ook vir ons dat daar ander oordeelsdae was, waartydens sekere uitverkore klasse geen oordeel hoef te verduur nie.

    Die eerste groot oordeel (verhoor en vonnis) was daar in die begin, in die Tuin van Eden, toe die hele mensdom, deur hulle hoof – Adam – verteenwoordig,  voor God gestaan het om verhoor te word. Die gevolg van daardie verhoor was die bevinding – Skuldig, ongehoorsaam, vir die lewe onwaardig, en die straf wat toegedien is, is die dood - ”.... sal jy sekerlik sterwe.” (Gen.2:17) Daarom, sal “hulle almal in Adam sterwe.”  

   Daardie tyd van verhoor in Eden was die wêreld se eerste oordeelsdag, en die beslissing van die Regter (Jahweh) is sedertdien afgedwing.

Grave5.jpg (3782 bytes)
Every funeral procession demonstrates the death sentence.

 

 

 

 

 

Death is
like a sleep;
Resurrection is like an awakening.

Lazarus.jpg (4477 bytes)
"Lazarus,
Come Forth!"

”Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid” (Rom.1:18).

     Dit kan in elke begrafnisstoet gesien word. Elke grafkelder is in getuienis daarvan. Dit word gevoel in elke smart en pyn wat ons ervaar. Dit is alles die gevolge van die eerste verhoor en vonnis – die regverdige vonnis van God wat verklaar dat ons die lewe en die seëninge wat oorspronklik vir die mens voorsien was, toe hy gehoorsaam en in die gelykenis van God was, onwaardig is. 

   Maar die mensdom sal van die vonnis van daardie eerste verhoor, deur die een slagoffer vir almal, wat ons Groot Verlosser voorsien, herwin word.  Almal sal van die graf en die vonnis van die dood verlos word. In die lig van hierdie verlossing word hierdie vonnis van die dood, of vernietiging, nie meer in die volle, ewige sin van die woord beskou nie. 

   Ons sien dit eerder as ‘n tydelike slaap, want, in die duisendjarige tydperk sal ons almal opgewek word, deur die Een wat die Lewe Skenk – Hy Wie ons almal verlos. Alleenlik die Kerk van die gelowiges in Christus is tog in enige sin van die oorspronklike vonnis en straf gevrywaar of vrygelaat. Bygesê, hulle ontsnapping is nog nie werklik nie, maar alleenlik deur die geloof gereken.  Rom 8:24 vertel ons Want ons is gered in hoop;” – alleenlik deur hoop. 

   Ons werklike verlossing van hierdie doodsvonnis (wat in Adam gekry is, en waarvan ons – deurdat ons in Christus is – verlos is) sal nie voor die komende oggend van die opstanding, ten volle ervaar word nie. Op daardie tydstip sal ons verheug wees om in ons Verlosser se gelykenis te ontwaak.  Maar die feit dat ons – wat tot die kennis van God se genadige plan in Christus gekom het die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is“ (II Pet.1:4), bewys nie dat die ander geen toekomstige hoop op ontsnapping het nie. Inteendeel, dit bewys die teenoorgestelde, want ons is God se eerste vrugte van Sy skepping.

   Ons ontsnapping uit die dood in Adam tot die lewe in Christus is maar ‘n voorsmaak van die die verlossiing van almal wat wil, uit die slawerny aan verdorwenheid (die dood) en die lewering aan die vryheid van die egte lewe van almal wat God as seuns sal erken. 

   Almal wat wil kan uit die dood uit en in die lewe in verlos word, ongeag  die verskille van die natuur wat God aan Sy seuns op verskillende vlakke van wesenlikheid voorsien het. Die evangelietydperk is die oordeelsdag van die lewe en die dood vir diegene wat na Sy Goddelike natuur geroep word.

Another
Judgment Day
has been provided.

 

 

 

Jesus11Death.jpg (10555 bytes)

     Maar God het ‘n dag bepaal, en in hierdie dag sal Hy die wêreld oordeel. Hoe kan dit wees? Het God van mening verander? Het Hy nou besef dat Sy beslissing in die verhoor van die eerste man, en die algemene vonnis, onregverdig en te straf was, en dat Hy nou besluit het om die wêreld afsonderlik sal oordeel? 

