Studie 9

Losprys En Restitusie

Jesus1DownCrossF.jpg (6870 bytes)

 

 

Losprys En Restitusie

 

–DIE RESTITUSIE DEUR DIE LOSPRYS GEWAARBORG
– NIE EWIGE LEWE NIE, MAAR ‘N VERHOOR DAARVOOR, DEUR DIE LOSPRYS VASGEMAAK
– DIE VOORWAARDES EN VOORDELE VAN DIE BEPROEWING
– CHRISTUS SE OFFER NOODSAAKLIK
– HOE DIE RAS KON EN WAS, DEUR DIE DOOD VAN EEN, VERLOS WORD
– GELOOF EN WERKE NOG STEEDS NOODSAAKLIK 
DIE LOON VAN MOEDSWILLIGE SONDE SEKER
– SAL DAAR PLEK OP DIE AARDE WEES VIR DIE MILJOENE WAT SAL OPSTAAN?
– RESTITUSIE TEENOOR EVOLUSIE


Restitution –
the logical result
of the ransom.
Jesus11Death.jpg (10555 bytes)

     Uit die omlyning van God se geopenbaarde plan, soos dit tot dusver geskets is, is dit duidelik dat Sy ontwerp vir die mensdom, ‘n restitusie of herstelling is van die volmaaktheid en heerlikheid wat in Eden verlore was. Die sterkste en mees oortuigende bewys aangaande hierdie onderwerp, word die mees duidelik gesien wanneer die bestek en natuur van die losprys ten volle gewaardeer word.

     Die restitusie wat deur die apostels en profete voorspel is, moet die losprys volg, as die regverdige en logiese opeenvolging. Volgens God se ooreenkoms aangaande die voorsiening van losprys, moet die hele mensdom van die oorspronklike straf – die  ”slawerny van korrupsie” – die dood - verlos word, anderste geld die losprys nie vir almal nie. Maar dit geld nie vir diegene  wat aspris die reddende mag van die Magtige Verlosser weerstaan nie.

Christ gave himself a ransom for all – so that he might bless all.

 

wpe1E7.jpg (16290 bytes)

     Paulus se redenasie rondom die onderwerp is baie duidelik en uitdruklik. Hy sę, in Romeine 14:9, Want hiervoor het Christus ook gesterwe en opgestaan en weer lewend geword, om oor dode sowel as lewende te heers.“  Met ander woorde,  die doel van die Here se dood en opstanding was nie bloot om die mensdom te seën, oor hulle te heers, en hulle lewe te herstel nie, maar om aan hom gesag, of volle beheer, oor die dooies sowel as die lewendes, te gee. Daardeur verseker Hy dat albei die voordele van Sy losprys sal geniet.[1]

 

[1] Ons mag te reg ‘n bykomende en nog breër betekenis in die Apostel se woorde; naamlik, dat die ganse mensgesin in die uitdrukking „die dooies“ ingesluit was.  Van God se standpunt, word die hele ras, onder die doodsvonnis, asof hulle alreeds dood is, behandel (Matt.8:22).  Daarom is die uitdrukking „die lewendes“op die engele van toepassing – die wat anderkant die mensgesin is, en wie se lewens nie verbeur is nie. 

   

     Hy het Homself gegee het as ‘n losprys [‘n ooreenstemmende prys] vir almal,” (I Tim.2:6), sodat Hy almal mag seën, en aan elke mens ‘n individuele verhoor vir die lewe gee. Om te eis dat Hy „Homself gegee het as ‘n losprys [‘n ooreenstemmende prys] vir almal,” en tog, om te eis dat net ‘n handjievol van die verlostes ooit daarvan enige voordeel sal ontvang,  is onsinnig, want dit sou impliseer dat óf God die losprys aanvaar het, en daarna onregverdig geweier het om die vrylating van die verlostes te bewerkstellig, óf dat die Here, nadat Hy almal verlos het, onwillig of onbekwaam was om die oorspronklike weldadige plan uit te voer.

     Die onveranderlike natuur van die Goddelike planne – net soos die volmaaktheid van die Goddelike geregtigheid en liefde – verwerp en  weerspreek so ‘n gedagte, en gee ons die versekering dat die oorspronklike en weldadige plan – waarvan die ”losprys vir almal” die basis was, op die regte tyd ten volle uitgevoer gaan word. Dit sal ook die seën van verlossing uit die Adamse verdoemenis aan alle getroue gelowiges bring, saam met ‘n geleentheid om na die regte en vryhede van die seuns van God terug te keer, soos voor die sonde en die vloek geniet is.

The ransom guarantees
every man
an opportunity
for life.

 

Grave16.jpg (5320 bytes)

 

Prior experience with evil will be a great advantage during the new trial.

     Die eintlike voordele en gevolge van die losprys moet duidelik gesien word, en alle besware teen die universele toepassing daarvan moet verdwyn. Die ”losprys vir almal” wat deur ”die mens Christus Jesus” betaal was, gee of waarborg nie ”aan enige mens die ewige lewe of seëning nie. Wat die wel doen is om nog ‘n geleentheid of beproewing vir die ewige lewe te gee.

     Die eerste beproewing van die mens, wat as gevolg gehad het dat die mens die seën wat eers geskenk is,  verlore gegaan het, word werklik in ‘n seën van ervaring verander, vir diegene wie se harte lojaal is. Die rede hiervoor is die losprys wat God voorsien het. Maar, die feit dat die mensdom van die eerste straf losgekoop is, waarborg nie dat hulle – wanneer hulle vir die ewige lewe beproef word - sal slaag om die gehoorsaamheid wat hulle nodig het om vir ewig te kan lewe, sal kan oplewer nie.

     Die mens, vanweë die huidige ervaring met sonde, en sy bitter straf, sal ten volle gewaarsku word. Dan, wanneer hy, as gevolg van die losprys, ‘n ander, individuele verhoor gegee word, onder die oog en beheer van Hom wie hom so liefgehad het dat Hy Sy lewe vir hom gegee het, en Wie nie sou gehad het dat enigeen moes vergaan nie, maar dat almal na God toe moes bekeer en lewe, sal ons seker wees dat alleenlik die moedswillige ongehoorsames die straf van die tweede verhoor sal ontvang.  Daardie straf sal die tweede dood wees, waarvoor daar geen losprys sal wees nie, en geen vrylating nie. Die rede hiervoor is dat daar geen doel sou wees vir nog ‘n losprys, of vir ‘n verdere verhoor nie.

     Almal sou albei die goed en die kwaad ten volle gesien en geproe het. Almal sal die goedheid en liefde van God ervaar, en daarvan getuies wees. Almal sou ‘n volle, geregverdige en afsonderlike verhoor vir die lewe gehad het, onder die gunstigste omstandighede. Ons kan nie vir meer vra nie, en meer sal nie gegee word nie. Daardie verhoor sal vir ewig beslis wie, deur ‘n duisend beproewinge regverdig en heilig sal bly. Dit sal ook bepaal wie, ‘n duisend beproewinge, onregverdig, onheilig en liederlik sal wees.

TIPermissionEvilF.jpg (4316 bytes)

The Adamic trial -
"As in Adam all die, so in Christ shall all be made alive."
I Corinthians 15:22

     Dit sou nutteloos wees om nog ‘n verhoor vir die lewe, onder presies dieselfde omstandighede, te vergun; maar alhoewel die omstandighede van die beskuldigdes anders, en meer gunstig, gaan wees, sal die bepalinge en voorwaardes van hulle afsonderlike verhore dieselfde as in die Adamse verhoor wees.

     Die wet van God sal dieselfde bly – dit verander nooit nie. Dit sal nog steeds verklaar: Die siel wat sondig, dié moet sterwe“ (Eseg.18:20), en, sover dit die omgewing aanbetref, sal die toestand van die mense nie meer gunstig as die toestand in Eden wees nie. Die groot verskil sal die vermeerderde kennis wees.