   Nee, as dit die geval sou wees, sou ons geen beter waarborg van ‘n regverdige oordeel in die toekoms, as die een in die verlede, kan verwag nie. Dit is nie dat God Sy beslissing ten tye van die eerste oordeel as onregverdig stel nie, maar dat Hy nou ‘n verlossing van die straf van die eerste oordeel voorsien het, sodat Hy, onder meer gunstige omstandighede, nog ‘n oordeel (verhoor) aan die hele ras kan skenk. 

   Teen hierdie tyd, sal almal sonde, en die gevolge daarvan, ervaar het. God het nie, selfs in die kleinste besonderhede, van Sy oorspronklike doelwit – wat Hy voor die grondlegging van die aarde bepaal het - afgewyk nie.  Baie duidelik lig Hy ons in dat Hy nie verander nie, en dat Hy geensins die skuldiges sal vrywaar nie. 

   Hy sal die volle straf wat Hy regverdig verklaar het, vorder. Daardie volle straf is deur die Verlosser, of Plaasvervanger, Wie God voorsien het, voorsien.  Hy is Jesus Christus, wie, ”deur die genade (guns) van God vir elkeen die dood sou smaak” (Heb.2:9). 

   Omdat ons Here, deur Sy eie lewe, ‘n losprys vir Adam se ras voorsien het, kan Hy regverdiglik ‘n nuwe aanbod van lewe aan almal skenk. Hierdie aanbod aan die Kerk is onder die Verbond van die slagoffer (Psa.50:5; Rom.12:1), maar aan die wêreld sal dit onder die Nuwe Verbond wees (Rom.14:9; Heb.10:16; Jer.31:31).

     Ons word verder ingelig dat, wanneer God hierdie afsonderlike verhoor aan die wêreld gee, dit onder Christus as Regter sal wees. Jahweh eer Hom hierdeur weens Sy gehoorsaamheid – tot die dood toe – vir ons verlossing. 

   God het Hom hoogs verhef, tot by die Goddelike natuur, sodat Hy ‘n Vors en ‘n Heiland mag wees (Hand.5:31), en sodat Hy uit die dood sou kon opstaan en strafgerig aan almal wat Hy deur Sy eie kosbare bloed gekoop het, kon vergun. God het alle oordeel aan die Seun toevertrou, en aan Hom alle mag in die hemel en op aarde gegee. (Joh.5:22)

The Judgment Day – nothing to dread.

 

The character of Jesus guarantees
a just and
merciful trial.

     Dit is, dan, die hoogs verhewe, verheerlikte Christus – Wie die wêreld so lief gehad het dat Hy Sy eie lewe as ‘n losprys gegee het – Wie die Regter van die wêreld sal wees in die toekomstige verhoor wat belowe is. 

   En dit is Jahweh self Wie Hom in daardie amp, vir daardie spesifieke doel, aangestel het. Omdat dit die duidelike verklarings is van die Bybel, is daar niks om te vrees nie, maar inteendeel, is daar groot rede vir gejuig deur almal terwyl ons vorentoe kyk na die Oordeelsdag.  

   Die karakter van die Regter is genoegsame waarborg dat die oordeel regverdig en genadig sal wees. Daar sal ook behoorlike sorgsaamheid vir die swakhede van almal wees, totdat die gewilliges en gehoorsames na die oorspronklike volmaaktheid wat in Eden verloor is, teruggebring is. In die oertyd was ‘n regter iemand wat geregtigheid beoefen het, en wat die verdruktes bevry het.

There will be justice and relief for the oppressed.

Samson.jpg (5613 bytes)
Samson,
a Judge of Israel

Slavery.jpg (21054 bytes)
Egyptian Slavery

     Let byvoorbeeld op hoe Israel – terwyl hulle onder verdrukking deur hulle vyande gely het, weens hulle oortredings teen die Here – keer op keer, deur die oprigting van regters, vrygelaat en geseën is. 

   Ons lees dus, uit Rigters 3:9-11 Maar toe die kinders van Israel die HERE aanroep, het die HERE ‘n verlosser vir die kinders van Israel verwek ......... Otniël........... En die Gees van die HERE het op hom gekom, en hy het Israel gerig en uitgetrek om oorlog te voer....... Toe kry die land rus veertig jaar lank.“  

   En so, alhoewel die wêreld lank onder die mag en verdrukking van ons vyand, Satan, verkeer het, tog sal Hy, Wie binnekort vir die sonde van almal met Sy eie kosbare bloed betaal, Sy groot mag terugneem, en heers.  Diegene wie Hy so liefgehad het dat Hy van plan was om hulle te verlos, sal Hy wel verlos en oordeel.