     Die ervaring met die boosheid – teenoor die ervaring met goedheid - wat geduruende die verhoor van die komende eeu aan almal ingereken sal word, sal die voordeel uitmaak, omrede waarvan die gevolge van die tweede verhoor so verskillend gaan wees van die gevolge van die eerste – en omrede waarvan Goddelike Wysheid en Liefde die losprys vir almal“ voorsien het, en daardeur die seëning van ‘n nuwe verhoor gewaarborg het.  ’n Verhoor wat meer voordelig is, of ‘n wet wat meer voordeling is, of toestande of omstandihede wat meer voordelig is, kan onder geen omstandighede bedink word as redes vir nog ‘n losprys of ‘n verdere verhoor vir enigeen na die Millenniale eeu nie.

The ransom releases the sinner from the first
condemnation.

     Die losprys wat gegee is, verontskuldig nie die sonde in enigeen nie. Dit stel nie voor dat sondaars onder die heiliges getel moet word nie, of dat hulle daardeur in die ewige heil binnegelei moet word nie. Dit verlos slegs die bekeerde sondaar van die eerste veroordeling en die direkte en indirekte gevolge daarvan. Daarna word hy weer verhoor vir die lewe, waartydens sy eie opsetlike gehoorsaamheid of moedswillige ongehoorsaamheid sal beslis of hy die ewige lewe mag beërwe of nie.

The fall has not injured all
of Adam’s children alike.

CainAbel2.jpg (3641 bytes)

     Dit mag ook nie aanvaar word, soos so baie geneig is te aanvaar, dat almal wat in ‘n toestand van beskawing verkeer, en ‘n Bybel sien of besit, daarvolgens ‘n volle toegang tot ‘n verhoor vir die lewe besit nie.  Dit moet onthou word dat die sondeval nie al Adam se nageslag op dieselfde wyse seergemaak het nie.

     Sommige het so swak en verdorwe in die węreld ingekom, dat hulle maklik deur die god van hierdie węreld, Satan, verblind word, en deur aanvallende en omringende sonde gevanklik weggelei word. En almal is min of meer onder hierdie invloed sodat, selfs wanneer hulle goed doen, is die bose teenwoordig en, deur die omstandighede ens. meer kragtig. Gevolglik is die goed wat hulle wil doen amper onmoontlik, terwyl die bose wat hulle  nie wil doen nie amper onvermydelik is.

Very few enjoy the benefits of the ransom now, but eventually
all will.

 

Bible28JulieUp.jpg (3185 bytes)

 

     Inderdaad klein is die getal van diegene wat huidiglik waarlik en op ‘n eksperimentele wyse van die vryheid leer waarmee Christus diegene wat Sy losprys aanvaar vrymaak, en hulle self vir toekomstige leiding onder Sy beheer plaas. Tog net hierdie handjievol, die kerk, die wat vir die spesiale doel om medewerkers met God te wees om die węreld te seën, vooraf uitgeroep en getoets is – wat nou getuig en heers, en die węreld in sy tyd van versoeking seën en oordeel – geniet nog tot enige mate die voordele van die losprys, of staan nou onder verhoor.

     Aan hierdie weiniges is al die seëninge van restitusie wat vir die węreld gedurende die komende eeu voorsien gaan word,  toegereken en deur die geloof  ontvang. Hierdie, alhoewel hulle nie volmaak is nie, en nie werklik na Adam se toestand gerestoureer is nie, word op so ‘n wyse behandel dat die verskil voor gekompenseer word.

     Deur geloof in Christus word hulle as volmaak beskou, en daarom word hulle na die volmaaktheid en Goddelike guns teruggebring, asof hulle nie meer sondaar is nie.  Omdat hulle onvolmaakthede en onvermydelike swakhede, deur die losprys vergoed word, word hulle nie aan hulle toegeskryf nie, maar word deur die Verlosser se volmaaktheid gedek.

     Daarom is die verhoor van die Kerk, weens haar toegerekende stand in Christus, net so regverdig soos dié wat aan die węreld, in haar tyd van verhoor, gegun gaan word. Almal in die węreld sal tot ‘n volle kennis van die waarheid gebring word, en elkeen, soos hy die bepalings en voorwaardes aanvaar, sal nie meer as ‘n sondaar behandel word nie, maar as ‘n seun vir wie al die seëninge van restitusie bedoel is.

The trials of the Church and of the world are different.

 


Arena.jpg (3015 bytes)

     Daar is een verskil tussen die ervaringe van die węreld  onder verhoor en die ervaringe van die Kerk tydens haar verhoor, en dit is dat die gehoorsames van die węreld dadelik die seëninge van restitusie sal begin ontvang.  Dit gebeur deur ‘n gelydelike verwydering van hulle verstandelike en fisiese swakhede. Hierteenoor, sterf die Evangeliese kerk – wat selfs tot die dood toe, aan die diens aan die Here toegewyd is – sterf, en dan ontvang sy dadelik haar volmaaktheid tydens die eerste opstanding. ‘n Verdere verskil tussen die twee verhore lę in die meer gunstige omgewing van die volgende eeu, wanneer dit met hierdie een vergelyk word.

     Die rede is gehoorsaamheid, en die straf van sonde. Maar nou, onder die heerskappy van die prins van hierdie węreld, is die omstandighede van die verhoor van die Kerk ongunstig teenoor regverdigheid, geloof ens. Tog het ons gesien dat hierdie reggestel gaan word. Dit sal gebeur met die toekenning van die beloning van heerlikheid en eer van die Goddelike natuur wat aan die Kerk aangebied word, daarbenewens die geskenk van die ewige lewe.

Extinction of life is the penalty of sin.

Doctor.jpg (3395 bytes)

 

Grave6AngelF.jpg (6021 bytes)

    Adam se dood was seker, alhoewel dit deur 930 jare van doodgaan bereik was. Aangesien hy besig was om self dood te gaan, is al sy kinders in dieselfde doodgaande toestand gebore, sonder die reg tot die lewe, en, soos hulle ouers, gaan hulle almal, na ‘n dralende proses van doodgaan, sterf hulle almal. Tog moet dit onthou word dat dit nie die pyn en lyding van die doodgaan wat die straf van die sonde is nie, maar die dood – die uitwissing van die lewe – waarmee die doodgaan eindig. Die lyding is maar ‘n bysaak daarvan, en die straf kom baie toe met min of geen lyding nie.

     Dit moet verder onthou word dat toe Adam sy lewe verbeur het, het hy dit vir ewig verbeur, en nie een van sy nageslag kon dit ooit regkry om sy skuld goed te maak, of sy verlore erfenis te herwin nie. Die hele ras is ňf dood, ňf besig om dood te gaan.  Verder, as hulle nie in hierdie lewe hulle skuld kon vereffen nie, dan kon hulle dit sekerlik nie na die dood regkry nie – wanneer hulle nie bestaan nie.

     Die bestraffing van die sonde was nie eenvoudig om te sterf nie, met die daaropvolgende voorreg en reg om na die lewe terug te keer nie. Die verklaarde straf het geen aanduiding van verlossing besit nie (Gen.2:17). Die restitusie is, daarom, ‘n daad van kostelose genade of guns van God. Verder, sodra die straf verdien is, selfs gedurende die verklaring daarvan, het God Sy kostelose guns laat deurskemer. Wanneer dit verwesenlik word, sal dit Sy liefde ten volle verklaar.

The promise is still sure –
all shall be blessed in the times of restitution.

Family3.jpg (4362 bytes)

     Was dit nie vir hierdie glimmer van hoop, wat deur die verklaring dat die Saad van die vrou die kop van die slang sou vermorsel nie, sou die ras in uiterse wanhoop verkeer het. Maar hierdie belofte het aangedui dat God ‘n plan gehad het waardeur hulle sou baat. Toe God aan Abraham gesweer het dat, deur sy nasaat, al die geslagte van die aarde geseën sou word, was daar die implikasie dat daar ‘n opstanding of restitusie vir almal sou wees, want baie was al dood, en ander het sedertdien gesterf – almal ongeseënd.

     Nietemin, die belofte is nog seker: wanneer die tyd van restitusie of verkwikking aanbreek, sal almal geseën word (Hand.3:19). Bowendien, omdat seëning guns aandui, en omdat God se guns, weens die sonde onttrek is, en Sy vloek in die plek daarvan gekom het, het hierdie belofte van ‘n toekomstige seëning, die verwydering van die vloek geďmpliseer.  Die gevolge daarvan sou die terugkeer van Sy guns wees. Dit het ook geďmpliseer dat óf God sou toegee, Sy verordening verander, en die skuldige ras onskuldig verklaar, óf dat Hy ‘n plan gehad het waardeur die mensdom verlos kon word deurdat die mens se skuld deur ‘n ander betaal sou word.

     Aangaande die onderwerp van wat Sy plan was, het God nie vir Abraham in die duister gelos nie. Inteendeel, het Hy deur verskeie tipiese offers wat almal wat Hom wou benader moes bring, dat Hy nie wou of kon toegee nie. Hy kon ook nie die sonde verskoon nie. Hy het eintlik gewys dat die enigste manier om die straf uit te wis en af te skaf sou deur ‘n offer wees wat aan die straf sou voldoen. Dit is deur ‘n baie betekenisvolle tipe aan Abraham gewys: Abraham se seun, in wie die beloofde seëning gesentreerd was, moes eers ‘n slagoffer wees voor hy kon seën. Ook, Abraham het hom figuurlik uit die dood terug ontvang (Heb.11:19).

Abraham’s son, Isaac, typified Christ Jesus.


Abraham and Isaac

     In hierdie figuur het Isaak die ware Saad, Christus Jesus, getipeer. Jesus het gesterf om die mensdom te verlos sodat al die verlostes die beloofde seëning mag ontvang. Sou Abraham geredeneer het dat die Here die skuldiges sou verskoon en onskuldig verklaar, sou hy gedink het dat die Here veranderlik was, en daardeur kon hy nie volle vertoue in die belofte wat aan gemaak is, gehad nie.

     Hy kon geredeneer het, as God een keer van mening verander het, hoekom sal Hy dit nie weer doen nie? As Hy rondom die vloek van die dood toegee, mag Hy nie rondom die beloofde guns en seëning ook weer van mening verander nie?

     Halleluja, God los ons nie in sulke onsekerheid nie!  Hy gee ons genoegsame versekering van albei Sy geregtigheid en Sy onveranderlikheid. Hy kon nie die skuldiges onskuldig verklaar nie, al het Hy hulle so lief gehad dat  (Rom 8:32)

”Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het,” (aan die dood toe).

Jesus gave a full satisfaction
for all men.

     Net soos die hele ras in Adam was toe hy verdoem was, en deur hom die lewe verloor het, so ook, toe Jesus wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal”, (1 Ti  2:6), het Sy dood die moontlikheid van ‘n ongebore ras in sy lendene ingesluit.

     ‘n Volle bevrediging, of gelykstaande prys, vir die hele mensdom was hierdeur in die hande van die Gereg geplaas – om op die regte tyd toegepas te word. Hy wat hierdeur vir alles betaal het, het volle gesag om almal wat deur Hom na God toe kom te restoureer.

ScalesA.jpg (14998 bytes)

 

 

 

 

 

Jesus6A.jpg (5209 bytes)

Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe. Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word. (Rom.5:18,19).

     Die voorstel is eenvoudig: Almal wat, as gevolg van Adam se sonde, aan die dood deel gehad het, sal, deur onse Here Jesus Christus, lewensvoordele aangebied word. Jesus het vir hulle gesterf en as ‘n slagoffer Adam se plaasvervanger  geword voor die gebroke wet. Daardeur het Hy ”Homself gegee het as ‘n losprys vir almal” (I Tim.2:6). Hy het gesterf, - die Regverdige vir die onregverdiges, moes ons tot God te bring (I Pet.3:18).

     Nietemin, dit moet booit oor die hoof gesien word, dat al God se voorsieninge vir die mensdom aanvaar dat die mens se wil ‘n faktor is in die verkryging van die Goddelike guns wat so ryklik voorsien is. Sommige het hierdie eienskap oor die hoof gesien met die ondersoek van die skrif wat net gekwoteer is (Rom.5:18,19). Die Apostel se verklaring is, nietemin, dat, omdat die vonnis van veroordeling op al die saad van Adam van toepassing is, net so, deur die gehoorsaamheid van onse Here Jesus Christus aan die Vader se plan, deur die opoffering van Homself vir ons ontwil, is daar ’n onskatbare geskenk aan almal beskikbaar – ‘n geskenk van vergifnis, wat, as dit aanvaar word, ‘n regverdiging of basis vir die ewige lewe sal uitmaak.

     Daarbenewens, volgens Rom 5:19  Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal [nie was nie] ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.“  As die losprys alleen, sonder ons aanvaarding daarvan, ons regverdig gemaak het, dan sou dit gelees het, deur die gehoorsaamheid van een, is baie regverdig gemaak.

     Maar alhoewel die losprys deur die Verlosser geskenk is, is weining gedurende die Evangelietydperk regskape gemaak – regverdig - ”deur geloof in Sy bloed.”  Maar, omdat Christus die soenoffer (bevrediging) vir sondes van die hele węreld is, mag elke mens – onder die Nuwe Verbond – van die  straf van Adam se sonde deur Hom vrygestel en verlos word.

Our penalty is paid for us through Christ.


Jesus37Resur.jpg (4278 bytes)
"He is risen."

     By God is daar geen onregverdigheid nie. Gevolglik, As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig (I Joh.1:9). Omdat Hy onregverdig sou gewees het om ons toegelaat het om die straf te ontsnap alvorens bevrediging geoffer was, so ook hier laat Hy vir ons verstaan dat dit onregverdig sou wees om ons restitusie te verbied, omdat deur Sy eie reëlings is die straf op ons sondes vir ons betaal.  Dieselfde onwankelbare geregtigheid wat eens op ‘n tyd die mensdom tot die dood veroordeel het, staan nou verpand vir die verlossing van almal wie – deur hulle sondes te bely – deur Christus om die lewe aansoek doen.

God is dit wat regverdig maak. Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree (Rom.8:33,34).

 

Sheep6F.jpg (3510 bytes)

 

Cross.jpg (14755 bytes)

     Die volledigheid van die losprys is die sterkste moontlike redenasie vir die herstel van elke mens wat dit op die aangepresenteerde voorwaardes wil aanvaar (Openb.22:17).  Die eie karakter van God vir regverdigheid en eer staan daarvoor verpand. Elke belofte wat Hy gemaak het impliseer dit. Elke tiperende offer wys na die groot en genoegsame offer

Dáár is die Lam van God wat die SONDE VAN DIE WĘRELD wegneem!“ (Joh.1:29) En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele węreld.“ (1Jo 2:2).

     Aangesien die dood die straf of loon van die sonde is, wanneer die sonde uitgewis word, moet die loon ook mettertyd gekanselleer word. Enige ander siening sou albei onredelik en onregverdig wees. Die feit dat daar nog geen herstel van die verlies van Adam is nie, alhoewel naastenby 2000 jaar verbygegaan het sedert ons Here gesterf het, is nie ‘n argument teen restitusie nie. Dit val onder dieselfde soort redenasie wat verklaar dat alhoewel 4000 jaar verloop het tussen die grondlegging van die węreld en die dood van ons Verlosser, is dit nie ‘n bewys dat God nie die verlossing voor die grondlegging die węreld beplan het nie.