 

wpe6A6.jpg (3883 bytes)


The reign of Christ will be to
educate, train, and discipline man.

 

 

 

 

 


Adam forfeited life by his disobedience.

     Al die profetiese verklarings stem hiermee saam. Dit staan geskrywe: Hy sal die wêreld rig in geregtigheid en die volke met reg“ (Psa.98:9).  

   Hierdie komende oordeel sal presies volgens die beginsels van die eerste oordeel wees. Dieselfde wet van gehoorsaamheid sal aangedien word, met dieselfde beloning van die lewe, en dieselfde straf van die dood. 

   En net soos die eerste oordeel ‘n begin gehad het, voortgegaan het, en met ’n vonnis geëindig het, so ook sal die tweede. Die vonnis sal wees, lewe aan die regverdiges, en dood aan die onregverdiges.  Die tweede oordeel sal meer voordelig as die eerste een wees, weens die ervaring wat uit die gevolge van die eerste verhoor verkry is. 

   Anders as die eerste oordeel, sal die tweede oordeel een wees waarin elke man vir homself alleen in die verhoor staan, en nie vir ‘n ander nie. Dan sal niemand weens Adam se sonde of oorgeërfde onvolmaakthede, sterf nie. 

   Lees wat spreek die Bybel: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword.“ (Eseg.18:2) die siel wat sondig, dié moet sterwe“ (Eseg.18:4) “In dié dae sal hulle nie meer sê nie: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword.“ (Jer.31:29) ”Maar elkeen sal weens sy eie ongeregtigheid sterwe; elke mens wat die groen druiwe eet, sy tande sal stomp word.” (Jer.31:30). 

   En net soos dit nou van die Kerk waar is, sal dit ook dan van die wêreld waar wees dat ‘n man nie volgens wat hy nie het nie, maar volgens wat hy het, beoordeel sal word.   2Kor. 8:12  Want as die bereidwilligheid daar is, is dit welgevallig volgens wat iemand besit, nie volgens wat hy nie besit nie. Onder die heerskappy van Christus sal die mensdom geleidelik opgevoed, opgelei en gedissiplineer word, tot hulle volmaaktheid bereik.

   En wanneer hulle volmaaktheid bereik het, sal volmaakte harmonie met God vereis word, en enigeen wat dan aan volmaakte gehoorsaamheid tekortkom, sal afgesny word, omdat hy as onwaardig vir die ewige lewe beoordeel sal word. Die sonde wat, deur Adam, die dood aan die ras gebring het, was eenvoudig een ongehoorsame optrede; maar deur daardie optrede het Adam van die volmaaktheid weggeval. 

   God het die reg gehad om volmaakte gehoorsaamheid van hom te eis, want hy was volmaak geskape. Wanner die groot werk van die restourasie van die mensdom volbring is, sal God dieselfde van hulle eis. 

   Niemand wat in die kleinste besonderheid die volmaaktheid tekortkom, sal toegelaat word om die ewige lewe te beërwe nie. Om van die volmaaktheid tekort te kom, dan, sal wees om aspris te sondig, en dit teenoor die volle lig en volmaakte vermoë.

     Enigeen wat, teenoor die volle lig en volmaakte vermoë, aspris sondig, sal in die tweede dood vergaan. Verder, sou iemand, gedurende die periode van die verhoor, en onder die volle gloed van lig, die gunste wat aangebied was, verag, en – vir ’n honderd jaar – geen vordering na volmaaktheid maak nie, sou hy as onwaardig vir die lewe bereken word, en hy sal afgesny word, alhoewel hy, op ouderdom van een jaar sou hy betreklik in die stadium van kinderjare wees.

   Daarom word dit van daardie dag geskryf: (Jes. 65:20)  Daarvandaan sal nie meer kom ‘n suigling van ‘n paar dae of ‘n grysaard wat sy dae nie vol uitlewe nie; want ‘n seun sal sterwe honderd jaar oud, en wie sondig, sal, honderd jaar oud, deur die vloek getref word“. 

   Daarom moet almal ten minste 100 jaar van oordeel gegun word. Verder, as die persoon nie hardnekking genoeg is om te weier om vooruitgang te maak nie, dan sal die verhoor aangaan reg deur die volle dag van Christus, en die hoogtepunt bereik net op die einde.

The parable
of the sheep
and the goats

Sheep5.jpg (5417 bytes)

     Die einde van die wêreld se komende oordeel word duidelik in die gelykenis van die skape en bokke (Matt.25:31-45), in Openbaring 20:15; 21:8, en in I Kor. 15:25, uitgebeeld. Hierdie, en ander, skrifture, wys dat, teen die einde van die oordeel, die twee klasse heeltemal van mekaar afgesonder sal wees.  

   Dit is die gehoorsames en die ongehoorsames, diegene wat in harmonie is met die letter en die Gees van God se wet, en die wat nie daarmee in harmonie is nie. Hulle gaan die ewige lewe in, en die ander word ter dood verwys, en dit is uitwissing, (”tweede dood”) – dieselfde vonnis as in die eerste oordeel, waaruit hulle berekend deur Christus vrygemaak was. 

   Hy het die reg om hulle vry te maak gekoop deur hulle losprys te betaal – deur Sy dood.  Dit sal hulle tweede dood wees. Geen losprys sal vir hulle gegee word nie, en daar sal geen vrylating of  opstanding vir hulle wees nie, omdat hulle sonde opsetlik en individueel is, en teen die volle lig en geleentheid, gedurende ‘n mees goedgunstige en individuele verhoor.

 

Deeds
of the present
will receive
their just reward.

Samaritan.jpg (5763 bytes)
The Good Samaritan

     Ons wil nie hê dat mense moet verstaan dat ons die huidige verantwoordelikheid van die wêreld ignoreer nie – ‘n verantwoordelikheid wat almal het, volgens die mate van lig wat geniet word – of baie of min, of dit natuurlike lig is of die lig van openbaring. 

   Op elke plek is die oë van die HERE, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies.“ (Spr.15:3).  Want God sal elke werk bring in die gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg.“ (Pred.12:14).  

   Die goeie en bose dade van die hede sal ’n regverdige vergelding van beloning ontvang, of nou, of hierna. Die sondes van sommige mense is baie duidelik en gaan voor hulle uit tot die oordeel, maar volg ander eers agterna.“ (I Tim.5:24)  

   Alleenlik die Here se begunstigdes, die ”klein kuddetjie”, het tot dusver genoeg lig ontvang om die finale straf, die tweede dood, te ontvang. Hier opper maar ons die onderwerp van die wêreld se huidige aanspreeklikheid, en ons los die besonderhede vir latere oorweging.

God has been selecting
the future judges –

     Daar is ‘n tydperk van om en by 6000 jaar tussen die wêreld se eerste en tweede oordeelsdae, en gedurende hierdie lang tydperk was God besig om twee besonderse klasse uit die mensdom te kies. Hulle word spesiaal getoets, gedissiplineer en opgelei om, gedurende die tydperk of dag van die wêreld se oordeel, Sy bevoorregte instrumente te wees.

The House
of Servants

Passover.jpg (11806 bytes)

and

The House
of Sons

Pentecost2.jpg (15319 bytes)

     Hierdie twee klasse word onderskeidelik deur Paulus (Heb.3:5,6) as die huis van seuns, en die huis van knegte, aangewys. Die eersgenoemde bestaan uit daardie oorwinnaars wat, gedurende die Kerkeeu dispensasie, getoets en getrou gevind word. 

   Die laasgenoemde bestaan uit die getroue oorwinnaars wat die Kerkeeu dispensasie voorafgegaan het. Hierdie spesiale uitverkiesings meng geensins in met die oordeel of verhoor wat belowe is aan die wêreld van die mensdom wat hierdie Evangeliedispensasie gaan opvolg.

   Diegene wat suksesvol hierdie toets vir enigeen van hierdie spesiale klasse, slaag, sal nie saam met die wêreld geoordeel word nie, maar sal hulle beloning ingaan wanneer die wêreld in die oordeel ingaan.  Hulle sal God se agente wees om die wêreld te seën – deur die mensdom die onderrig en opleiding te gee wat hulle nodig gaan hê vir die toets en oordeel. Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie?“ (I Kor.6:2).

    Hierdie spesiaaluitverkore klasse, soos die res van die mensdom, was eers onder Adamse veroordeling, maar, deur geloof het hulle deelnemers aan die voordele van Christus se dood geword. Nadat hulle eers geregverdig is deur geloof in God se beloftes, en daarna die daaropvolgende voorwaardes van hulle besondere roepings vervul het, word hulle om hoër verheffing na range van eer en gesag, waardig geäg.