     Albei die 2000 jaar sedert die dood, en die 4000 jaar voor die dood van Christus, is vasgestelde tye vir ander dele van die werk wat voor die tye van die wederoprigting van alle dinge” moes plaasvind.

Some have been blinded in part, and some completely, by Satan.

 

Each for himself will have a full chance to prove, by obedience
or disobedience, his worthiness
or unworthiness
of life everlasting.

     Niemand moet inderhaas veronderstel dat enigiets in hierdie siening in konflik is met die lering van die Skrifte, naamlik dat geloof in God, bekering van sondes, en hervorming van karakter onmisbaar vir die saligheid is nie.  Hierdie onderwerp sal later, meer breedvoerig, behandel word, maar ons stel nou voor dat alleenlik die weiniges ooit genoegsame lig ontvang het om volle geloof, bekering en hervorming voort te bring.

     Sommige is - deur die god van hierdie węreld - ten dele verblind, en sommige te volle, en hulle moet almal van die blindheid en die dood herwin word. Die rede hiervoor is sodat hulle – elkeen vir homself – ‘n volle kans mag hę om deur óf gehoorsaamheid, óf ongehoorsaamheid, hulle waardigheid of onwaardigheid op die ewige lewe kan bewys. Dan, diegene wat hulleself onwaardig op die lewe bewys, sal weer sterf – die tweede dood.  Hiervan sal daar geen verlossing wees nie, en gevolglik geen opstanding nie.

     Die dood wat as gevolg van Adam se sonde kom, en al die onvolmaakthede wat in die warrelgebied daarvan volg, sal verwyder word weens die verlossing wat in Jesus Christus is. Maar die dood wat as gevolg van die eieselwige, opsetlike afvalligheid kom, is finaal. Hierdie sonde sal nooit vergifnis ontvang nie, en die straf daarop – die tweede dood – sal ewigdurend wees. Dit is nie ewigdurende doodgaan nie, maar ‘n toestand van die dood wat ewigdurend is – ‘n dood wat nie deur die wederopstanding onderbreek sal wees nie.

Grave11.jpg (3814 bytes)

The redemption through Christ is to be as far-reaching as the sin of Adam.

     Die filosofie agter die Verlossingsplan sal in ‘n opvolgende boek gehanteer word.  Hier bevestig ons net die feit dat die verlossing deur Jesus Christus net so verreikend sal wees in sy geseënde gevolge en geleenthede as die sonde van Adam in sy verwoesting en vernietiging.  In ‘n neutedop, almal wie verdoem is en wie, as gevolg van die een, gely het, sal net so sekerlik, op die regte tyd, en as gevolg van die ander een, vrygestel word van al daardie verdorwenhede. Maar, niemand wat weier om die Bybelse verklaring dat die dood – uitwissing van wesenlikheid – die loon van die sonde is, kan hierdie Bybelse redenasie waardeer nie.

     Diegene wat die dood as lewe in foltering beskou, verontagsaam nie net die betekenisse van die woorde lewe en dood nie, wat teenoorgesteldes is, maar raak self in twee onsinnighede betrokke. Dit is absurd om te veronderstel dat God Adam se bestaan sou verewig, vir altoos in foltering vir enige soort sonde wat hy mag pleeg, maar veral vir die relatief klein oortreding van die eet van die verbode vrug.

     Dan weer, as onse Here Jesus die mensdom verlos het, in ons plek gesterf het, ons losprys geword het, in die doderyk ingegaan het sodat ons daarvan vrygemaak kan word, is dit nie duidelik nie dat die dood wat Hy namens die onregverdiges gely het, presies dieselfde soort was waartoe die hele mensdom verdoem was?  Ly Hy dan aan ewige foltering vir ons sondes? So nie, net so seker soos dat Hy vir ons sondes gesterf het, is die straf vir ons sondes die dood, en nie lewe in enige sin of toestand nie.

The doctrine of eternal torture is inconsistent with the Scriptures and the understanding of the Ransom.

     Maar, snaaks genoeg, wanneer sommige uitvind dat die teorie van ewige foltering teenstrydig is met die verklaring dat ”die HERE het die ongregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom” (Jes. 53:6),  en dat ”Christus vir ons sondes gesterf het”, en met die bewuswording dat die twee konsepte teenstrydig is, en dat ten minste een van hulle weggewerp moet word, is sommige so vasgemaak aan die gedagte van ewige foltering (en beskou dit as ‘n soete proeseltjie) dat hulle – ten spyte van die Skrifte – daaraan vaskleef. Daardeur ontken hulle dat Jesus die węreld se losprys betaal het – al is hierdie waarheid op elke bladsy van die Bybel verkondig.

 

EarthSheepA.jpg (9276 bytes)

IS RESTITUSIE UITVOERBAAR?

     Sommige het veronderstel dat as die miljarde dooies opgewek sou wees,  dan sou daar nie op aarde vir hulle plek wees nie. Verder, as daar vir hulle plek sou wees, sou die aarde nie in staat wees om so ‘n groot bevolking te kan dra nie. Dit word tog deur sommige beweer dat die aarde maar net een groot begraafplaas is, en dat as al die dooies opgewek sou word, hulle – weens gebrek aan ruimte - mekaar sou vertrap.

     Hierdie is ‘n belangrike punt. Hoe vreemd sal dit nie wees nie as ons sou uitvind dat, terwyl die Bybel ‘n opstanding vir almal verkondig,  tog, deur werklike opmeting, word dit bewys dat daar nie plek vir almal sal  wees nie! Kom ons kyk: As u dit uitwerk, sal u bevind dat dit ‘n ongegronde vrees is. U sal vind dat daar ‘n oorvloed spasie is vir die ”wedeoprigting van almal,” net soos ”God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete. (Hand.3:21)

If all the dead were resurrected, would there be enough room on the earth?

EarthGrn2F.jpg (2902 bytes)

     Laat ons veronderstel dat dit nou sesduisend jaar is sedert die skepping van die mens, en dat daar een duisend vierhonderd miljoen mense wat nou op die aarde leef. Ons ras het met een paar begin, maar laat ons ‘n baie liberale skatting maak, en veronderstel dat daar in die begin net so baie was soos wat daar nou is, en verder, dat daar nooit – ter enige tyd – minder was as daardie oorspronklike getal. Eintlik, het die Sondvloed die getalle na agt persone verminder.

     Laat ons nou alweer liberaal wees, en skat dat daar drie geslagte is per eeu, of drie en dertig jaar per geslag, alhoewel, volgens Genesis 5, was daar maar net elf geslagte tussen Adam en die Sondvloed – ‘n tydperk van 1656 jaar. Die laaste gee ons 150 jaar per geslag.

     Laat ons nou sien: 6000 jaar is ses eeue, drie geslagte per eeu, gee vir ons 180 geslagte van Adam af. As ons bereken dat daar 1 400 000 000 per geslag was, dan is die totale getal mense wat van die`Skepping tot nou toe, op die aarde geleef het, ongeveer twee honderd twee en vyftig miljaard (252 000 000 000). Die syfer is waarskynlik twee keer so groot soos die werklike syfer.

Grave10B.jpg (23359 bytes)

     Waar sal ons ruimte kry vir so ‘n groot skare? Kom ons meet die land en sien.  Die staat Texas in die Verenigde State bevat 237 000 vierkant myl. Daar is 27 878 400 vierkante voet in elke vierkante myl, en daarom, 6 607 180 800 000 vierkante voet in Texas.

EarthGrn1F.jpg (3805 bytes)

    ‘n Mens wat staan okkupeer omtrent een en twee derdes vierkante voet spasie. Teen hierdie mate sal die huidige bevolking van die aarde (1 400 000 000 persone – in die jaar 1886) op ‘n oppervlakte van ses en tagtig vierkante myl kan staan – ‘n area heelwat minder as die van die stad Londen, of van Philidelphia. 

    Daarby, die Eiland Lerland (oppervlakte twee en dertig duisend vierkante myl) sal genoeg staande ruimte gee vir meer as twee keer soveel mense as die wat ooit op die aarde geleef het – selfs teen ons oordrewe skatting.

 

MapWorld.jpg (11411 bytes)

Liberal Population Estimate

If everyone who ever lived
were put in the U.S.A. ...
     "X" acres/person
     "X" sq. miles/person
     "X" sq. ft/person

MapUS.jpg (11765 bytes)


6,000 years since creation =   60 centuries

     33 years/generation
=     3 generations/century

     60 centuries
x     3 generations
= 180 generations
          since creation

wpe107.jpg (9384 bytes)

SQUARE FEET IN TEXAS

27,878,400 sqft per mile

x 237,000 sq. miles in Texas

= 6,607,180,800,000 sq. ft.
    in Texas


1,400,000,000 people
           on the earth now
x  180 generations
=  252,000,000,000
           total people that
           ever lived
           on the earth

MapTX2.jpg (15446 bytes)

IF TEXAS WERE A CEMETERY

    Using 10 sq. ft. for each
    person in a cemetery:

     6,607,180,800,000 sq. ft.
     in the state of Texas
    divided by 10
= 660,718,080,000
    people in a cemetery


Nearly 3 times the exaggerated total people that ever lived
could have 10 sq. ft standing room  in Texas!

 

FlowerRose2F.jpg (2656 bytes)

     Dit is derhalwe nie moeilik om die moeilikheid tot ruste te lę nie.  Dan, wanner ons die profesie van Jesaja (35:1-6) dat die aarde sy aanwas sal gee, dat die woestyn sal juig en bloei soos ‘n roos, dat in die wildernis waters sal uitbreek en daar waterstrome in die woestyn sal wees, sien ons dat God al die benodighede van Sy plan vooraf gesien het, en dat Hy genoegsame voorsorg vir die benodighede van Sy skepsels sal maak, en dat dit heel natuurlik sal blyk om te wees.

Was primeval man lacking
in intelligence?

PrimevilMan.jpg (20921 bytes)

RESTITUSIE TEENOOR EVOLUSIE

     Sommige mag teenwerp dat die getuienis van die Bybel aangaande die menslike restitusie na ‘n vorige stand uit harmonie is met die lering van die wetenskap en filosofie wat, met skynbare rede, ons verwys na die voortreflike intelligensie van hierdie twintigste eeu, en beweer dat dit onteenseglike bewys is dat die ouermens vergelykend gebreklik was wat intelligensie aan betref, en dat die voortreflike intelligensie is die gevolg van ontwikkeling.  Vanuit hierdie standpunt sou restitusie na ‘n vorige stand ver van wenslik wees, en sekerlik die teenoorgestelde van ‘n seën wees.

Did Adam
fall upward?

     Oppervlakkig skyn die redenasie aanneemlik te wees, en baie is skynbaar gereed om dit as die waarheid aan te neem, sonder sorgvuldige ondersoek, en stem met ‘n beroemde Brooklyn prediker, “as Adam ooit geval het, was dit opwaarts, en hoe meer en hoe vinniger ons van die oorspronklike staat val, hoe beter vir ons en vir almal wat betrokke is”.

Evolution2.jpg (14559 bytes)

     Dus wil filosofie, selfs in die preekstoel, die Woord van God kragteloos maak, en as dit moontlik sou wees, en ons oortuig dat die apostels dwase was toe hulle verklaar het dat die dood en al die mens se verdriet deur die eerste mens se ongehoorsaamheid veroorsaak is, en dat hierdie verwyder kan word, en die mens na Goddelike guns en lewe deur middel van verlossing herstel kan word (Rom.5:10,12, 17-19, 21; 8:19-22; Hand.3:19-21; Openb.21:3-5).

     Maar ons moet nie te haastig tot die slotsom kom dat hierdie filosofie onaantasbaar is nie. As dit wel so is, sou ons verplig wees om die leringe van die apostels aangaande die oorsprong van sonde en dood, sowel as die van restitusie na ‘n oorspronklike volmaaktheid, te laat vaar. Ons sou, in alle eerlikheid, verplig wees om heeltemal hulle getuienis oor elke onderwerp te verwerp weens die feit dat dit onbesield en gevolglik sonder spesiale gewig of gesag is. Kom ons, dan, in die lig van die feite, kortliks hierdie al hoe meer gewilde siening ondersoek, en ontdek hoe diep is sy filosofie.

Evolution.jpg (12711 bytes)

 

Brain1.jpg (4489 bytes)

     ‘n Advokaat en verteenwoordiger van hierdie teorie verklaar:  ”Die mens was eers in ‘n stadium van sy ontwikkeling waarin sy dierlike natuur die oorhand gehad het, en waarin hy deur die amper suiwer fisiese situasie hom beheer het. Hy het stadig van een staat na ‘n ander gegroei, tot waar die gemiddelde man nou ‘n situasie bereik het waarin dit gesę kan word dat hy onder die heerskappy van die brein is. Daarom kan hierdie stadium benoem word as die Eeu van die Brein.

     Die Brein lei die groot ondernemings van ons dag. Die brein neem die leisels in regering, waardeur die elemente van die aarde, lug en water in onderworpenheid gebring word. Die mens is besig om sy hand op al die fisiese magte te plaas, en stadig maar seker besig om soveel mag oor die domein van die natuur te verkry dat genoegsame bewys gelewer sal word dat hy kan verklaar, in die woorde van Alexander Selkirk, ”Ek is die monarg van alles wat ek beskou.”

Scientific research is not
infallible.

     Die feit dat ‘n teorie teen eerste opsig redelik lyk, behoort ons nie tot ‘n haastige aanvaarding daarvan te lei, nie. Nog minder behoort ons die Bybel te probeer verdraai om in harmonie daarmee te bring. Ons het op duisende wyses die waarheid van die Bybel bewys, en weet bo alle twyfel dat dit ‘n bomenslike wysheid bevat wat sy verklaringe onfeilbaar maak. Ons moet ook onthou dat, terwyl wetenskaplike navorsing geprys moet word, en die voorstelle daaruit oorweeg word, tog is die gevolgtrekkings daarvan geensins onfeilbaar.

     Wanneer ons onthou dat die ware wetenskaplike maar ‘n student is wat probeer – onder baie ongunstige omstandighede, en in ‘n stryd teen byna onoorkomlike moeilikhede, om uit die groot Boek van die Natuur die geskiedenis en uiteinde van die mens en sy tuiste te ontdek,  behoort dit nie ‘n verassing te wees dat die wetenskap sy eie teorieë ‘n duisend keer verkeerd bewys het nie.

Bible7GenevaA.jpg (3401 bytes)
Geneva Bible

     Ons behoort dan nie wetenskaplike navorsing te opponeer of verhinder nie, maar wanneer ons voorstelle van studente van die Boek van die Natuur hoor, behoort ons hulle gevolgtrekkings – wat so dikwels al verkeerd bewys is  (of in geheel of gedeeltelik) - met die Boek van Goddelike Openbaringe te vergelyk. Hierdeur sal ons die leringe van die wetenskaplikes waar of onwaar bewys, volgens Isa 8:20  Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle ‘n volk wat geen dageraad het nie.“

     ‘n Akkurate kennis van albei Boeke sal bewys dat hulle in harmonie is, maar totdat ons sulke kennis besit, moet God se openbaringe die voorrang neem, en moet die standaard wees onder die kinders van God, waardeur die bevindinge van feilbare medemense veroordeel moet word.

The Brain Age learns from past ages.