 

The trial
of these classes
is more severe than the trial
of the world.

Persecution1.jpg (3035 bytes)

     Die verhoor of oordeel van albei hierdie klasse was baie erger as wat die oordeel van die wêreld in sy oordeelsdag gaan wees. Dit is so omdat hierdie klasse moes Satan – die vors van hierdie wêreld – met al sy lis en verstrikkings, moes weerstaan, terwyl in die wêreld se oordeelsdag, sal Christus heers, en Satan sal gebind wees sodat hy die nasies nie kan verlei nie (Openb.20:3). 

   Hierdie het vervolging verduur vir regverdigheid se onthalwe, maar dan sal hulle vir regverdigheid  beloon word, en net vir onregverdigheid gestraf word. Hierdie het groot struikelblokke in hulle pad gehad, maar die struikelblokke sal verwyder word wanneer die wêreld verhoor word. 

   Maar alhoewel die verhoor van hierdie twee spesiale geselskappe baie erger was as wat die oordeel van die wêreld gaan wees, is die beloning ooreenkomstig groter.

     Onder die drogredeneringe van die groot bedrieër, Satan, sal albei die wêreld en die nominale Kerk van die geseënde versekering van die komende tyd van regverdige oordeel, beroof word. Hulle weet dat die Bybel vertel van ‘n komende oordeelsdag, maar hulle beskou dit net met vrees en afgryse. 

   En omrede hierdie vrees, is daar vir hulle geen tyding wat meer onwelkom is, as dat die dag van die Here voor die deur is. Hulle stoot dit weg, en wil nie eers die melding daarvan hoor nie. Hulle het geen begrip van die seëninge wat vir die wêreld wag nie, onder die heerlike heerskappy van Hom wat God aangestel het om die wêreld in regverdigheid te oordeel. 

   Onder die grootste verblindende invloede wat Satan bedink het om die mensdom in onkunde te hou aangaande die waarheid rondom die oordeelsdag, is die misgissings wat in die geloofsbelydenisse en gesangboeke van die verskillende godsdienstige sektes ingeslyp het. Baie mense het op ‘n plek gekom waar hulle hierdie misgissings as van kardinale belang vir die Woord van God te beskou.

     Hoe verskillend het die profete en apostels daardie beloofde dag van oordeel beskou! Let op die jubelende profetiese uitlating van Dawid (I Kron.16:31-34). Hy sê:

 

StarHeavenOK.jpg (8699 bytes)
Laat die hemele bly wees!

TICreator1.jpg (19263 bytes)
en die aarde juig!

en laat hulle onder die volke sê: 
Die HERE is Koning!

Sea2.jpg (2893 bytes)
Laat die see en sy volheid bruis.

wpe1E7.jpg (2622 bytes)
Laat die veld juig en al wat daarin is.

Trees1A.jpg (39971 bytes)
Dan sal die bome van die bos jubel voor die aangesig van die HERE;

Want Hy kom om die aarde te oordeel. 
Loof die HERE, want Hy is goed,
want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

 


The prophets
and the apostles regarded the Judgment Day as a blessing for man...

A glorious and desirable day!

    Die apostel verwys ook na dieselfde dag, en verseker ons dat dit ‘n heerlike en begeerlike dag gaan wees, en dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe, (Rom. 8:22) en dat hulle wag vir die groot Regter om die wêreld te verlos en te seën, terwyl Hy ook die Kerk verhef en verheerlik.

     In Johannes 5:28, 29, word ‘n kosbare belofte vir die wêreld – van ‘n komende oordeel-verhoor  van die ewige lewe – deur ‘n misvertaling, in ‘n vreeslike vervloeking verander. Volgens die Grieks, diegene wat boos gehandel het – wat goddelike goedkeuring ontbeer, sal na die opstanding uitkom (tot volmaaktheid oploop) deur oordele, wonde, dissiplines.

“Dan sal die oë van die blindes geopen en die ore van die dowes ontsluit word. Dan sal die lamme spring soos ‘n takbok, en die tong van die stomme sal jubel; en die losgekooptes van die HERE sal teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg“.

Isa. 35:5,6,10

wpe6AE.jpg (6379 bytes)

To Return to Home Page
click on Chart

HomeSymbol.jpg (6039 bytes)


Send E-Mail