Stainglass.jpg (3222 bytes)
David1.jpg (17493 bytes)
TajMahal.jpg (2179 bytes)

     Maar, terwyl ons aan hierdie beginsel vashou, kom ons sien of daar nie ‘n ander redelike oplossing vir die vermeerdering van kennis en die vaardighede en mag van die mensdom, as die teorie van Evolusie wat redeneer dat die mensdom uit ‘n baie lae rang van wese, tot ‘n meerwaardige ”Verstandseeu” gevorder het.  Miskien sal ons darem vind dat die uitvindings en gerieflikhede, die algemene opvoeding en die wyer verspreiding en vermeerdering van kennis, nie aan ‘n groter verstandkapasiteit toe te skrywe is nie, maar aan die meer gunstige omstandighede vir die gebruik van die verstand.

     Ons ontken dat die kapasiteit van die verstand vandag groter is as in vorige eeue. Tog erken ons dat – te wyte aan huidige voordelige omstandighede – die gebruik van die verstandkapasiteit wat wel besit is, baie meer algemeen is as in enige vorige tydperk, en daarom baie meer prominent is. In die studie van skilder en die beeldhoukuns, gaan die studente van hierdie ”Verstandseeu” na die groot meesters van die verlede terug.

     Sodoende erken hulle ‘n verstandsmag  en oorspronklikheid van ontwerp sowel as ‘n vaardigheid van werkmanskap wat op nabootsing waardig is. Maak die huidige ”Verstandseeu” nie grootliks op die oorspronklike ontwerpe van die eertydse eeue vir sy argitektuur staat nie?

   Die redenaars en logikusse van hierdie ”Verstandseeu” studeer en kopieer die metodes en sluitredes van Plato, Aristoteles, Demostenes en andere van die verlede. Die openbare sprekers van vandag mag wel die tong van ‘n Demostenes of ‘n Apollos beny, en nog meer, die duidelike redenasievermoë van die Apostel Paulus.

Logic and law of past ages is the embodiment of marvelous wisdom.

     Ons gaan ook nog verder terug. Terwyl ons na die retoriese magte van verskeie profete, en na die verhewe poëtiese uitbeeldings wat deur die Psalms vertoon word, mag verwys, verwys ons hierdie ”Verstandseeu” filosowe na die wysheid en logika – sowel as die suiwer morele gevoeligheid – van Job en sy vertroosters. Wat kan ons nog sę van Moses?

     Hand. 7:22 En Moses is opgelei in al die wysheid van die Egiptenaars en was magtig in woorde en dade“. Die wette wat deur hom aan die mensdom gegee is, was die grondlegging van die wette van al die beskaafde nasies van die aarde, en word nog steeds as die beliggaming van wonderbaarlike wysheid erken.

Ancient manufacturing methods
defy duplication.

     Die opgrawing van aloue begraafde stede onthul ‘n kennis van die kunste en wetenskappe in die eeue van die verlede, en dit verras sekere van die filosowe van die sogenaamde ”Verstandseeu.”  Die aloue metodes van balseming van die dooies, die temper van koper, die maak van elastiese glas en Damaskus staal is van die prestasies van die vergeleë verlede wat die verstand van die huidige eeu  – met al sy voordele – nie in staat is om of te begryp of dupliseer nie.

Pyramid1A.jpg (11305 bytes)

The amazing
Great Pyramid

Pyramid7F.jpg (2976 bytes)

     As ons vierduisend jaar teruggaan – omtrent die tyd van Abraham – vind ons die Groot Piramide van Egipte. Dit is ‘n voorwerp van bewondering en verbasing vir die mees geletterde wetenskaplikes van vandag. Sy struktuur is presies in akkoord met die mees gevorderde kundighede van hierdie ”Verstandseeu” sover dit die wetenskappe van Wiskunde en Sterrekunde betref. Dit leer, op ‘n positiewe wyse, waarhede wat vandag, en dit deur die gebruik van moderne instrumente, maar net benader kan word.

     So treffend en duidelik is die leringe daarvan dat sekere van die vooraanstaande sterrekundiges van die węreld, sonder aarseling, verklaar het dat dit van Goddelike oorsprong is.  En self sou ons ”Verstandseeu” evolusioniste toegee dat dit van Goddelike skikking is, en sy wysheid bomenslik, moet hulle nog steeds erken dat dit uit menslike konstruksie ontstaan het.

     En die feit bly staan dat, in daardie gryse verlede daar ‘n groep manne was wat die verstandelike vermoë gehad het om so ‘n Goddelike skikking uit te werk wat weinig vandag sal kan doen, selfs met ‘n model voor hulle, en met al die moderne wetenskaplike toebehore byderhand, bewys dat ons ”Verstandseeu” meer selfoorskatting  laat ontwikkel as wat die omstandighede regverdig.

 

Pyramid2.gif (19322 bytes)

  Click on picture to go to Click on picture to go to
Pyramid Passages.

Pyramid3.gif (8925 bytes)

 
Click on picture to go to
Pyramid Scientific Features.

 


The mental capacity of today
is not greater than that of the past.

Brain2.jpg (3303 bytes)

     As ons dan bewys het dat die verstandelike vermoë van vandag geensins groter is as dié van die verre verlede nie, en heelwaarskynlik minder is, hoe sal ons die vermeerdering van algemene kennis en moderne uitvindsels, ens. verklaar? Ons vertrou dat ons dit redelik sal kan verduidelik, en dit in harmonie met die Bybel.

     Die uitvindsels en ontdekkings wat vandag so waardevol toon, en wat as bewys dat hierdie die ”Verstandseeu” is, beskou word, is werklik baie modern – bykans almal met hulle oorsprong binne die laaste eeu – en die belangrikste van hierdie uit die laaste sestig jaar (ten tye van die skryf van hierdie boek). Voorbeelde is die toepassing van stoom en elektrisiteit – in telegrafie, ontwikkeling van spoorweë en stoomskepe, en die masjinerie van verskeie meganiese nywerhede.

     As hierdie, dan, as bewys van verhoogde verstandelike krag beskou word, moet die ”Verstandseeu” as maar net die begin beskou word. Die logiese gevolgtrekking hiervan is dat die volgende eeu elke tipe wonderwerk as ‘n daaglikse gebeurtenis sal aanskou. As dit op die huidige tempo moet aangaan, waar sal dit eindig?

Only a small number of men are of great brain power or genius.

 

Discoveries are often made
by "accident."

     Maar kom ons kyk weer. Is alle manne uitvinders? Hoe min is daar wie se uitvindsels werklik bruikbaar en prakties is, vergeleke met die getalle wat ‘n uitvindsel waardeer en gebruik, wanneer dit in hulle hande geplaas word!  Ons praat ook nie neerhalend van die baie nuttige en hooggeagte klas staatsamptenare wanneer ons sę dat baie min van hulle manne van groot denkvermoë is nie.

     Van die slimste manne in die węreld, en die wat die diepste redeneer, is nie meganiese uitvinders nie. Ook, van die uitvinders is intellektueel so traag dat almal wonder hoe hulle ooit by hulle uitvindsels uitgekom het.

     Die vernaamste beginsels (elektrisiteit, stoomkrag ens.) wat baie manne, keer op keer, oor baie jare uitwerk, aanpas en verbeter, was blykbaar, oor die algemeen, deur geringe toevalle ontdek, sonder die toepassing van groot breinkrag, en grootliks ongesoek.

Gutenberg1.jpg (3920 bytes)
Gutenberg Press

The invention of printing began the increase of knowledge.

 

Modern inventions indicate sharper perception and increased education, but NOT increased brain capacity.

     Van ‘n menslike standpunt kan ons, soos volg, vir moderne uitvindsels verantwoording doen: Die uitvinding van die drukpers, in 1440 A.D. kan as die beginpunt beskou word. Met die druk van boeke het daar, as gevolg gekom die aantekening van die gedagtes en uitvindsels van denkers en waarnemers wat, sonder hierdie uitvindsel, nooit aan hulle opvolgers bekend sou gewees het nie.

     Saam met boeke het ‘n meer algemene onderwysstelsel gekom, en uiteindelik, algemene skole. Skole en universiteite vergroot nie die menslike kapasiteit nie, maar hulle maak die oefening van die verstand meer algemeen, en daardeur help hulle om die verstandelike kapasiteit wat reeds bestaan, te ontwikkel.

     Soos kennis al hoe meer algemeen word, en boeke meer beskikbaar, die geslagte wat hierdie besit het ‘n besliste voordeel oor die vorige geslagte. Dit is nie net dat daar nou duisende denkers is teenoor een in die verlede, om  mekaar met voorstelle te verskerp en stimuleer nie, maar dat elke opvolgende geslag, deur die boeke, die saamgestelde ervaring van die verlede, daarbenewens sy eie, besit.

     Opvoeding, en die lofwaardige eersug wat daarmee gepaardgaan, ondernemingsgees, en ‘n begeerte om vernaamheid en bevoegdheid te verwerf, aangehelp deur die verslaggewing en beskrywings van uitvindsels in die daaglikse pers, het die mens se waarnemende vaardighede gestimuleer en verhelder. 

     Hierdie het ook elkeen apaart gestel om iets vir die voordeel en gerief van die gemeenskap te ontdek of uit te vind. Daarom stel ons voor dat moderne uitvinding, van ‘n suiwer menslike standpunt bekyk, leer nie van ‘n vermeerdering van verstandelike vermoë nie, maar van ‘n verskerpte waarneming van natuurlike oorsake.

 

In the time of the end knowledge shall be increased.  Daniel 12:4

Education
      Educ1.jpg (5700 bytes)     Educ2.jpg (6677 bytes)       Educ3.jpg (5730 bytes)      
IKEduc4.jpg (6519 bytes)


Communication
          Phone.jpg (2783 bytes)           Letter.jpg (2932 bytes)            wpe123.jpg (4782 bytes)             EMail.jpg (8025 bytes)  


Information Explosion
     Disk.jpg (4835 bytes)        wpe12B.jpg (9242 bytes)         TV.jpg (6834 bytes)          wpe127.jpg (7841 bytes)


Labor Saving Devices in the Home      
LtBulb.jpg (4465 bytes) Faucet.jpg (3021 bytes) AC.jpg (5392 bytes)  IKIron.jpg (13517 bytes) Micro.jpg (3363 bytes) SewMach.jpg (8778 bytes)  wpe11B.jpg (6446 bytes)  Stove.jpg (3654 bytes) wpe111.jpg (2781 bytes)


Transportation
IKTransportation3.jpg (15085 bytes)IKTransportation2.jpg (16849 bytes)
IKTransportation4.jpg (26995 bytes)IKTransportation1.jpg (8485 bytes)
IKTransportation5.jpg (9328 bytes)IKTransportation6.jpg (16399 bytes)IKTransportation7.jpg (15052 bytes)IKTransportation9.jpg (19684 bytes)IKTransportation10.jpg (12936 bytes)
IKTransportation11.jpg (13960 bytes)
IKTransportation8.jpg (12214 bytes)IKTransportation12.jpg (12646 bytes)IKTransportation13.jpg (21044 bytes)IKTransportation14.jpg (10531 bytes)


Exploration
wpe29D.jpg (6557 bytes)IKSpace3.jpg (5646 bytes)
Space.jpg (8570 bytes)IKSpace5.jpg (5727 bytes)
IKUndersea1.jpg (26902 bytes)IKUndersea2.jpg (33943 bytes)IKUndersea4.jpg (24065 bytes)IKUndersea3.jpg (26743 bytes)


 

BibleChart.jpg (7199 bytes)

 

"Many shall run
to and fro"

IKTransportation15.jpg (8533 bytes)

"Knowledge shall
be increased
"
IKSpace.jpg (14753 bytes)

"A time of trouble such as never was"
Bomb.jpg (5142 bytes)

     Nou kom ons by die Skrifte om te sien wat hulle oor die onderwerp leer. Terwyl ons glo, soos hierbo voorgestel, dat uitvinding en die vermeerdering van kennis, ens., onder die mens, die gevolge van natuurlike oorsake is, tog glo ons dat al hierdie natuurlike oorsake lank gelede deur Jehova God beplan en bestem is, en het, op die regte tyd, deur Sy oorheersende voorsiening,  waardeur ”Hy  alles werk volgens die raad van sy wil,” (Efes. 1:11) gebeur.

     Volgens die plan wat in Sy Woord geopenbaar word, het God voorgeneem om toe te laat dat sonde en ellende die węreld vir ses duisend jaar sleg te bestuur en verdruk. Daarna, in die sewende millennium, sou Hy alle dinge herstel en die bose uitroei deur dit, en die gevolge daarvan, deur Jesus Christus – Wie Hy voorbestem het om die werk te verrig - te vernietig.

     Daarom, soos die ses duisend jaar van die heerskappy van die bose nader gekom het, het God omstandighede toegelaat wat die proses van ondekking bevoordeel het – in albei Sy Boek van Openbaring en Sy Boek van die Natuur, sowel as in die voorbereiding van meganiese en chemiese hulpmiddels. Die doel agter hierdie laasgenoemdes was om, gedurende die Millennium – wat op die drumpel van bekendstelling was, die mensdom te seën en verheug. Die feit dat hierdie God se plan was word duidelik deur die profetiese verklaring van Daniel aangedui:

En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe;

baie sal dit deursoek, en die kennis [nie vermoë nie] sal vermeerder.“

... en geeneen van die goddelose mense sal [God se plan en weg] verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.“

” .... en dit sal ‘n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ‘n volk bestaan het tot op dié tyd nie;” (Dan 12:4, 10, 1).

Mankind will have a full appreciation of the curse.

     Vir sommige mag die as vreemd voorkom dat God nie gereël het dat die huidige uitvindinge en seëninge al vroeër moes kom nie, om sodoende die vloek te verlig. Tog moet dit onthou word dat dit God se plan is om die mensdom ‘n volle waardering van die vloek te gee, sodat wanneer die seëning op almal kom, hulle sou al oor die onwinsgewendheid van die sonde besluit het.

     Daarbenewens het God al voorsien en voorspel dit wat die węreld nog nie besef nie, naamlik dat Sy vernaamste seëninge na groter booshede sou lei en hulle voortbring, sou hulle op diegene wie se harte nie in akkoord met die regverdige wette van die heelal is nie, bestee word.

     Uiteindelik sal dit gesien word dat God se huidige toelating van vermeerderde seëninge ‘n praktiese les oor hierdie onderwerp is. Dit mag – tot in alle ewigheid - as ‘n voorbeeld van hierdie beginsel dien – vir die engele sowel as die herstelde mensdom. Hoe dit sal kan wees, maal ons maar ‘n voorstel:

Their selfishness now holds sway over all.


Poverty.jpg (16494 bytes)
The poor are poorer.

     Eerstens: As dit moontlik sou wees om in hierdie gevalle of verdorwe omstandighede, sonder streng wette en bestraffing, en ‘n regering wat sterk genoeg is om hulle toe te pas, sal die selfsugtighede neigings oor amper alles heers.  

     En met die oneweredige bekwaamhede van die mensdom in die oog gehou, kan dit onmoontlik anders gebeur as dat die gevolge van die uitvinding van arbeidbesparende masjinerie moet – nadat die opwinding en stimulering wat deur die vervaardiging van die masjinerie veroorsaak is – geneig wees om die rykes ryker te maak, en die armes armder.

     Die duidelike neiging is na monopolie en selfvergroting, en dit plaas die voordeel direk in die hande van diegene wie se vaardigheid  en natuurlike voordele reeds die mees gunstig is.

Idleness
is injurious.

 

"Day of Preparation"

 

     Tweedens: As dit, sonder menslike volmaaktheid of ‘n bonatuurlike regering vir die regulering van menslike sake, moontlik sou wees om die huidige rykdom en sy daaglike vermeerdering eweredig onder al die klasse uit te deel, wat nie moontlik is nie, sou die gevolge tog nog meer skadelik as die huidige toestand wees. As die voordele van arbeidbesparende masjinerie en al die moderne toebehore eweredig verdeel sou word, sou die gevolg wees dat daar binnekort ‘n groot vermindering in die ure van arbeid, en ‘n groot vermeerdering in vrye tyd sou wees.

     Ledigheid is baie nadelig vir gevalle wesens. Was dit nie vir die noodsaaklikheid van arbeid en die sweet van die gesig nie, sou die verslegting van ons ras soveel vinniger gewees het as wat dit in werklikheid was. Ledigheid is die moeder van ondeug, en verstandelike, morele en fisiese degradasie sal sekerlik die gevolg wees. Daarom het die wysheid en goedheid van God  hierdie seëninge weerhou tot die regte tyd vir hulle indiening as voorbereiding vir die Duisendjarige heerskappy van seëning.

     Onder die heerskappy van die bonatuurlike regering van die Koninkryk van God, sal nie net alle seëninge regverdig onder die mensdom uitgedeel word nie, maar die vrye tyd sal deur dieselfde bonatuurlike regering so geskik en bestuur word dat die gevolge daarvan deug sal voortbring, gepaard met ‘n opwaartse neiging in die rigting van verstandelike, morele en fisiese volmaaktheid. Die huidige vermeerdering in uitvindsels en ander seëninge van vermeerderde kennis word in hierdie ”dag van voorbereiding” toegelaat om op so ‘n natuurlike wyse te gebeur dat die mensdom hulle self prys dat dit weens hierdie “Eeu van Verstand” te wyte is.

     Maar, dit ongetwyfeld in so ‘n groot maat toegelaat sal word om uit te werk op ‘n wyse wat grootliks tot die teleurstelling van hierdie filosowe sal wees. Dit is eintlik die vermeerdering van hierdie seëninge wat alreeds begin om die tyd van ergenis op die węreld te bring, en dit sal wees soos daar nooit - sedert daar ‘n nasie bestaan het - was nie.

The increase of knowledge is producing the predicted time of trouble.

 

Poverty2.jpg (22969 bytes)

     Die profeet Daniel, soos hierbo aangehaal, skakel aanmekaar die vermeerdering van kennis en die tyd van ergenis. Die kennis veroorsaak die regenis weens die verdorwenheid van die ras. Die vermeerdering van kennis het nie alleenlik wonderlike arbeidsbesparende masjinerie en  apparaat gegee nie, maar dit het ook na ‘n vermeerdering van mediese vaardigheid waardeur duisende lewens verleng word, gelei. Daarbenewens het dit die mensdom so verlig dat menslike slagting – oorlog – al hoe meer ongewild word.

     Hierdeur word ander duisende gespaar om aan te teel en die ras te bevorder. Dit is miskien besig om vandag, vinniger as in enige vorige tydperk in ons geskiedenis, te gebeur. Daarom, terwyl die mensdom besig is om vinnig te vermeerder, word die noodsaaklikheid van sy arbeid ooreenstemmend verminder.

     Om hierdie rede het die filosowe van die ”Eeu van Verstand” ‘n probleem om werkverskaffing en lewensonderhoud aan hierdie groot en vinnig vermeerderende klas, met wie se dienste - grootliks deur die masjinerie vervang -  weggedoen kan word.  Daarenteen ken hulle benodighede en begeerlikhede geen perke nie. Die filosowe sal moet uiteindelik erken dat die oplossing van hierdie probleem buite bereik van hulle verstandelike vermoë is.

Selfishness and self-preservation.

     Selfsugtigheid sal aanhou om die rykes – wie die mag en voordeel besit - te beheer. Dit sal hulle ook teenoor alledaagsheid sowel as geregtigheid verblind, terwyl ‘n soortgelyke selfsugtigheid, gekombineer met die instink van self-preservering en ‘n vermeerderde kennis van hulle regte, sal sommige krag gee en ander van die armder klasse aansteek, en die gevolge van hierdie seëninge sal, tydelik, vreeswekkend wees – ‘n tyd van waarlike ergenis wat nooit sedert die ontstaan van die eerste nasie ervaar is nie. Dit sal wees omdat die mens, in sy verdorwe toestand, nie sonder leiding en beheer, hierdie seëninge behoorlik kan gebruik nie.

     Eers na die wet van God, tydens die Millennium, in die verkwikte menslike hart herskryf is, sal die mens bekwaam wees om, sonder skade of gevaar, die volle vryheid te kan gebruik.

The day of trouble will end in due time.

     Die dag van ellende sal op die regte tyd tot ‘n einde kom, wanneer Hy Wie die onkeerbare See van Galilea aangespreek het, eweneens, met gesag, die rasende see van menslike passie beveel met die woorde, ”Vrede.  Wees stil!”  Wanneer die Vredevors in Sy gesag sal ”opstaan,” ‘n groot kalmte sal volg.

     Dan sal die briesende en botsende elemente die gesag van ”Jehova se Gesalfde” erken, ”En die heerlikheid van die HERE sal geopenbaar word, en alle vlees tesame sal dit sien: want die mond van die HERE het dit gespreek. (Isa 40:5), en, gedurende die heerskappy van Christus wat so begin,  sal al die geslagte van die aarde geseën word.“

Men will see God’s compassion and love.

KingdomF.jpg (4812 bytes)

     Dan sal die mens besef dat wat hulle as die gevolge van evolusie of die natuurlike ontwikkeling en skranderheid van die ”Eeu van Verstand” was, daarenteen, die verligtings van Jehova (Psa.77:19) op die dag as Hy Hom gereedmaak,“ (Nahum 2:3) vir die seëning van die mensdom. Maar, tot nou toe kan alleenlkik die heiliges dit sien, en alleenlik die met hemelse wysheid dit verstaan, want Die verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak. (Psa. 25:14)

     Ons dank ons God dat, terwyl algemene kennis vermeerder het, het Hy ook gereël dat Sy kinders nie nodig het om  onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus“ (2 Pet.1:8) en die waardering van Sy planne te wees nie. Deur hierdie waardering van Sy Woord en planne, word ons in staat gestel om die filosofieë  en dwase tradisies van die mensdom, wat die Woord van God weerspreek, te onderskei en weerstaan.

     Die Bybelse verhaal van die skepping van die mens vertel dat God die mens volmaak en opreg  ‘n aardse beeld van Homself – geskape het. Dit vertel verder dat die mens verskeie uitvindings uitgesoek het, en homself besoedel het (Gen.1:27; Rom.5:12; Pred.7:29), en dat, omdat almal sondaars was,  was die ras onbevoeg om hulleself te help, en kon volstrek nie sy broer verlos of aan God ‘n losprys vir hom gee nie (Psa.49:8,16).

     Verder, lees ons dat God, uit medelye en liefde, voorsiening hiervoor gemaak het; en dat gevolglik die Seun van God mens geword het en die mens ‘n losprys gegee het. Ons lees weer dat, as ‘n beloning vir hierdie offerande, en versekering dat die groot werk van versoening volbring sal word, is Hy hoogs verhef, selfs tot die Goddelike natuur, en dat Hy, op die regte tyd, ‘n restitusie van die ras tot die oorspronklike volmaaktheid en alle seën wat dit destyds besit het, sal bring.

     Hierdie dinge word baie duidelik in die Skrifte geleer, van begin tot einde, en is in direkte teenoorstelling met die teorie van Evolusie. Anders gestel, sulke “gebabbel van die wetenskap, verkeerdelik so genoem,” is in hewige en onversoenlike konflik met die Woord van God.

 

To Return to Home Page
click on Chart

HomeSymbol.jpg (6039 bytes)


Send E-Mail